Ertjies en Patat

Isabel Lombard

Ons het so paar pakkies gevriesde groente, maar daar is nie genoeg in ‘n pakkie om vir ons gaar te maak vir ‘n ete nie. Vroulief kom toe en sê gooi die ertjies en patat bymekaar en maak dit soet.

Bestanddele Groente
Gevriesde ertjies
Gevriesdie Patats
Neem genoeg ertjies en patat vir die gesin.

Bestaanddele Sous
Botter of Margarien
Suiker
Die sous moet ten minste die pot se boom bedek.

Metode
Kook die ertjies en patat saam tot sag. Sodra sag gooi in vergietis sodat die water kan dreineer. Sit nou so paar hompe botter in die pot en laat dit smelt. Gooi nou suiker by. Roer botter en suiker mengsel aanhoudend tot diy lig bruin is. Gooi die die ertjies en patat by en roer deur sodat die botter suiker sous die ertjie en patat bedek.

Advertisements

Soet Hoendervlerkies met ‘n Byt

Huisgenoot

Bestanddele
60 ml (¼ k) meel
sout en peper
10 ml (2 t) Cajun-speserye
5 hoendervlerkies
30 ml (2 e) botter
3 jalapeno-rissies, gesny
250 ml (1 k) soetrissiesous
410 g (1 blikkie) Mexikaanse tamaties
45 ml (3 e) water
15 ml (1 e) room

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die meel, sout, peper en speserye.  ebruik die helfte van die mengsel om die vlerkies mee in te vryf en sit 30 minute eenkant om uit te droog. Bestrooi dan met die orige mengsel. Verhit die helfte van die botter in ’n kastrol oor matige hitte en braai die vlerkies aan albei kante bruin. Haal uit die kastrol, plaas in ’n oondpan en bak 15 minute in die oond. Voeg die jalapeno-rissies, soetrissie, tamaties en water in die kastrol wat vir die vlerkies gebruik is. Laat prut 5 minute, roer die room by en plaas die hoender terug in die kastrol.
Bron: Huisgenoot

EENBAKETE MET SOUTBEESVLEIS: [maak hom in jou potjie]

Bestanddele
Bietjie olie
2 Uie Gekap
½ Pakkie Spek, gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
½ Teel Gedroogde pietersielie
1 Rooi Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 Blik Sout beesvleis, fyn gemaak
1 Blik Geroomde sampioene
1 Blik Sampioene in skyfies gesny
2 Teel Bruinsuiker
1 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
1 Teel Worcestersous
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
1 Koppie Water
3 Koppie Amper gaar rys
1 Koppie Cheddarkaas, gerasper

Metode
Stel oond op 180C. Soteer uie, spek en knoffel oor lae hitte tot sag.
Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog ‘n bietjie.
Voeg die sout vleis en al die sampioene by.
Meng suiker, kerrie, blatjang, worcestersous, sout en peper met water en roer goed deur.
Voeg by vleismengsel in kastrol en prut oor lae hitte vir 5 minute.
Skep rys in ‘n groot genoeg gesmeerde oondbak.
Skep vleismengsel bo-op en sprinkel kaas oor.
Bak vir 30 minute of tot alle vloeistof geabsorbeer is.

Kits Bros koekies – 3 Bestandele eet-sum-more koekies. Gluten vrye opsie ook.


Bestanddele
225g botter of margerien – baie sag
1 en 1/2K (of 350ml) koekmeel
1/2K (of 125ml) versiersuiker
1/2 Vanilla (Opsioneel)

Metode
Stel oond op 160 Grade C. Voer n bakplaat met bak papier uit. Klits die 3 bestandele goed saam. Drup teelepels vol op die bak bakplaat en bak tot dit net begin verbruin om die kante of puntjies. Laat koekies afkoel op die bakplaat.

Wenk
My margerien was in die vrieskas en ek het dit op 30% krag sag gemaak in die mikrogolf. Dit moet papsag wees maar verkieslik nie gesmelt nie. Ek gebruik Marvello of Stork bake. Maar die behoort besonder lekker te wees met botter.

Gluten vrye resep:
Ek het die koekmeel met Gluten Vrye bruismeel (Self raising flour) vervang. Volgende keer sal en ek net 1 1/4K (of dan 325ml) gluten vrye meel gebruik. Die mengsel was effens droëer en dit proe of dit nie 100% deurgebak het in die middel nie.

Gewoon of gluten vry

Wenk
Ek verkies die gluten vrye bruismeel bo die gewone gluten vrye koekmeel. Die koekmeel is geneig om n nasmaak te gee. En die feit dat dit bruismeel is (uit rys) maak in min resepte n werklike groot verskil.

Soetsuur Varkvleis

Bestanddele
750g varkfilet in blokkies gesny
75ml botter
5ml geuropwekker
1 blik pynappelstukke
100ml kookwater
15ml suiker
100ml witasyn
30ml sojasous
20ml mielieblom
1 soetrissie in repies gesny

Metode
Braai die vleis in botter tot goudbruin en gaar. Sprinkel die geuropwekker oor. Dreineer die pynappelstukke en meng die pynappelstroop met die kookwater, suiker, asyn, sojasous en mielieblom. Kook ongeveer 15 min. oor lae hitte. Meng die pynappelstukke en soetrissie met die sous en giet dit oor die blokkies varkvleis. Sit die gereg warm voor.

Soetkoekies

Want more recipes?  Go to www.eposvriende.com

Soetkoekies In Blokkies In Oondpan    Met Suiker Bo-Oor Gesprinkel (Skoonma) 

Bestandele: 
4 Koppies Koekmeel
3 Eiers
1 Tl Koeksoda
1 Tl Kremetart
1 Tl Vanilje
1 & ½ Koppie Margarien
2 Koppies Suiker
Sout

Metode:

Smelt Botter, Suiker, Opgeloste Koeksoda En Vanilje Saam; Voeg Dan Geklitste Eiers By;  Sif Dan Meel, Kremetart, En Sout By; Meng Met Hande; Druk In Oondpan Plat, Maar Dit Moet Nie Te Dik Wees Nie; Sprinkel Melk Oor En Strooi Dan Suiker Bo-Oor Voordat Jy Dit
Bak; Bak @ 180 c Tot Gaar En Ligbruin; Sny In Blokkies As Effens Afgekoel.

Soetsuur Wortelslaai

Jan was weer besig in die kombuis, Dankie vir jou resep Jan
1 kg Geelwortels in skywe gesny
1 Soetrissie in repies gesny
2 Uie in skywe gesny
250 ml Tamatie puree
250 ml Witasyn
45 ml Kookolie
30 ml Worcertershire sous
250 ml Suiker
5 ml Aangemaakte mosterd
5 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
Metode:

 

Kook wortels tot net gaar, moet ferm wees en dreineer. Rangskik wortels, rissie en uie in lae in ‘n slaaibak met deksel en eindig met ‘n laag wortels. Meng res van bestanddele in kastrol en bring tot kookpunt. Prut 2 minute terwyl aanhoudend geroer word. Giet sous oor die slaai en laat afkoel. Plaas deksel op en marineer 2 dae in yskas. Lewer 8-10 porsies.

GESONDHEIDS SLAAI

 

SLAAISOUS
125ml olyfolie                                                               
30ml sojasous
45ml suurlemoensap                                                   
30ml heuning vars gemaalde peper na smaak
SLAAI
250ml rou stampkoring, afgespoel, geweek               
250ml rou lensies in koue water vir 2 ure                                                 60ml sultanas
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny                             
2 seldery stingels, in skyfies gesny
‘n bossie sprietuie, gesny                                            
250ml pekanneute, gekap
375ml vars spinasie, fyngekap
BEREI DIE SLAAISOUS
Meng al die bestanddele  vir die slaaisous saam en plaas eenkant. Proe en pas aan indien nodig.
BEREI DIE SLAAI
Dreineer stampkoring  en plaas in n kastrol. Bedek met 750ml koue water en voeg sout by. Bring tot kookpunt en laat vir 35 minute prut of tot sag. Dreineer. Kook lensies in ‘n aparte kastrol in soutwater vir 40 minute of tot sag. Dreineer. Meng stampmielies en lensies in n groot mengbak en meng met slaaisous. Voeg oorblywende slaaibestanddele by en meng met twee vurke. Laat heeltemal afkoel. Plaas in yskas tot benodig.  Bedien teen kamertemperatuur.

Gebakte Souskluitjies (1)

Estelle Lotter

Bestanddele – Kluitjies
275 g Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
1 ml Sout
25 g Margarien
2 Eiers Geklits
125 ml Melk
Kaneelsuiker na smaak

Bestanddele – Sous
1.5 l Water
300 g Suiker
15 ml Margarien
5 ml Kaneel
2 ml Sout

Metode
Kook al die bestanddele saam vir 3 minute. Maak intussen die deeg aan. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarien met die vingerpunte in die meelmengsel in tot goed gemeng. Meng die eiers met melk, voeg dit by die meelmengsel en meng tot ‘n deeg. Gooi die kokende stroop in ‘n groot diep oondskottel met ‘n deksel. Skep lepels vol deeg in netjiese hopies in die sous. Doop elke keer die lepel in die warm sous voordat die volgende kluitjies geskep word. Strooi bietjie kaneelsuiker bo-oor. Sit die deksel op en bak kluitjies vir 40 minute.
Dien warm op.