Soetkoekies met Glaseersel

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Doodgewone soetkoekies word elegante teekoekies met ligpienk amandel-gegeurde glaseersel.

Bestanddele:
125 g Sagte botter
375 ml Witsuiker
2 Ekstra-groot eiers
5 ml Vanieljegeursel
750 ml Koekmeel
15 ml Bakpoeier
4 ml Neutmuskaat
1 ml Sout

Versiersel
500 ml Versiersuiker, gesif
30-45 ml Warm water
2-3 Druppels amandelgeursel
2 Druppels pienk voedselkleursel

Metode:
Voorverhit die oond tot 200 grade C en smeer ’n paar bakplate. Verroom die botter en suiker goed saam. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en klits goed. Sif die meel, bakpoeier, neutmuskaat en sout bo-oor die geroomde mengsel en meng goed tot ’n sagte deeg. Bedek en laat rus vir 30 minute in die yskas. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en druk vorms uit. Pak op die bakplate, maar laat ’n redelike spasie tussen elkeen, want die koekies sal sprei. Bak vir 8-10 minute tot strooikleurig. Laat op die bakplate afkoel tot ferm genoeg om te hanteer en pak dan op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
Meng alles vir die versiersel saam (voeg nog ’n paar druppels water by, indien nodig,om ’n smeerbare versiersel te verkry). Plak die koekies op mekaar met die versiersel en pak weer op die draadrakke tot die versiersel hard is.
Lewer 45 dubbel-koekies.

Landbouweekblad 29 November 2010

Advertisements

Soetkoekies

Want more recipes?  Go to www.eposvriende.com

Soetkoekies In Blokkies In Oondpan    Met Suiker Bo-Oor Gesprinkel (Skoonma) 

Bestandele: 
4 Koppies Koekmeel
3 Eiers
1 Tl Koeksoda
1 Tl Kremetart
1 Tl Vanilje
1 & ½ Koppie Margarien
2 Koppies Suiker
Sout

Metode:

Smelt Botter, Suiker, Opgeloste Koeksoda En Vanilje Saam; Voeg Dan Geklitste Eiers By;  Sif Dan Meel, Kremetart, En Sout By; Meng Met Hande; Druk In Oondpan Plat, Maar Dit Moet Nie Te Dik Wees Nie; Sprinkel Melk Oor En Strooi Dan Suiker Bo-Oor Voordat Jy Dit
Bak; Bak @ 180 c Tot Gaar En Ligbruin; Sny In Blokkies As Effens Afgekoel.

OUTYDSE SOETKOEKIES

 

Dankie vir die resep Okkie
 
BESTANDELE
20 koppies meel                                                                  
8 koppies suiker
1 kg margarien                                                               
1 dosyn eiers
10 teelepels bakpoeier                                                   
2 knippies knippie sout
1 koppie lou water

METODE
Sif alle droë bestanddele saam. Klits botter en suiker vir ongeveer 10 minute tot room, en voeg eier een vir een by, klits goed. Voeg droë bestanddele by  suiker, margarien en eier mengsel. As deeg ‘n bietjie styf is voeg ‘n kwart tot ‘n halwe koppie lou water by en meng deur. Laat deeg vir ongeveer een uur staan. Rol uit op meel bestrooide oppervlakte en druk uit. Pak in gesmeerde bakplate. Bak teen 180°C tot ligbruin.