Probeer gerus dié gerolde steak en groente, wat in ’n episode van Die GROOT Ontbyt voorberei is.
Bestanddele
Steak
8 dun snye sirloin (sowat 100 g elk)
sout en peper
1 ui (mediumgrootte), gekap
roosmaryn (20 ml)
15 ml olyfolie
Groentevulsel
48 repies wortel (elk sowat 9 cm lank)
48 repies murgpampoentjie (elk sowat 9 cm lank)
24 repies rooi soetrissie (elk sowat 9 cm lank)
2 knoffelhuisies, fyngekap
15 ml botter
15 ml botter ekstra, vir braai
5 ml olyfolie vir braai
Mont au Beurre-sous
750 ml biefaftreksel (goeie kwaliteit)
(Meng 3 koppies bier met bees- poeier of -blokkies)
25 ml botter
Metode
Groente
Blansjeer die groente afsonderlik.
Plaas in yskoue water.
Soteer die knoffel in botter en voeg die groente by. Laat staan om af te koel.
Sous
Voeg die biefaftreksel in ’n pan en kook tot dik. Verwyder vanaf hitte en roer die botter in.
Gerolde steak
Kap die steak totdat elke sny sowat 7 cm wyd is. Geur met sout en peper.
Soteer die uie in olyfolie en hou eenkant.
Gebruik dieselfde pan en maak dit goed warm. Braai die steak slegs aan een kant (net tot bruin).
Plaas dit op die werksoppervlak (die rou kant moet na onder wys).
Deel die gebraaide uie op tussen die agt snye steak en gooi roosmaryn eweredig bo-oor elk.
Plaas die wortel, murgpampoentjie en rooi soetrissie in die middel van elke sny.
Rol die steaks op en druk ’n tandestokkie deur.
Verhit die ekstra botter en olyfolie in ’n pan. Braai die steak-rolle tot bruin aan alle kante (die rolle kan ook verder in die oond teen 200˚C gaargemaak word).
Like this:
Like Loading...