HEUNING-TEEKOEK

Rika Theron

Bestanddele
1 k meel
3 gelykvol teelepels bakpoeier
sout
3 gelykvol eetlepels suiker
1 eier
1/4 k water
1/2 k Idealmelk
3 gelykvol eetlepels botter.

Metode
Smelt botter, voeg eier, water, suiker en Idealmelk by. Klits baie goed. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by bottermengsel. Klop vir 2 minute. Plaas deeg in vierkantige gesmeerde bak. Bak 20 minute (180°C).

SOUS:
3 e heuning of gouestroop,
3 e botter.

Metode
Smelt botter, voeg heuning of stroop by. Sodra koek gaar is, prik hele koek bo met vurk. Gooi sous oor, bedien warm of koud met geklopte room.

Advertisements