Didi se doodgooi spinasie quiche

RSG

Bestanddele
3 snye bruinbrood, gekrummel
1 ui, opgekap en gebraai (Meng die ui en die krummels)
2 koppies spinasie, gekook
6 sampioene, in skywe gesny
1 ui, opgekap en gebraai
1 pakkie gesnipperde spek
1 pakkie bruin uiesop
½ koppie Cheddarkaas
½ koppie maaskaas
3 eiers
Fetakaas, gekrummel

Metode
Sit gebraaide uie en brood wat gekrummel is onder in quiche-bak. Braai sampioene, spinasie, uie en spek. Meng soppoeier, cheddarkaas, maaskaas en eiers. Sit bo-op brood- en uie mengsel. Krummel feta bo-oor en bak vir ½ uur in voorverhitte oond teen 180 grade.

Advertisements

Spinasie-quiche

Bestanddele
1 blikkie soutbeesvleis of Lunch Loaf (opgesny)
1 pakkie bevrore skilfer deeg
250 ml gerasperde kaas (cheddar)
2 groot uie, fyn gekerf
500 ml geblanseerde spinasie, gesnipper
25 ml gekapte pietersielie
1 blikkie (410 g) ingedampte melk
4 eiers
30 ml koekmeel
25 ml blatjang
2 ml (knypie) rooi peper
Sout en peper na smaak

Metode
Voer die tertbord met die deeg uit. Meng al die bestanddele goed saam. Bak in oond tot gaar