Lekkerste Sop

Rohanja

Bestanddele
1 kg sopbene
500 g stowebeesvleis, in klein blokkies gesny
3 uie, fyn gekap
5 wortels, gekap
6 selderystele, gesnipper
2 lourierblare
Handvol vars pietersielie, fyn gekap
4 liter water
Sout en peper na smaak
1 x 410 g blik gekapte tamaties
250 ml (1 k) gort
10 ml (2 t) suiker
Ekstra vars pietersielie en fyn gerasperde suurlemoenskil, om af te rond

Metode
Verhit die bene, vleis, uie, die helfte van die wortels, die helfte van die seldery, lourierblare, pietersielie, water en ’n bietjie sout en peper saam in ’n groot kastrol tot kookpunt. Bedek en prut stadig vir sowat drie uur, of tot die vleis sag is. Verwyder die bene en sit die vleis terug in die pot. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir sowat een uur, of tot die gort lekker sag is. Geur na smaak. (Voeg ekstra water of ’n bietjie vleisaftreksel by as die sop te veel afkook.) Lewer 10 porsies.
Spek-en-bonesop

Advertisements
 

ERTJIESOP IN DIE STOOMPOT

Genoeg vir 10 of 12 mense.

Bestandele
1kg Bees kookvleis
1 Pakkie split-ertjies
3 Uie
6 Groterige aartappels
15ml asyn
Biefblokkie of hoederblokkie
Aromat,sout en peper

Metode.
Stoom die vleis in die stoompot vir 20min.Gooi genoeg water,sout en die asyn in.
Solank die vleis gaar raak,skil die aartappels en uie.Rasper dit met die growwe kant van die rasper.
As die vleis klaar gaar is,verwyder die stoompot van die plaat en laat die stoom afblaas.
Voeg die aartappels en uie by.
Spoel die ertjies af en gooi dit bo-op in die stoompot.
Voeg die geurmiddels by en genoeg water.
Ons stoompot hou 11l. As alles in is,moet die stoompot bokant half wees met water.
Stoom vir nog 20 min.Laat die vleis onderin die pot lê sodat die ertjies nie so maklik kan brand as dit onder lê nie.
Verwyder en proe of daar nie dalk bietjie sout kort nie.

Pasop om nie die stoompot te vol te maak nie. Gee die pot kans om self van die stoom ontslae te raak,aangesien sop geneig is om bo te wil uitspuit as die gewiggie afgehaal word terwyl die pot onder druk is. Eet met vars brood en botter.As daar sop oorbly,stol hy as dit koud word en kan daar bietjie water bygevoeg word wanneer hy weer warm gemaak word.

FOTO EN RESEP:  Dawie Vd Heever

 

Chickpea soup

Serves 12 Serves 25 Serves 50
Onions, fine chopped 1 2 4
Olive oil 2T or 30ml 1/4C of 65ml 1/2/c or 125ml
Ground Coriander 1t or 5ml 2t or 10ml 4t or 20ml
Ground cumin 1t or 5ml 2t or 10ml 4t or 20ml
Cloves of garlic, crushed 2 4 8
Carrots, peeled and diced 2 4 8
Spring onions, Chopped 2 4 8
Vegetable stock 6C or 1.5L 12C or 3L 24C or 6L
Chickpeas, Rinsed and drained 1 Tin (420g) 2 Tins 4 Tins
Red Lentils 1/2C or 100g 1C or 200g 2C or 400g
Fresh parsley, chopped 1/4C or (1 bunch) 1/2C or 125ml 1C or 250ml
Sea salt and ground black pepper to taste to taste to taste
Smo9ked paprika to taste to taste to taste

In a saucepan over moderate heat, sauté the onions in the oil until soft and translucent. Add the Coriander, garlic, carrots and spring onions. Stir-fry for 5 min. Add the stock, drained chickpeas and lentils. Bring to the boil, then simmer gently for 30 min. Add the parsley and season with salt, pepper and smoked paprika to taste. Take care to overdo the smoked paprika.

Cooking for crowds

 

Rooi lensies sop vir ontbyt

Ezo se Bruidsop van rooilensies

Sop vir ontbyt is deesdae ‘n groot ding. In lande soos Turkeye, Viëtnam, Korea tot en Columbië is dit al ‘n eeue-oue gebruik. Pho, ramen, om ‘n paar te noem. My ontdekking is ‘n Turkse sop met die mooiste storie.

Ezogelin, ‘n verleidend-lekker rooilensiesop, vernoem na ‘n jong Persiese bruid Ezo, ‘n pragtige vrou wat nou al ‘n legende in Turkeye geword het. Die man op wie sy verlief was het haar gevfa om te trou, maar met een voorwaarde – sy moes eers sy ma ontmoet … en Skoonma was maar ‘n baie moeilike mens. Sy het hierdie rooilensiesop gemaak om in haar goeie boekies te kom. Wel, sy en haar man het later 9 kinders gehad, so Skoonma was sekerlik baie beïndruk.

Die sop, wat uit die suid-oostelike deel van Anatolië kom, word nou oral in Turkeye geëet, veral vir ontbyt. Die rooi lensies kook baie vinnig en hoef glad nie vooraf geweek te word nie. Dit is voedsaam met hoë vlakke van minerale soos yster. Die smaak is subtiel en die lensie kook heeltemal sag. Die geure van die droë kruisement saam met lensies is ‘n heerlike nuwe ontdekking.

Die burgul is ‘n gestampte koring wat effens verwerk en halfgaar gemaak is. Rys kan ook gebruik word. Ment paai die senuwees en verskerp die sintuie.

Ezo se bruidsop

1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
Bietjie Olie of botter vir braai
5 ml komyn
45 ml tamatiepasta
5 ml soet paprika
200 g (opgehoopte koppie) rooi lensies, afgespoel red lentils,
45 ml bulgur koring, afgespoel (opsioneel) of 125 ml rys
1.5 liter hoender- of groenteaftreksel
Sout en peper

Bediening:
15 ml droë kruisement, net so of gemeng met sagte botter.
rissievlokkies, suurlemoensap

Braai die knoffel en uie liggies tot sag en deurskynend, voeg die tamatiepasta, paprika en komyn by en kook 2 minute terwyl jy roer.
Voeg die lensies, burgulkoring (of rys) en aftreksel by. Bring tot kookpunt en prut dan sowat 30 minute terwyl jou nou en dan roer om te keer dat dit vassit. Sodra die lensies sag is blits die sop met ‘n handstaafmenger tot redelik glad. Proe en pas na smaak met sout en peper.

Skep in sopbakkies, sprinkel droë ment oor of bedien met ‘n klontjie botter, rissievlokkies as jy wil en ‘n drupsel suurlemoensap.

 

Bron en foto:  https://huiskok.com/author/huiskok/

 

Heerlike sop (1)

Wanda-Mari Lundly
2 x blikkies tamatiesop
1 x blikkie hoendersop
1 x blikkie sampioensop
1 x pakkie spek, gesnipper
1 x ui, fyngekap
Melk om te verdun, indien nodig

Metode
Braai bacon en ui in ‘n kastrol. Gooi al die blikkies sop by, meng goed, bring tot kookpunt. Stel hitte laer en laat simmer so 30 min. Dit klink nie great nie, maar glo my, dis watertand lekker!

 

AARTAPPEL SOP

AARTAPPEL SOP

Bestanddele
3 Middelslag aartappels geskil
4 koppies warm melk \ 2 koppies warm melk en twee koppies warm room
1 Ui, fyn gekap
3 Eetlepels Botter
2 Eetlepels Meelblom
1/2 Eetlepel Sout
1/2 Teelepel Peper
Knippie Rooipeper na smaak
1 Teelepel Fyngekapte Pietersielie

METODE
Kook die aartappels in die skil tot gaar. Maak die aartappels fyn, en voeg die warm melk by. Hou warm.
Braai die ui `n rukkie in die botter en roer dan die meelblom daarby. Wanneer glad, voeg by die aartappelmengsel en laat saggies kook totdat dit glad is. Roer af en toe.
Geur deeglik, en dis warm op met die pieterselie daaroor gesprinkel.

*Jy kan ook ‘n klein pakkie ertjies by sit.* Kook dit eers tot sag, en voeg by aartappelsop. 

 

 

Plaassop resep 1

Bestanddele
250g bruin suikerbone, oornag in water geweek
3,25 liter water
250g swoerdlose bladspek, gesnipper
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 selderystingels, in ringe gesny
12,5ml margarien
4 geelwortels, geskil en gerasper
3 middelslagaartappels, geskil en gerasper
2 uie, gekap
250g blomkool, in klein stukkies gesny
25ml worcestersous
5ml geuropwekker
7ml grof gemaalde swartpeper
1 blikkie (65g) tamatiepasta

Metode
Dreineer die bone en voeg 750ml van die vars water by. Kook die bone in die water tot sag. Braai intussen die spek, knoffel en seldery 5-6 minute in die margarien oor matige hitte. Voeg al die orige bestanddele by die bone en voeg die oorblywende 2,5 liter water by. Kook 2-3 uur of tot die groente sag is. Sit warm voor met vars brood of broodrolletjies.

 

Tamatie Roomsop

Dit is ‘n heerlike en baie voedsame sop.

Die basis is ‘n witsous  wat van die volgende bestanddele berei word.
50ml margarien
50ml koekmeelblom
500ml melk
5ml sout
Knippie peper

Tamatieroomsop
6 tamaties, geskil
1 klein ui
5ml suiker
2,5ml sout

Metode
Kook al die bestanddele saam tot sag.  Versap tot pulp.  Meng met die witsous.  Lewer 750ml sop.  Dit is belangrik om daarop te let dat wanneer die witsous en tamatiemoes gemeng is, dit nie weer gekook moet word nie.  Dit sal die sop laat skif.  Bring dus die witsous en moes apart tot kookpunt en meng net voor opdien.

Aspersieroomsop
1 blik aspersiestukkies
45ml gerasperde kaas

Metode
Hou die aspersiepuntjies heel en plaas die res van die aspersies in ‘n versapper en maak goed fyn.  Voeg nou die aspersiemoes en puntjies by die witsous en laat opkook.  Strooi die kaas oor net voor opdien.

Mielieroomsop
500ml ingemaakte mielies

Metode
Voeg mielies, heel of fyn gemaak, by die witsous.

 

OUTYDSE BOONTJIESOP

Baie dankie vir die resep Sare du Randt
Bestanddele
500 ml droe boontjies (week oornag in water)
1 Gekapte ui
10ml Olie
125g Spek
3 Aartappels in agtstes gesny
5ml Peper
1 Beef stock blokkie opgelos in 1L kook water
2ml Borrie
250ml room of melk
10 ml Asyn of Suurlemoensap
Metode
Kook bone tot sag.
Braai ui in olie tot deursigtig.
Voeg stukkies spek by en braai tot crispy.
Meng ui en bone met die res van die bestandele behalwe melk of room.
Kook tot aartappels sag is, maak aartappels en bone fyn.
Roer melk of room by.
Voeg asyn by.
Bedien met kluitjies
Bruismeel
eier
melk
Meng tot ‘n stywe deeg.
Skep teelepels vol deeg in sop en kook met deksel op vir ongeveer 5 minute.
 

Sop

WeighLess

Al hierdie bestanddele is volgens jou formule.

Neem of hoender of maalvleis. Sit in pot met water. Voeg nou aartappel by. Voeg nou ander groente soos tamaties, wortels, uie, greenpepper of enige ande groente van jou keuse by. Nou kan jy ‘n OXO blokkie byvoeg. Kook omtrent vir ‘n uur. Geur met speserye. As jy sop verkies voeg hier teen die einde meer water by. Wat ek gewoonlik doen is om die water amper weg te kook, dan het ek ‘n heerlikke dik eenpot dis.