Spaanse hoender

Ingestuur deur Lindy-Mari Wanda

Hoender stukke

Bestanddele
1 Pakkie wit uiesop poeier
500 ml water
50 ml mayonnaise
50 ml blatjang
50 ml tamatiesous
15 ml gekapte pietersielie
Aromat en peper na smaak

Metode
Meng al die bestanddele, gooi sous oor hoender stukke, sit deksel op en bak vir 2 ure. Loer af en toe indien sous droog lyk gooi net bietjie water by. Bak by 160 grade celsius. Haal later die deksel af en bak hoender mooi bruin

Advertisements

Spaanse hoender resep 2

Bestanddele
2 Uie gekap
6 -8 hoenderstukke
12.5ml margarien
2 tamaties
3 geelwortels
1 pakkie dik groentesop
500ml water
50ml Mayonnaise
50ml blatjang
12.5ml tamatiesous
15ml pietersielie
2 lourierblare
10ml geuropwekker

Metode
Braai die uie en hoender liggies in die margarien in ‘n groterige kastrol. Voeg die tamaties en wortels by. Meng die res van die bestanddele en voeg by die hoenderstukke. Laat ongeveer 1 uur stadig oor lae hitte prut of totdat die hoender en wortels sag is.

Dalene se Olé-hoender

RSG

Bestanddele
4 middelslag aartappels, geskil en in skywe gesny
2 hande vol broccoli
1 ui, in skywe gesny
4 wortels, geskil en in skywe gesny
Hoenderstukke
1 pakkie groentesop
500 ml water
50ml mayonnaise
50ml blatjang
50 ml tamatiesous
Pietersielie
Lourierblare

Metode
Pak groente in lae in oondbak (aartappels heel onder) en plaas hoender heel bo. Maak soppoeier aan met water en gooi al die ander bestanddele by behalwe lourierblare. Gooi bo-oor die hoender. Steek die lourierblare in bak en bak in oond teen 180 grade Celsius in voorverhitte oond vir so ‘n uur.

Spaanse Hoender

Bestanddele
125 g Spekvleis
250 g Knoffelpolonie
3 Uie Gekap
6 Tamaties
4 t Borrie
1 t Kerriepoeier
1 k Gaar Skulp noedels (of meer)
1 Pakkie Sampioen roomsop
2 k Hoender vloeistof
1 Blik Ertjies – gedreineer
1 gaar hoender

Metode
Ontbeen die hoender en sny in stukkies. Los die Sampioen roomsop op in die 2 koppies hoender vloeistof. Braai die spek en polonie saam bruin met gekapte uie. Voeg olie by indien nodig. Skil tamaties, sny in stukkies en smoor met uie mengsel. Voeg borrie, kerrie, noedels, aangemaakte sop, ertjies en hoenderstukkies by. Kook goed deur. Bedien met slaai.

Wenk
Hierdie gereg vries goed.