Torta rustica

Platsak fynproewer

In hierdie konteks is dit ‘n groot, stewige pastei.
Dit is uitstekende piekniekkos sowel as ‘n heerlike gesinsmaaltyd.

Deeg
1 1/2 k meelblom
100 g botter
1 eier

Vulsel
350 g (23/4 k) aartappels, in blokkies gesny
250 g hamskyf, in blokkies gesny
200 g crème fraiche of suur room
4 eiers
sout en peper na smaak

Metode Deeg
Om die pasteideeg te maak, vryf die botter in die meel. Breek die eier en voeg by. Meng tot ‘n deeg. P
laas deeg vir ‘n halfuur in die yskas voor jy dit uitrol.

Metode Pastei
Kook aartappels, laat afkoel en sny in blokkies. Meng met die hamblokkies, crème fraiche en drie van die eiers. Geur met sout en peper. Voer ‘n 24 cm-losboompan met pasteideeg uit tot driekwart teen die kante op. Sny oormaat deeg af en hou vir die dop. Verf die rand met die res van die eier en maak ‘n dop van die orige deeg. Skep die mengsel in die pastei en sit die dop bo-op. Druk gaatjies in die pasteidop sodat stoom kan ontsnap. Bak vir 30 minute teen 200 C en verlaag dan temperatuur na 180 C vir 40 minute. Bedek bokant met foelie, indien nodig, sodat dit nie brand nie. Dit kan tot twee dae in die yskas gebêre word.

Resep uit: Platsak fynproewer

Advertisements

Arm mans tert (Hannetjie)

Arm mans  tert (Hannetjie)

‘n Maklike resep maar jy moet so bietjie eie inisiatief gebruik met die hoeveelhede.

Vleis mengsel:

Maalvleis
uie

Braai uie tot sag, voeg maalvleis by en braai tot gaar.

Deeg mengsel:

1K Bruismeel
1K Cheddar kaas gerasper.
Pietersielie, sout en peper na smaak
100ml water
100ml melk
1 goed geklitste eier

Meng alles tot slap deeg.

Indien deeg te dik is vir smeer voeg nog water of melk by.

Smeer n dun lagie deeg onder n oondvaste bak
Sit n laag maalvleis oor
Strooi droe sop poeier oor.
Skep een blik groente bo – op. Dreineer die groente so dat daar effens water oor in om die soppoeier te benat.

Sny hard gekookte eiers dun snye en plaas bo-op (opsioneel)
Skep die res van die deeg bo oor en stip met klontjies botter.
Bak by 180C tot gaar.
Bedien met slaai.

Nota:  Die vleis mengsel kan vervang word met dit wat jy beskikbaar het in die huis.

Seekos souttert

Kors
125g sagte botter of margarien
500ml koekmeelblom
50ml water

Vulsel
25olie
2 preie (in ringe gesny)
150g sampioene (in skyfies gesny
200g skelvis(gestoom, ontgraat, gevlok)
1x200g steurgarnale(gedreineer)
250ml Cheddarkaas (gerasper)
3 ekstra grootte eiers (liggies geklits)
125ml room
125ml melk
sout en peper

Voorverhit die oond tot 200C.
Vryf die botter met jou vingers in die koekmeelblom.
Voeg net genoeg water by om ‘n sagte deeg te vorm.
Knie goed, bedek met kleefplastiek en verkoel sowat ‘n halfuur lank.
Rol ongeveer 3mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en voer ‘n 20cm tertbord daarmee uit.
Prik die bodem  met ‘n vurk en verkoel weer sowat 15 minute lank.
Voer die tertkors met waspapier uit en vul met droë bone.
Bak 10 minute lank, verwyder die papier en bone en bak weer 15 minute lank.

Verhit olie in ‘n pan en soteer die preie daarin tot sag.
Voeg die sampioene by en soteer tot ligbruin.
Skep uit in die tertkors en volg met skelvis, steurgarnale en Cheddarkaas.
Meng die eiers, room en melk en geur na smaak met sout en peper.
Giet oor bestanddele in tertkors.
Verlaag die hitte na 190C. en bak sowat 35 minute, of tot eiermengsel gestol en die tert ligbruin bo is.

Resep: Anna Ekseen

Gevulde Vetkoek

GEVULDE VETKOEK
(sowat 10 – 12 vetkoeke)
250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml water
2 ml sout
olie, om in te braai
6 hard gekookte eiers
een pak van sowat 500 g dun beeswors, gaar

Sif die meel en bakpoeier saam en voeg die suiker by.
Meng die eiers met die water en voeg die sout daarby.
Voeg hierdie mengsel by die droë bestanddele en knie tot jy ’n gladde deeg het.
Verhit genoeg olie vir vlak- of diepbraai in ’n pan.
Die olie moet warm wees, maar nie op rook punt nie.
As jy gewone vetkoek wil maak, sit jy ’n deeg bal in die olie, braai tot goudbruin aan albei kante en dreineer.
As jy gevulde vetkoek wil maak, moet jy ’n eier of ’n stukkie wors of frikkadelletjie in deeg toedraai en dit dan diepbraai. Gevulde vetkoek is lekker padkos, en ek maak hulle sommer op pad, of reeds die vorige aand.

As jy ‘n gekookte eier insit.

Of ‘n stukkie boerewors, middeldeur gesny, gesmeer met chutney, toe gedruk en binne in die deeg behoort lekker te wees.

Ek het nog net die klein gevulde vetkoekies ge eet wat maalvleis binne in gehad het.  Dit was heerlik

Resep bron:  facebook.com/OutydseEnEkonomieseResepteEnWenke

 

KAASKOEKIES

Betsanddele
250 g. cheddarkaas.
250 g. meelblom.
1/2 tl. peper.
250 g. botter.
1/2 tl sout.
knippie rooi peper.

Metode
Sif die meelblom, sout, peper en rooipeper in ‘n mengbak.Sny die botter in klein stukkies en vryf dit in die gesifte meelmengsel. Rasper die kaas nou by die mengsel en vryf goed in. Die deeg is baie ryk en u sal vind dat dit in ‘n plat pan gedruk kan word of in ‘n kolwynpannetjie. Bak teen 230 Grade C tot ligbruin.

Kaasbeskuitjies met gerookte paprika

Maak: omtrent 30
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 10 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
410 ml (225 g) koekmeel
3-5 ml gerookte paprika
195 ml (180 g) botter
560 ml (225 g) beleë cheddarkaas, gerasper

1 Voeg die paprika en ‘n knippie sout by die meel. Vryf die botter in en roer dan die gerasperde kaas by. Knie die mengsel totdat dit ‘n sagte deeg vorm.

2 Rol die deeg dun uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Gebruik ‘n koekiedrukker om vorms uit te druk. Bak dit in ‘n verhitte oond vir 10 minute of tot goudbruin. Laat die beskuitjies vir ‘n paar minute op die bakplate afkoel voor jy dit op ‘n draadrakkie pak om heeltemal af te koel.

Sout koekies

Baie dankie vir jou resep Okkie
 
1 koppie bruismeel
1 koppie grof gerasperde kaas (liefs cheddar)
115g margarien
½ pakkie beesstertsoppoeier
Verhit die oond tot 200ºC. Meng die bruismeel, kaas, botter en beesstertsoppoeier baie goed saam. Rol die deeg in bolletjies, elk van ongeveer 5ml deeg, en plaas dit effens uitmekaar op ‘n bakplaat. Druk die bolletjies met ‘n nat vurk plat. Bak die koekies ongeveer 10 minute lank tot gaar. Dit moenie bruin word nie.

SPEKVLEISKOEKIES

1 k koekmeel
2 groot eiers
7 ml bakpoeier                                           
180 ml melk
1 ml sout                                                       
1 k grofgerasperde Cheddarkaas
250 g spekvleis, gesnipper                    
250 ml (230 g) margarien      
Bespuit kolwyntjiepannetjies met kleefwerende kossproei. (Klein holtetjies).
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf smeer daarin totdat die mengsel fyn krummels is.  Klits eier en melk saam en maak die meelmengsel daarmee aan.  Voeg die kaas en spekvleis by en meng goed.
Skep ‘n ronde teelepel mengsel in elke kolwyntjiepanholte. Bak dit sowat 20 minute tot gaar, by 190ºC.

 

Soutvleis Tertjies

Baie dankie Retha

Die resep lewer 12 tertjies en die soutbeesvleis kan deur tuna vervang word. ‘n Mens kan ook gesmoorde uiesnippers by die vulsel voeg.

Vulsel:
3 eiers
30 ml mayonnaise
1 ml mosterdpoeier
1 blik ( 300 g) soutbeesvleis

BESLAG:
125 ml melk
75 ml sonneblomolie
1 eier
125 g ( 3/4 koppie + 3 eetl)
10 ml bakpoeier
1 ml sout

Verhit die oond tot 200 grade C en smeer 12 holtes van groot muffinpan. Kook twee van die eiers tot hard, dop af en rasper dit grof. Klits die oorblywende eier saam met die mayo en mosterd. Maak soutbeesvleis fyn en roer die gerasperde eiers en mayo mengsel by. Sit die vulsel opsy en maak die beslag aan. Klits die melk, olie en eier saam. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die meelmengsel by die melkmengsel en klop dit tot goed gemeng. Skep die beslag eweredig in die gesmeerde muffinpanne. Skep dessertlepel vol vulsel in die middel van elke porsie beslag. Bak die tertjies sowat 20 minute lank tot goudbruin. Laat die tertjies effens in die pan afkoel. Haal dit versigtig uit met slaplemmes en sit dit warm voor.

Bacon Kips Happies

Fonna Goosen

Bestanddele
1 Pak Bacon Kips
1 Pak Sout en Asyn Chips
Gesnyde Bruin Brood
Margarien
Bovril, Oxo, Fraybentos of Marmite

Metode
Maak die sout en asyn chips fyn. Meng genoeg margarien en een van die smere na smaak. Neem brood en druk met ronde vorm, sirkels uit, groot genoeg om op Bacon Kips te pas. Smeer sirkel broodjie en plak die verkeerde kant van die Bacon Kip. Versier bo-kant eb snykante van die broodjie met margarien mengsel. Probeer die Bacon Kip skoon te hou. Strooi die gesmeerde deel met fyn Sout en Asyn chips.
Hierdie sout happie is beslis ‘n wenner.