Spinasie en Tamatie Rys

Bestanddele
2 e Olyf Olie
1 Ui fyn gekap
1 t Knoffel fyn gekap
3 k Hoender aftreksel
2 e Tamatie Puree
1 k Tamatie gekap
½ k Fyngekapte Spinasie
1 k Rys

Metode
Verhit die olie in pan. Voeg die ui by en braai tot sag. Voeg knoffel saam en braai vir nog 2 minute. Voeg al die ander bestanddele by. Verminder hitte sit deksel op. Prut vir 25 tot 30 minute totdat rys sag is en meeste vloeistof weg is. Bedien warm

Advertisements