Kits Bros koekies – 3 Bestandele eet-sum-more koekies. Gluten vrye opsie ook.


Bestanddele
225g botter of margerien – baie sag
1 en 1/2K (of 350ml) koekmeel
1/2K (of 125ml) versiersuiker
1/2 Vanilla (Opsioneel)

Metode
Stel oond op 160 Grade C. Voer n bakplaat met bak papier uit. Klits die 3 bestandele goed saam. Drup teelepels vol op die bak bakplaat en bak tot dit net begin verbruin om die kante of puntjies. Laat koekies afkoel op die bakplaat.

Wenk
My margerien was in die vrieskas en ek het dit op 30% krag sag gemaak in die mikrogolf. Dit moet papsag wees maar verkieslik nie gesmelt nie. Ek gebruik Marvello of Stork bake. Maar die behoort besonder lekker te wees met botter.

Gluten vrye resep:
Ek het die koekmeel met Gluten Vrye bruismeel (Self raising flour) vervang. Volgende keer sal en ek net 1 1/4K (of dan 325ml) gluten vrye meel gebruik. Die mengsel was effens droëer en dit proe of dit nie 100% deurgebak het in die middel nie.

Gewoon of gluten vry

Wenk
Ek verkies die gluten vrye bruismeel bo die gewone gluten vrye koekmeel. Die koekmeel is geneig om n nasmaak te gee. En die feit dat dit bruismeel is (uit rys) maak in min resepte n werklike groot verskil.

Advertisements

Eet-Sum-More Koekies

Bestanddele
500g Stork Bake
120g versiersuiker
580g koekmeel

Metode
Sif versiersuiker in botter in en klits tot romerig.  Klits goed saam tot lig en donsig. Sif meel in en vou met houtlepel in.  Maak klein balletjies en druk met vurk plat. Bak by 180°C vir 7 – 10 minute.