Advokadopeerslaai met spek

 

Dankie vir jou resep Jan
2 Groot ryp advokadopere
250 g Ontbytspek
1 Pak gemengde slaaiblare
6 Sprietuie in ringe gesny
4 Snye witbrood sonder korsies
125 ml Pekaneute grof gekap
125 ml Franse slaaisous
Metode:
Breek die slaaiblare in klein stukkies lasnlabak saam met die gekapte sprietuie. Sny die spek in stukkies en roerbraai in bietjie olie tot bros. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Sny die brood in blokkies van 1cmx 1cm en braai in dieselfde pan as die spek tot goudbruin. Voeg olie by indien nodig. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Sny die advokado in blokkies en rangskik op die slaaiblare. Bedek met die slaaisous. Sprinkel neuter, spek en broodblokkies oor net voor opdiening. Lewer 6 porsies
Advertisements

Aartappelslaai ~ Jan 3 (haselneute, spekvleis, feta)

Dankie vir jou resep Jan
(Bros aartappelskil slaai)

8 Gewasde aartappels se skille
15 ml Olie
250 g Gekapte spekvleis
100 ml Gekapte Haselneute
5 Kropslaai blare repe gesny
60 g Feta kaas in blokkies gesny
2 Ongeskilde appels in blokkies gesny

Metode:
Skrop die aartappels mooi skoon in koue, lopende water. Druk droog. Skil aartappels in eweredige repe en braai in verhitte olie tot goudbruin en bros. Braai spekvleis tot bruin en bros en dreineer. Voer ‘n slaaibak uit met slaaiblare. Meng neute, kaas, appel, spekvleis, en aartappelskille liggies en plaas in slaaibak. Verkoel in yskas vir twee ure voor opdiening. Lewer 6 porsies.

BACONSLAAI

Dankie vir die Resep Alida
1 Pak bacon
1 Blaaislaai
1 Ui
1 Pak swartolywe
Fetakaas
Olyfolie (vir braai van bacon)
METODE:
Sny bacon in redelike groot stukke en braai lekker bros in olyfolie.Haal uit olie en laat afkoel. Pak blaarslaai, gesnyde uie, blokkies fetakaas en olywe in slaaibak.  Meng olyfolie wat bacon in gebraai was met balsamic asyn en swartgemaalde peper. Net voor bediening, voeg bacon by en gooi slaaisous oor. MOET NIE SOUT GEBRUIK NIE WANT BACON EN FETAKAAS IS SOUT.
Advokado repe is ook heerlik hierby.
Hoop jul geniet hierdie twee, dit lyk na baie werk, veral die Butternutslaai, maar dit is nie, ek sit net alles stap vir stap uiteen sodat die “beginnerkokke” dit ook maklik kan maak.
Weskus Groette,
Alida Schultz
Yzerfontein

Pasta à la Alrina

Bestanddele
1 pak (500g) klein skulpnoedels
1 groot ui, gekap
250g knopiesampioene, in skywe gesny
250g bladspek, gesnipper
30ml olie
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
400ml water
5ml grof gemaalde swartpeper
5ml oregano

Metode
Kook die noedels volgens die aanwysings op die pak en dreineer. Voorverhit die oond tot 180ºC. Braai intussen die ui, sampioene en spek in die olie tot die ui sag is. Maak die sop met die water aan en kook totdat dit dik is. Geur met swartpeper en oregano. Skep die noedels, spekmengsel en sop in lae in ‘n gesmeerde, oondvaste skottel en bak vir 30 minute.

Oop roosterbroodjies

Bestanddele en Metode
Suikermielies & Spekvleis. Kap 4 repe spek fyn & braai tot bros. Rooster 4 snye brood aan die een kant. Draai brood om & skep 65ml roomsuikermielies oor elk. Plaas ʼn kwart van die spekvleis op elk & plaas in die oond teen 180ºC of tot mielies deurwarm is.

Min moeite pasta

Bestanddele en Metode

Kook 1 pak pasta van eie keuse tot sag op gewone manier. Braai ‘n pakkie gesnipperde spek. Skep uit en sit eenkant tot later. Kerf 1 groot ui, ½ groenrissie en ½ pakkie sampioene. Braai in pan waarin spek gebraai was. Gooi spek nou terug in die pan.

Voeg 1 blik ingelegde gesnipperde tamaties by en prut mengsel vir 10 min. Voeg afgespoelde, gedreineerde pasta by en meng versigtig by die tamatiemengsel. Meng 1 pakkie knorr tomato, bacon and basil pastasous met 1 koppie water. Gooi oor pasta en voeg bietjie sout en peper na smaak by. Meng versigtig deur en prut baie stadig vir ongeveer 15 min. Dien op met gerasperde kaas.

Spek en kaas spaghetti

Bestanddele
1 pak spaghetti
2 pakke gekapte spekvleis
500g gerasperde cheddarkaas (hoe meer hoe lekkerder)
2 pakke gekerfde sampioene

Metode
Braai die spekvleis en sampioene saam tot heerlik bruin en bros. Kook spaghetti tot gaar en dreineer. Roer die warm spaghetti tussen die spekvleismengsel in. Roer al die kaas in en laat dit smelt.

Arm man se droom dis

Annetjie Cilliers

Bestanddele
250g spaghetti
410g pit mielies
150ml olie
½ soetrissie
4 repe ontbytspek, gesnipper
1 pakkie sampioensoppoeier
200ml water
1 blik sampioene
250ml cheddarkaas, gerasper
sout en peper na smaak

Metode
Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar. Dreineer, voeg pit mielies en olie by en meng. Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghetti mengsel. Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute. Giet oor spaghetti mengsel en meng. Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas. Bak by 180C totdat die kaas mooi bruin is.