Teekoek met lemoensous

Marietha Kriel

Bestanddele
3 eiers
1 koppie suiker
¾ koppie melk (kook)
3 eetlepel botter/margarien
1½ koppie koekmeel
1½ teelepel bakpoeier
Knippie sout

Metode
Klits eiers tot room. Voeg suiker by en klits. Sif meel, bakpoeier, sout en laaste kookmelk en botter saam. Bak vir ± 30min. by 200ºC. Haal uit en prik met vurk. Gooi kokende stroop oor.

Bestanddele Stroop
1 koppie suiker
1½ koppie lemoensap
2 eetlepel botter

Metode Stroop
Kook 5min. Voeg 1 teelepel lemoenskil by. Kan saam met styfgeklopte room bedien word.

Advertisements

Rooibostee Vrugteboordjie

Bestanddele
2 k Sterk Warm Rooibostee
500 g Bruismeel
500 g Droë vrugte Koekmengsel
1 k Bruinsuiker
1 Eier
½ t Gemengde Speserye

Metode
Los bruinsuiker in tee op. Week vrugte oornag in rooibostee. Klits eier goed en meng met vrugtemengsel. Voeg ander bestanddele by en meng goed. verdeel mengsel in 2 pannetjies. Bak teen 180ºC vir 1 uur.

Wenk
Ek dink nie dat ‘n klein bietjie brandewyn wat oor die broodjies gesprinkel word skade sal aanrig nie.