Tuna tert (met of sonder skyfies [chips ])

Ek het die resep Saterdag middag gemaak met meel.
Gluten vry, suiwel vry. Maklik en vinnig.
Sit voor saam met slaai en/of repies Advokadopeer.

Kan net so bedien word as n sout tert.

Bestanddele
1 x 250g pakkie gevriesde uie – gebraai
(of vars uie)
2 Blikke tuna in water, gevlok en gedreineer
200ml Mayonaise (of minder indien verkies)
100ml Chutney
Sout en peper na smaak
Knippie rooi peper
Vars gebraaide of blikkie sampioene – opsioneel
1 x 150gram pak kaas en uie chips OF
125ml koekmeel**
200gram gerasperde kaas
500ml melk
4 Eiers

Metode

Meng alles goed. Bak in gesmeerde bak. 200C tot effens gaar. Toets met n Toetspen of skerpunt mes.

Wenke
**Ek het Gluten vrye bruismeel gebruik. Die gluten vrye koekmeel het vir my nasmaak.
***Ek het die “kook” Orley Whip gebruik in plaas van melk.
****Ek het hom voorheen met gewone meel gemaak sonder om bakpoeier by te sit.

Advertisements

Gemmer koekies (Gluten vrye, suiwel vrye weergawe onder aan)

Hierdie is my buurvrou Bets se resep.

Die koekies is nog effe sag in die middel.  Heerlik.

6k Meel

1k Bak Margerien of botter (227gram)

2k Suiker

2E Gemmer

2 Eiers

1k Stroop

3t Koeksoda

1/4t Sout

Klits botter en eiers saam, voeg die suiker by.

Meng stroop gemmer koeksoda aangemaak met 2 e melk.

Meng al die bestandele saam.

Maak okkerneut groote balletjies, druk effens plat en bak by 180C tot gaar.

Bak eerder te kort as te lank. Anders is die koekies hard en droog.

Laat die koekies op die bakplaat afkoel.

 

 

Gluten Vrye gemmer koekies.

Ek halveer die resep anders is dit eenvoudig te veel koekies vir een persoon en die Gluten vrye meel is baie duur.

Ek gebruik Gluten Vrye bruismeel.

Laat die Koeksoda uit.

Onthou Gluten Vrye gebak se mengsel is gewoonlik baie droog.

Voeg maar bietjie vir bietjie water by tot die deeg effe begin klou.

 

Suiwel vry

Vir die suiwel vrye weergawe gebruik Gordon Bleu Margerien.