Pampoen en tert speserye (Pumpkin or Pie spice)

Koekoes Vorster

Bestanddele
1/2 teelepel neutmuskaat (nutmeg)
1 teelepel Naeltjies (Gloves)
2 Eetlepels gemmer (Ginger)
4 Eetlepels kaneel (Cinnamon)

Metode
Alles droog en natuurlik fyn gemaal. Meng goed en berg in n lugdigte houer.

Advertisements

Paaskoekies

Maak: 20-25 
Bereidingstyd: 35 minute plus afkoeltyd 
Baktyd: 12-15 minute 
Oondtemperatuur: 180 °C 

270 ml (250 g) sagte botter 
250 ml (130 g) versiersuiker, gesif 
625 ml (340 g) koekmeel 
3 ml bakpoeier 
‘n knippie sout 
10 ml fyn gemengde speserye 
125 ml (100 g) gemengde rosyntjies en sultanas, grofgekap 
50 g witsjokolade, gesmelt 

1 Klop die botter en versiersuiker saam tot romerig. Roer die droë bestanddele en dan die rosyntjies en sultanas by. 

2 Rol die mengsel in twee lang worse en bedek dit met kleefplastiek. Sit dit vir ‘n paar uur in die yskas totdat dit ferm is. 

3 Sny die rolletjies in skywe van 1 cm en pak dit op gesmeerde bakplate. Bak dit in ‘n verhitte oond vir 12 tot 15 minute of tot ligbruin. Skep dit van die bakplaat af en laat dit heeltemal afkoel op ‘n draadrakkie. 

4 Skep die gesmelte witsjokolade in ‘n verseëlbare plastieksak of papierspuitsak. Sny een  van die sakkie se hoeke af  en spuit ‘n sjokoladekruis op  elke koekie. Laat dit heeltemal droog word voordat jy die koekies tussen lae waspapier in ‘n blik pak. 

OUMA POTGIETER SE SPESERY KOEKIES

Dankie vir jou resep Malinda van Deventer

2 kop.     Margarine
12 kop.   Meel
10            Eiers
1 kop.     Vet (sukkel om dit te kry)
5 kop.     Suiker
2 teel.      Koeksoda, gemeng met ‘n bietjie asyn.
3 opgehoopte eetl.                Bakpoeier, gemeng met ‘n bietjie melk
1 opgehoopte eetl.                Fyn gemmer
1 opgehoopte eetl.                Fyn naeltjies
1 opgehoopte eetl.                Gemengde speserye

Meng margarine, suiker en vet saam.
Voeg eiers, koeksoda en bakpoeier by.
Klits vir 15 min.
Voeg meel, en al die ander droë bestanddele by.
Knie verder met die hand.
Rol uit of sit deur koekiemasjien.
Sit kersies bo-op.
Bak tot gaar by 160°C.