Koringslaai

Rina

Bestanddele
125g spekvleis                                                            
2 uie (grof gekap)
250g knopiesampioene(in skyfies gesny)                      
sout en peper
25ml olie                                                                      
750ml gaar stampkoring
125ml hoenderaftreksel                                                
50ml rosyne (opsioneel)
Rooi of Groen Pepper

Metode
Braai spekvleis in ‘n groot pan tot bros.  Verwyder uit die pan en kap fyn. Voeg die olie by die vet in die pan en soteer die ui tot goudbruin.  Voeg nou die spekvleis stampkoring, hoenderaftreksel en rosyne by. Geur na smaak met sout en peper.  Prut tot goed warm en die meeste van die hoenderaftreksel geabsorbeer is.  Dien warm op.

Bedien 6 mense.

Advertisements

ROOI SLAPHAKSKEENTJIES:

Anna Eksteen

Bestanddele

Bestanddele
1.5kg dwerguitjies
150g gebleikte sultanas
125g wit suiker
250ml wit asyn
200ml water
125ml tamatiepasta
50ml sonneblomolie
2 ml sout
knippie rissiepeper

Metode
Skil die uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en kook dit, aan die begin met die deksel op, maar later daarsonder, oor matige hitte totdat die uitjies sag en die sous dik is. Bottel die uitjies warm en verseël dit dadelik.

BROCCOLI SLAAI

Joey Hannekom
Bestanddele
2 broccoli koppe (ek gebruik hier 1 broccoli en een blomkool)
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny

Sous:
250 ml mayonnaise of 125 ml ongegeurde joghurt en 125 m mayo
100 ml kondensmelk

Metode
Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner stukkies. Kook die broccoli + blomkool en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute. Dreineer in ‘n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros. Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng die
kaasblokkies daarby in. Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai. Verkoel voor opdiening.

Wenke
Ek gooi by my broccoli slaai ook neute by. Net voor ek dit opdien strooi ek een pakkie croutons oor. Gooi gerus paar rosyntjies, gevriesde ertjies en mielies by. 1 tl kerrie by die mayo en kondensmelksous is ook heerlik

Indien jy nie die mayonaise en kondensmelk sous wil maak nie, probeer die sous.

By die sous resep is dit wys om die slaai oornag te laat staan om “te trek” vir optimale geur
Sous
125ml wit asyn
250ml suiker
250ml olie of minder
15ml droe mostert
klits alles goed saam en gooi oor slaai

Biltong Slaai

Louise Rossouw

Bestanddele
9 Eiers
Vars Slaaiblare
Miracle Whip
Fyn Biltong

Metode
Kook eiers tot hard. Ontdop die eiers en maak dit fyn. Neem slaaiblare en sny fyn.
Gooi ‘n laag slaaiblare in ‘n slaaibak. Skep ‘n paar lepels Miracle Whip oor die slaaiblare. Gooi ‘n lagie eiers oor die Miracle Whip. Gooi nou ‘n lagie fyn biltong oor die eiers. Herhaal totdat daar so 3 lae van alles is of totdat die bestanddele klaar is.

Wenk
Sny Salami fyn en gooi oor die Miracle Whip volg dan met eiers en biltong.