Smelt in die mond Steak

Nog n maklike resep van Sarie du Randt

Rump of filet steak
Olyf olie
Botter
Growwe swart peper
Robertsons sout en pepermengsel
Zeal

Versag vleis strooi zeal oor en laat staan vir 15 min
Meng botter en geurmiddels
Gooi bietjie olyfolie in riffelpan
Smeer bottermengsel oor vleis bak vir 4 min aan kant op warm plaat smeer herhaaldelik bottermengsel oor.
Bedien met pepersous:
Groen peperkorrels
Witsous
Bisto
Aromat
Growwe swartpeper
Kaas
Kook alles saam

Advertisements

SMELT‑IN‑DIE‑MOND‑BIEFSTUK

1 kg biefstuk in skywe gesny                                     
2,5 ml rooipeper
sout en peper                                                                 
250 ml meel
500 ml water                                                                    
3 groot uie
30 ml tamatiesous                                                         
30 ml worcestersous
15 ml mielieblom                                                            
30 ml bisto‑souspoeier

Geur vleis met sout en peper.  Stamp meel met piering in vleis in.  Braai vinnig bruin in pan.  Pak in skottel met deksel.  Braai uie en voeg res van bestanddele by om sous te maak.  Gooi uie en sous oor vleis.  Bak in oond by 180ºC vir ongeveer 1 uur.