Tamatieslaai met n lekker slaaisous

BESTANDDELE
250 g geel kersietamaties
250 g rooi kersietamaties
12 swart olywe, ontpit
30 ml (2 e) kappertjiebessies
100 g bokmelkkaas, in skywe, gesny
500 ml (2 k) roketblare.

BALSEMIEKE-ASYNSLAAISOUS
2 knoffelhuisies, fyn gekap
25 ml (5 t) olyfolie
60 ml (¼ k) balsemieke asyn
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
10 ml (2 t) sagte bruinsuiker
sout en vars gemaalde swartpeper.

SLAAI:
Rangskik die bestanddele vir die slaai op ’n plat bord.
SLAAISOUS:
Maak die sous en bedruip die slaai. Giet die orige sous in ’n beker en sit dit voor saam met die slaai.

TAMATIEWENKE
Gebruik altyd ryp tamaties met ’n dieprooi kleur, want dis ’n goeie aanduiding dat dit ryp is.
Bêre tamaties by kamertemperatuur. Dit smaak soveel beter as ’n koue tamatie.
Roer altyd ’n klein teelepeltjie suiker by tamatiebredie of -sous, want dit temper die suur smaak.
Tamaties, veral die gebliktes, bevat baie likopeen, ’n antioksidant wat veral goed is teen kanker. Dit gee ook die dieprooi kleur.

Advertisements

Groenslaaisous

Met vergunning www.funkymunky.co.za

Bestanddele
150ml gewone jogurt
1 huisie knoffel (fyn gemaak)
sout en peper na smaak
3ml aangemaakte mosterd
25ml gerasperde ui
50ml gekapte pietersielie
25ml vars suurlemoensap
25 ml agurkies (fyngekap)

Metode:
Meng bestanddele vir slaai en plaas in opdienbord. Plaas bestanddele vir slaaisous in ‘n voedsel verwerker en verwerk tot glad. Giet slaaisous oor slaai net voor bediening. Meng goed om egalig te bedek, en bedien.

Sommer net Sous

Bestanddele
1 Eier geklits
½ t Sout
½ k Suiker
1 e Asyn
¾ t Mosterd
1 Klein Blikkie nagereg room
8 Piesangs
Sout na smaak

Metode
Meng eier, sout, suiker asyn en mosterd. Kook stadig oor lae hitte. Laat afkoel en meng room in. Gooi sout oor na smaak. Sny piesangs en plaas in bak. Gooi sous oor en geniet.

Wenk
Hierdie sous is ook heerlik saam met aartappels. Kook aartappels en sny in blokkies of skywe, gooi sous oor en geniet.