BOLOGNAISE SOUS

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
25 ml olie,
2 medium uie,
750 g maalvleis,
1 blik heel tamaties,
37,5 ml tamatiepasta,
5 ml basiliekruid,
2 ml orego,
2 ml tiemie,
sout & peper,
1250 ml water,
gerasperde kaas.

Metode
Verwarm olie in ‘n groot kastrol, voeg gekapte uie by en soteer stadig tot uie sag is. Voeg vleis by en roer oor hoë hitte tot vleis donkerbruin is, druk die vleis goed fyn. Voeg ingemaakte tamaties, tamatiepasta, basiliekruid, orego en tiemie by en meng goed. Geur met sout & peper. Bring tot kookpunt, verminder hitte, prut 2 uur lank tot vloeistof verdamp het, sonder deksel. Sit voor met gerasperde kaas.

Advertisements

Bolognese meat sauce

Serves 4

Ingredients
2 Tbsp oil
2 medium onions, chopped
2 medium carrots, grated or chopped
500g beef mince
2 x 400g can chopped tomatoes
½ cup water

Method
Heat the oil in a large saucepan. Gently cook the onion until soft. Add the mince and brown, drain off any extra fat. Add the carrot to the mince and stir well. Add the chopped tomatoes and water. Cook gently until the sauce has thickened; about 1 hour.

Alternatively
Add a splash of vinegar, some crushed garlic, fresh or dried herbs to add more flavour. To make this recipe go further for a little extra cost you can add some dried lentils. To do this, add ½ cup lentils and ½ cup of water. The lentils will soak up the water.

Spaghetti Bolognaise

Spaghetti Bolognaise lal Jan van Niekerk

Lewer 10 porsies
1,2 kg Maalvleis
30 ml Sonneblomolie
2 Uie, gekap
30 ml Varsgemaalde knoffel
2 Groot wortels, grof gerasper
10 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
40 ml Gemengde kruie
410 ml Tamatiepuree
40 ml Worcestershiresous
20 ml Bruinsuiker
500 ml Vleisaftreksel
30 ml Koekmeelblom
500 g Spaghetti
3 Liter water
20 ml Sonneblomolie
10 ml Sout
Metode:
Braai die maalvleis in verhitte olie in ‘n swaarboomkastrol tot dit verbruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot die uie sag is. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die meelblom by . Verlaag die hitte, plaas die deksel op en prut vir 45 minute. Verdik sous met pasta van meelblom en water. Dien op saam met spaghetti.
Bring die water tot kookpunt, voeg die sout, olie en spaghetti by en kook vir 15 minute.
Lewer 10 porsies.

Reeks se spaghetti bolognaise

Bestanddele
1 pak spaghetti                                                                                 
1 soetrissie gekap
2 uie gesny                                                                                          
100g swoerdlose bladspek gesny
30ml olie                                                                                             
20ml margarien
500g maalvleis                                                                   
 200ml tamatiepuree
30ml blatjang                                                                                      
150ml water
5ml swartpeper                                                                                
5ml orego
5ml knoffelvlokkies                                                                          
250g knopiesampioene 

Metode
Kook die spaghetti volgens aanwysings. Braai intussen die soetrissie, uie, en spek in ‘n mengsel van die olie en margarien tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai oor lae hitte terwyl dit gereeld geroer word. Meng die tamatie puree, blatjang en water en voeg dit by die vleis. Strooi die swartpeper, orego en knoffelvlokkies oor en roer goed. Voeg die sampioene by en kook 30 min. Sit voor met die spaghetti.

Spaghetti Bolognaise

Estelle Lotter

Bestanddele
½ Ui fyngekap
15 ml Olie
½ Fyn Knoffelhuisie
125 g Maalvleis
15 ml Tamatiepasta
½ Lourierblaar
2 ml Suiker
2 ml Sout
100 ml Vleisaftreksel of water
100 g Spaghetti
5 ml Margarien
Pietersielie
Knippie sout
Knippie Paprika

Metode
Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en sorteer die ui en knoffel tot sag. Voeg maalvleis by en braai tot vleis geurig en verbruin is. Bewerk maalvleis met ‘n vurk gedurende die gaarmaakproses, sodat dit nie klonte vorm nie. Voeg tamatiepasta, suiker sout, peper, paprika, lourierblaar, vleisaftreksel of water by die vleismengsel. Stowe vir 20 minute. Toets die geur en verwyder die lourierblaar. Kook spaghetti tot gaar, dreineer en voeg margarien by. Skep die spaghetti op groot opdien bord, skep die vleis mengsel bo-op.