SAMPIOEN-EN-SOETRISSIESLAAI:

 

Dankie vir die Resep Okkie
Bestandele slaai
500g knopiesampioene, in skyfies gesny                  
sap van een suurlemoen
sout en varsgemaalde peper                                     
1 ui, in dun skyfies gesny
6 stingeluie, in die lengte in skyfies gesny                 
1 bossie botterslaai
25ml olie                                                                     
2 knoffelhuisies
3 snye brood in blokkies gesny                                   
1 avokado
suurlemoensap                                                           
1 groenrissie, ontpit en in skyfies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in skyfies gesny               
1 komkommer, uitgehol en in halfmane gesny
3 repies spekvleis, bros gebraai, gedreineer.
 
Bestandele Slaaisous:
125ml olyfolie                                                              
125ml asyn
knippie suiker                                                              
5ml gedroogde orego
sout en swartpeper                                                  
50ml groen peperkorrels
10ml verkrummelde Fetakaas                                    
vars gekapte pietersielie.
Metode Slaai
Besprinkel sampioene met suurlemoensap en geur.  Plaas uie en stingeluie in yswater om bros te word.  Was botterslaai en plaas ook in yswater.  Verhit olie en braai knoffel en broodblokkies daarin.  Halveer avokado en sny in dun skyfies.  Besprinkel met suurlemoensap.  Verwyder uie en slaai uit water en rangskik saam met res van bestanddele in slaaibak.  Strooi spek en brood blokkies bo-oor.
Metode Slaaisous:
Klits al die bestanddele, behalwe pietersielie tot romerig.  Giet slaaisous net voor slaai voorgesit word oor en besprinkel met pietersielie.
Advertisements

Aartappelsaai ~ Jan 5 (Eiers, kruie)

Nog ‘n skepping van Jan van Niekerk

Die dag was maar stil toe kom ek so twee uur huis toe. My vrou vra of ek nie
wil ‘n stukkie hoender braai nie. Ek maak toe die volgende aartappelslaai
wat nogal baie lekker uitgekom het.

Hoop ons vriende geniet dit ook soos my mense.
4 Groot aartappels
1 Groot ui
1 Groen soetrissie
3 Hard gekookte eiers
250 ml Cross & Blackwell Mayonaize
30 ml Kondensmelk
15 ml Varsgekapte grasui
30 ml Fyn gekapte pietersielie of 5 ml droë pietersielie
5 ml Oreganum
3 ml Tiemie
5 ml Varsgemaalde swartpeper
3 ml Cayenne peper
3 ml Paprika

Metode:
Kook aartappels vir 18 minute in soutwater, spoel af met koue water en trek skille af.  Sny in blokkies of skywe soos verkies en plaas in slaaibak.  Kerf ui en soetrissie fyn en hou eenkant. Kook eiers vir 10 minute en plaas in koue water. Dop af en sny in blokkies. 

SOUS
Meng mayonnaize, kondensmelk, pietersielie, grasui, tiemie. oreganum, peper en cayenne peper saam.  Gooi oor slaai en meng goed deur met ‘n vurk.  Voeg die eierblokkies by en meng liggies. Sprinkel Paprika oor..  Laat afkoel in yskas.  Verkieslik oornag. Lewer 4 tot 6 porsies.

Rou groenteslaai

 Bestanddele

250ml geelwortels, in repies gesny                                         
250ml knopiesampioene, in skyfies
250ml blomkool, in klein stukkies gesny                                
250ml tamaties, in blokkies gesny
250ml murgpampoentjies, in ringe gesny                             
125ml groen soetrissie, in dun repies
Bestanddele Sous
45ml kookolie                                                                   
30ml suurlemoensap
100ml water                                                                                       
 3ml grof gemaalde swartpeper
3ml gemengde kruie
Metode
Meng al die slaaibestanddele en plaas in die yskas. Plaas al die sousbestanddele in ‘n bottel met ‘n prop en skud baie goed. Gooi die sous oor die slaai.