BRANDEWYN & COKE T-BONE STEAKS

http://flippenlekkaspices.co.za/retailer-store-locator/

Besstandele
Twee koppies Coke
Halwe koppie brandewyn
Eetlepel Mrs Ball’s-blatjang
Twee eetlepels sojasous
Twee eetlepels goeie asyn
Flippen Lekka Spice na smaak
Goeie gehalte T-Bone Steaks.

Metode
Voeg die Coke en die brandewyn in ‘n pan. Voeg die blatjang by. Kook totdat die hele storie ‘n dunnerige stroop maak. Roer dan die sojasous en asyn by, en kook vir nog vyf minute. Koel af. Bedek die vleis met die sous en los vir 30 minute. Braai nou die steaks op warm kole soos jy of jou gaste hulle wil h . BedruipĂȘ gereeld met die marinade. Geur na smaak met Flippen Lekka Spice. Dieselfde marinade kan ook op skaap- en varktjops gebruik word

Advertisements

T-BEEN MET ROMERIGE BEDRUIPSOUS:

Bestanddele
1 T-beenskyf, 25 mm dik
5 ml sout
1 ml varsgemaalde swartpeper.
Bedruipmengsel:
100 ml aangesuurde room
10 ml suurlemoensap;
1 ml sout
10 ml vars of 5 ml gedroogde dragon
5 ml gerasperde suurlemoenskil.

Metode
Voorverhit oondrooster minstens 10 minute voor die vleis gerooster word. Meng bestanddele vir bedruipsous en hou eenkant. Sny vetkante van die skywe af om te voorkom dat die vleis omkrul en rooster sowat 200 mm onder die element soos volg: Liggaar: Rooster vir 7 minute en bedruip dikwels met mengsel. Draai vleis om en rooster vir nog 7 minute terwyl vleis dikwels bedruip word. Mediumgaar: Dieselfde as vir liggaar, maar rooster 10 minute per kant. Geur skywe met sout en peper. Sit dadelik voor met tamaties gevul met bros, gebotterde groente.