3 BESTANDELE KOEK

Lynette Muller

Bestanddele
6 Eiers
1 Koppie suiker of strooisuiker
1 Koppie bruismeel

Metode
Skei die eiergele en witte
Gooi helfte van suiker by eiergeel en klits goed
Klop eierwit tot amper styf
Gooi ander helfte suiker by die wit en klop goed.
Meng nou die geel en wit
Voeg meel bietjie vir bietjie by terwyl jy meng
DIE GROOT GEHEIM BY DIE KOEK IS – KLITS TOT “FLUFFY” BESLAG
Meng gerasperde skil van een lemoen by
Gooi mengsel in koekpan en bak by 180 C vir ½ uur

Advertisements

LEMOENKOEKIES MET STROOISUIKER

 

250 g margarien
125 ml strooisuiker
1 eier
2 t gerasperde lemoenskil
3 k meelblom
Room margarien en suiker.  Voeg die eier en lemoenskil by.  Meng goed.  Voeg die meel bietjie-bietjie by en meng deeglik.  Knie goed deur.  Druk deeg deur ‘n koekiemaker en plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat.  Bak 20 min by 180ºC.