Sjokolade Sponskoek – Resep van Alida Adlem

2 kop meel

2 t bakpoeier

2 kop suiker

4 E botter

Melk

Knippie sout

4 E kakao

4 Eiers

2 E vanilla

Sif droë best saam. Voeg sagte botter by en vryf met vingers tot krummels. Gooi 2 eiers in n koppie en vul op met melk. Gooi oor droë bestandele. Herhaal met ander 2 eiers. Meng goed. Klits mengsel tot glad. Gooi nog melk by as jy n slapper deeg wil he.

Bak in oond van 200grade vir 20-25 min in n oondpan.

 

Stroop:

2 kop warm water

2 kop suiker

2 E koffie

2 E vanilla

Gooi alles in bak en roer tot suiker opgelos is. Gooi oor koek sodra uit oond kom.

Laat afkoel

 

Room

1 blik karamelkondensmelk

250 ml room

Klop room styf. Gooi kondensmelk by en klop weer. Gooi bietjie suurlemoensap by om soetigheid te breek. Smeer oor koek wanneer koud is

Advertisements

St. Louis Ribbetjies met Maple stroop (Esdoorn stroop) BBQ sous

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bestandele:

2 Vark ribbetjies

Sous:
1 1/2 eetlepel canola olie
1/2 ui, blokkies gesny
1/2 eetlepel fyn gemaalde vars gemmer
2 knoffelhuisies, fyngekap
1/4 teelepel rooi peper
1/8 teelepel swartpeper
1/2 koppie asyn
1/4 koppie water
3 gram tamatiepasta
1/4 koppie soya sous
2 eetlepels sesame olie
1 koppie suiwer esdoornstroop
1 1/2 eetlepel druiwe asyn
1/8 teelepel gedroogde tiemie
1/2 eetlepel sout

Rub:
1/4 koppie(soet) paprika (gebruik 1/2 pimento as jy lus is vir ‘n rokerige geur)
1/2 koppie bruinsuiker
1 eetlepel swartpeper
1 eetlepel knoffel poeier
2 teelepels komyn
2 teelepels sout
2 teelepels rooi peper
1 teelepel droë mosterd
1/2 teelepel gedroogde oregano
Meng alles en hou eenkant

Metode:
Verhit die olie oor medium hitte.
Voeg dan die ui, knoffel, gemmer, rooi peper en swartpeper by.
Kook tot die ui deursigtig is, voeg dan die asyn, water, tamatie pasta, sojasous, sesame olie en esdoornstroop by.
Klits goed om die tamatie pasta goed in te meng.
Voeg die tiemie, mosterd en 1/2 van die sout by.
Smoor vir lae hitte vir 30 minute.
Verpulp die sous met ‘n stokblender.
Gebruik dadelik of plaas in ‘n lugdigte houer.

Smeer die ribbe met die rub en laat in die yskas vir 5-6 uur om te marineer.
Verhit die oond tot 106C of 225 en plaas die ribbe in die middel van die oond.
Bak vir 3 1/2 tot 4 uur, draai ʼn paar keer om te seker te maak dat dit alkante mooi gaar word.
Wanneer dit ribbe gaar is, stel die oond op gril.
Smeer die ribbes aan weerskante met die sous en braai tot die sous borrel, ongeveer 4-5 minute.

Bron: Sous deur: Vermont Maple Sugar Maker Association ,  www.ouichefnetwork.com

Lemonade ( Suurlemoen Stroop)

Rasper 4 suurlemoene se skil op fynkant van rasper en gooi in ‘n kastrol saam met
4 k suurlemoensap
¼ t sout
4 k suiker

METODE:
Roer oor matige hitte met houtlepel tot suiker gesmelt is.
Moenie kook nie.
Koel af en gooi in bottels en bêre in yskas.
Gebruik 1 deel stroop met 6 dele yskoue water of sodawater.
Bedien in glase met ysblokkies.

Bron:Radio Namakwaland

STROOPKOEKIES.

Baie dankie vir die resep Sarie du Randt
375ml melk.
60g botter.
180g meelblom.
Knippie sout.
4 eiers.

Kook botter en melk en roer meelblom en sout vinnig in om ‘n stywe deeg te vorm. Laat afkoel en klits eiers een vir een goed by. Bak teelepels vol in diep olie en druk dadelik in koue stroop. Dreineer.

STROOP Los 1k suiker in 1k water en 3ml kremetart op. Kook 5 min lank en laat yskoud word.  (Amper soos ‘n koeksister net baie minder werk!)

KOFFIEKOEKIES MET GOUESTROOP

 

 

375 g botter                                                                       
1 k suiker
kwart koppie sterk kitskoffie                                     
3 e gouestroop
12,5 ml koeksoda                                                            
80 ml melk
5 k meelblom
Room botter en suiker.  Roer koffie en gouestroop by.  Meng die koeksoda met die melk en voeg by.  Voeg die gesifte meelblom by.  Meng tot stywe deeg.  Druk deur koekiemaker en plaas op liggies gesmeerde bakplaat.  Bak 10 – 15 min by 180ºC. 

Lemoenstroopkoek

Bestanddele
3 eiers
250ml suiker
375ml koekmeelblom
8ml bakpoeier
1ml sout
200ml melk
37,5ml kookolie

Stroop
375ml suiker
250ml water
250ml vars lemoensap
37,5ml gerasperde lemoenskil

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Klits die eiers en suiker goed saam. Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by. Verhit die melk en olie tot redelik warm en voeg by die eiermengsel. Meng alles goed en skep uit in ‘n gesmeerde bakskottel. Bak 20 – 25 minute. Kook al die stroop bestanddele saam en giet die kokende stroop oor die koek sodra dit uit die oond kom. Sit voor met roomys.

Pampoenpoffertjies in stroop

Bestanddele
500ml fyngemaakte pampoen
250ml bruismeel
10ml bakpoeier
2ml sout
kookolie
15ml botter
325ml suiker
200ml melk
40ml mielieblom
175ml koue water
kaneel

Metode
Meng pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout en eier deeglik. Skep teelepels in warm kookolie. Braai tot goudbruin en gaar. Dreineer op bruinpapier en skep op opdienskottel. Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt. Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by melkmengel. Verhit tot kookpunt en skep oor koekies. Dien warm op.