Vars Stompneus op die Kole

Jan van Niekerk

Bestanddele:
1 Stompneus per persoon
Botter
Vars kruie soos salie
Suurlemoen
Olyfolie
Growwe sout

Metode:
Skraap die vis se skubbe mooi skoon af.
Sny vis oop en verwyder die binnegoed.
Was die binnekant mooi skoon uit
Droog vis af met handdoekppier
Vul die pens met genoeg botter, vars salieblare en ‘n skyfie suurlemoen.
Smeer olyfolie en growwe sout op die vel.
Braai vis op kole wat nie te warm is nie. Hou jou vis dop.
Die vis moet gaar en sappig wees nie droog nie.
Bedien met bottergebraaide patats met komyn oorgesprinkel.

Advertisements