Spek-en-Kaas Spaghetti

Magda

Bestanddele
1 Pak Spaghetti
2 Pakke gekapte spekvleis
500 g Gerasperde Cheddarkaas (Hoe meer kaas hoe lekkerder)
2 Pakke Gekerfde Sampioene

Metode
Braai die spekvleis en sampioene saam tot heerlik bruin en bros. Kook die spaghetti tot gaar en dreineer. Roer die warm spaghetti tussen die spekvleismengsel in. Roer al die kaas tussenin en laat dit smelt.

Advertisements

Hoender Pasta Gereg

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
180 ml rou spaghetti
80 g botter
125 ml botter
700 ml warm hoender aftreksel
250 ml vars room
60 ml droë sjerrie
sout en vars gemaalde swartpeper
250 g knopie sampioene, gekerf
1 groen soetrissie, gekerf
600 g gekookte hoerderborsies, in blokkies gesny
50 ml gerasperde Parmesaan kaas

Metode
Kook die spaghetti en spoel dit af. Smelt die botter en voeg die meel by en kook dit vir ‘n minuut. Verwyder dit van hitte. Meng die hoenderaftreksel by, plaas dit terug op die plaat en roer dit totdat dit kook of die sous dik word. Roer die room, sjerrie, sout en peper by. Verwyder dit van die hitte, voeg die spaghetti, sampioene, soetrissie en hoender by. Plaas dit in ‘n oondbak en strooi die kaas bo-oor. Bak in n voorverhitte oond van 180 grade vir ongeveer 25 – 30 minute lank.

Spaghetti Bolognese

Send in by Jan van Niekerk

Cape Malay Cooking

Ingredients
500 grams of beef mince
1 onion peeled and finely chopped
2 tablespoons of cooking oil
5 cloves of garlic peeled and finely chopped
100grams of tomato paste
1 tablespoon of sugar
1 small carrot peeled and grated or chopped into tiny cubes
Salt and pepper to taste
Some chopped italian parsley
You may also use some fresh basil or a pinch of Italian herbs .
1 packet of Spaghetti cooked as to packet cooking instructions .

Method
In a heated pot add your oil and the mince , onion , garlic , carrot and salt and pepper and allow to brown a bit on medium to high heat, stirring when needed , this will take about 10 minutes , add a cup of hot and cook on medium heat until all water has cooked away . Next add your tomato paste and 1 tablespoon of sugar and Braise for a few minutes stirring when needed . Next add 2 cups of hot water and simmer for about 30 -40 minutes stirring when needed . This slow long cook will add depth to the flavour.
Serve with cooked spaghetti and drizzle with your cheese of choice . A sure favourite with the kids and adults alike . And it’s that easy .

Reeks se spaghetti bolognaise

Bestanddele
1 pak spaghetti                                                                                 
1 soetrissie gekap
2 uie gesny                                                                                          
100g swoerdlose bladspek gesny
30ml olie                                                                                             
20ml margarien
500g maalvleis                                                                   
 200ml tamatiepuree
30ml blatjang                                                                                      
150ml water
5ml swartpeper                                                                                
5ml orego
5ml knoffelvlokkies                                                                          
250g knopiesampioene 

Metode
Kook die spaghetti volgens aanwysings. Braai intussen die soetrissie, uie, en spek in ‘n mengsel van die olie en margarien tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai oor lae hitte terwyl dit gereeld geroer word. Meng die tamatie puree, blatjang en water en voeg dit by die vleis. Strooi die swartpeper, orego en knoffelvlokkies oor en roer goed. Voeg die sampioene by en kook 30 min. Sit voor met die spaghetti.

Oe, Genadejare, vra vir meer

RSG

Bestanddele
Kook spaghetti en hou eenkant
Fyngekapte ui
Halwe groenrissie
Sampioene
Spek
Blikkie pit mielies
Blikkie tamatie-roomsop
Cheddarkaas

Metode
Braai uie, groenrissie, sampioene en versnipperde spek saam. Haal van stoof af en meng pit mielies en tamatie-roomsop saam. Meng saam met spaghetti. Rasper kaas onder ‘n oondvaste bak en voeg spaghetti-mengsel bo-oor kaas. Rasper weer kaas bo-oor en plaas in voorverhitte oond vir halfuur teen 180 grade Celsius.

Mev. Atterbury se spaghetti-kruising

RSG

Bestanddele
1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik mieliepitte
1 blik boeliebief
1 tamatie – geskil en gekap
1 ui – gekap
1 groenrissie
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode
Kook spaghetti gaar. Klits eiers saam met melk. Gooi alles in oondbak, meng goed, gooi kaas oor bak in voorverhitte oond vir 1 uur teen 180 grade.

Amore se loslit pasta

RSG

Bestanddele
Halwe pak spaghetti
1 botteltjie basil pesto
1 pakkie olywe, ontpit
4 tamaties
Pecorino-kaas

Metode
Kook spaghetti tot gaar. Braai fyngekapte tamatie in pan. Voeg alles by pasta, en rasper pecorino oor. As jy hou van brandrissies, braai dit saam met die tamaties.
Genoeg vir 2 mense.

Aneliene se lui pasta

RSG

Bestanddele
2 uie, opgekap
1 pakkie sampioene, opgekap
1 liter melk
2 pakkies wit uiesop
2 blikkies tuna
Spaghetti, gaar gemaak
2 hande vol gerasperde kaas
Vars gekapte pietersielie

Metode
Braai uie en sampioene in olie. Maak sop aan met die melk. Voeg die tuna in spaghetti. Voeg uie-mengsel en sop-mengsel by. Voeg kaas ook by en meng goed. Gooi pietersielie bo-oor.

Debra se Cordani vleis bolle en spaghetti

RSG

Bestanddele
Spaghetti
Maalvleis-frikkadelle
Baie tamaties
Kerriepoeier
Borrie
Knoffel
Gemmer
Bietjie sout

Metode
Maak spaghetti gaar. Maak frikkadelle gaar (jou eie resep) en maak vir jou ‘n heerlike tamatiesous met die tamaties, borrie, knoffel, gemmer en kerriepoeier. Voeg frikkadelle by en gooi by spaghetti en roer alles saam.