DIE LEKKERSTE SPINASIE

Woumarie

Bestanddele
2x bosse spinasie goed afgespoel en gesnipper (harde stukke verwyder)
2x uie fyn gekap
1x knoffelhuisie fyn
1x pakkie bacon fyn gekap
1x blik tamatie en ui
1x pakkie sampioen sous
2 x eiers
1x pakkie sampioen sop
feta kaas
chedder kaas

METODE:
Braai die uie en knoffel en bacon tot sag en die bacon tot bros in olie in die pan. Voeg gekapte spinasie by en sit deksel op sodat die spinasie sag kan stoom. Voeg al die ander bestanddele by behalwe die kaas en die feta. Skep lepelsvol van die spinasie in ‘n muffin pan en plaas op elke hoppie ‘n blokkie feta en ‘n blokkie chedder kaas. Jy kan biejie Italiaanse broodkrummels strooi as jy wil. Sit in ‘n vooraf verhitte oond 180°C tot die kaas begin smelt en verkleur. Kan warm of koud bedien word.

Advertisements

SPINASIE KOEKIES

Woumarie
Dit is baie lekker vir bykos of sommer saam met braaivleis.

Bestanddele
1 pak Spinasie, goed afgewas
2 eiers
2 eetlepels bruismeel
250 ml melk
sout en peper na smaak

METODE:
Kap spinasie lekker fyn. Klits eiers en melk saam.  Strooi meel oor spinasie en meng die melk oor die mengsel.  Dit sal lyk of daar te min vloeistof oor is maar moet nie nog iets bygooi nie. Skep lepel vol in vlak olie, draai vinnig om en braai totdat dit bietjie bruin is. Plaas op kombuispapier om die olie te absorbeer

Lekkerbek spinasie

Koekoes Vorster

Bestanddele
2 pakke spinasie
2 aartappels
1 ui
1 pakkie spek, gesnipper en gaar gemaak tot lekker bros
2 koppies witsous met ‘n teelepel droë mostert en paprika vir geur

Metode
Kook aartappels en ui tot amper sag.
Voeg spinasie by.
Wanneer gaar, voeg sout en peper na smaak by met ‘n stukkie botter en maak fyn.
Pak 1 lagie spinasie in oondvaste skottel.
Sit witsous bo-oor en dan die spek.
Herhaal met spinasie en witsous.
Sprinkel cheddarkaas bo-oor, strooi paprika oor en bak in die oond vir ongeveer 20 minute

Eiers florentine

Florentine verwys na geregte met spinasie in.

Gesoteerde spinasie word hier met ‘n geposjeerde eier bedien.

Geposjeerde eiers is baie gesond omdat dit werklik geen olie benodig om gaar gemaak te word nie.

2 groot, bruin sampioene
agste van ‘n medium ui, in skyfies gesny
100 g spinasie, dun blare, in growwe stukke geskeur
sout en varsgemaalde swartpeper
1 eier
10 ml witasyn

Braai eers die sampioene in jou kleefvrye pan, sprinkel met sout en peper, en hou eenkant wanneer dit gaar is.
Braai dan in dieselfde pan die ui, totdat dit sag en deurskynend lyk, voeg die spinasie by en braai tot dit verlep.
Om die eier te posjeer: Kry ‘n klein kastrol en maak dit halfvol met water, voeg die asyn daarby.
Laat dit tot kookpunt kom.
Breek die eier in ‘n klein bakkie oop.
Gebruik ‘n groot lepel om ‘n whirlpool in die water te maak, deur die lepel om en om in die rondte, in dieselfde rigting, te draai. Gooi dan versigtig die eier daarin. Gebruik die lepel om hom bymekaar te hou.
Kook vir 3 – 5 minute, afhangend van hoe jy van jou eier hou.
Plaas dan die sampioene en spinasie op crackerbread en skep die eier bo-op. Sprinkel met sout.

Lekkerste Spinasie

2 pakke spinasie

2 aartappels

1 ui

1 pakkie spek, gesnipper en gaargemaak tot lekker bros

2 koppies witsous met ‘n teelepel droë mostert en paprika vir geur

 

Kook aartappels en ui tot amper sag.

Voeg spinasie by.

Wanneer gaar, voeg sout en peper na smaak by met ‘n stukkie botter en maak fyn.

Pak 1 lagie spinasie in oondvaste skottel.

Sit witsous bo-oor en dan die spek.

Herhaal met spinasie en witsous.

Sprinkel cheddarkaas bo-oor, strooi paprika oor en bak in die oond vir ongeveer 20 minute.

Spinasietert

Kors
2 koppies (500ml) koekmeel
knypie sout
190g botter
1 eiergeel
5 eetlepels (75ml) yswater
1 teelepel (5ml) suurlemoensap
suikerboontjies

Vulsel

500g vars spinasie, wit gedeeltes verwyder, gekap
2 teelepels (10ml) botter
1 ui, gekap
1 teelepel (5ml) vars knoffel, gekap
½ pakkie (125g) spek, gekap
sout en peper na smaak
1 bakkie (250g) geroomde maaskaas
½ koppie (125ml) room
3 eiers, geklits

Stel oond op 180 ºC.

Metode
Kors:
Sif koekmeel en sout saam. Vryf botter in meel tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eiergeel, water en suurlemoensap saam en voeg by meel tot deeg vorm. Bedek deeg met kleefplastiek en verkoel 1 uur in yskas. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 4mm dik en voer geskikte tertbord daarmee uit. Bak tertkors vir 15 minute. Verwyder bakpapier en boontjies. Plaas weer in oond vir nog 5 minute.

Vulsel:
Stoom spinasie tot net gaar. Verhit botter en soteer ui en knoffel daarin tot net gaar. Voeg spek by en soteer nog 5 minute. Verwyder van hitte en voeg spinasie by. Skep vulsel in gebakte tertkors en sprinkel sout en peper bo- oor. Klits maaskaas, room en eiers bymekaar, giet oor vulsel en bak 40 minute of tot in die middel gestol en goudbruin bo-op.

Palak Pachchadi

Ingredients:
1 large bunch spinach
2 teaspoons ghee or oil
1 teaspoon black mustard seeds
l teaspoon cumin seeds
1 teaspoon ground cumin
1/2 teaspoon fenugreek seeds
1/8 teaspoon chilli powder (optional)
Salt and black pepper to taste
2 cups yogurt

Method:
Wash spinach thoroughly in several changes of water. Remove any tough stems and put the leaves into a saucepan with very little water. Cover and steam over low heat until spinach is tender. Drain and chop finely. In a small pan heat ghee or oil and fry the mustard seeds until they start to pop. Add cumin seeds, ground cumin and fenugreek seeds and continue to fry, stirring with a wooden spoon, until the fenugreek seeds are golden brown, but do not allow to burn. Remove from heat, stir in chilli powder, if used, and salt and allow to cool. Mix in the yogurt, then stir this mixture into the spinach. Serve cold or at room temperature as a side dish with rice and curry, or with one of the Indian breads.

Geroosterde wors-en-spek met pangebraaide spinasie (LCHF/Banting)

Genoeg vir 4

Bestanddele
8 varkworsies van goeie gehalte
8 repies streepspek
2 rooi uie, in agtstes gesny
15 salieblare
30 ml eendvet
250 ml verjuice of witwyn (opsioneel)
30 ml botter
150g babaspinasie
Himalaja-sout en swartpeper

Metode
1 Voorverhit die oond tot 220 ºC.
2 Draai ’n reep spek rondom elke worsie. Sit dit saam met die uie en salieblare in ’n oondroosterpan en skep die eendvet oor (veral oor die uie).
3 Rooster vir 30–40 minute op die middelste rak (draai die worsies een keer om) tot deurgaar.
4 Giet die verjuice of wyn in die pan en verhit tot die sous verdik; skraap terselfdertyd die brandsels los.
5 Verhit botter in ’n pan en souteer die spinasie daarin tot net verlep; geur goed.
6 Sit dit voor Sit die worsies voor met die sous daaroor en die spinasie as bykos.

GESONDHEIDS SLAAI

 

SLAAISOUS
125ml olyfolie                                                               
30ml sojasous
45ml suurlemoensap                                                   
30ml heuning vars gemaalde peper na smaak
SLAAI
250ml rou stampkoring, afgespoel, geweek               
250ml rou lensies in koue water vir 2 ure                                                 60ml sultanas
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny                             
2 seldery stingels, in skyfies gesny
‘n bossie sprietuie, gesny                                            
250ml pekanneute, gekap
375ml vars spinasie, fyngekap
BEREI DIE SLAAISOUS
Meng al die bestanddele  vir die slaaisous saam en plaas eenkant. Proe en pas aan indien nodig.
BEREI DIE SLAAI
Dreineer stampkoring  en plaas in n kastrol. Bedek met 750ml koue water en voeg sout by. Bring tot kookpunt en laat vir 35 minute prut of tot sag. Dreineer. Kook lensies in ‘n aparte kastrol in soutwater vir 40 minute of tot sag. Dreineer. Meng stampmielies en lensies in n groot mengbak en meng met slaaisous. Voeg oorblywende slaaibestanddele by en meng met twee vurke. Laat heeltemal afkoel. Plaas in yskas tot benodig.  Bedien teen kamertemperatuur.

EB se Oakley-special (‘n Unieke somerslaai) ~ RSG

Bestanddele
Vark steak, gaar gemaak en in klein stukkies gesny
Haloumi kaas, in bietjie olie of botter gebraai
Rou spinasie
Slaaiblare
Tamaties

Metode
Sit vark en kaas op slaai en spinasie blare en voeg tamaties by. Maak sous aan met balsamiese asyn, olyfolie, gemengde kruie en gooi swartpeper en sout by.