Hoender Tertjies (Koekoes)

Geur hoender met
Naeltjies
Sout
Peper
Hoender speserye
Tiemie
Stock poeier

Kook hoeder gaar en ontbeen.
Die hoeveelheid hoenders hang af van die hoeveelheid tertjies wat jy gaan bak.
As dit net vir jou gesin of n kuier is dan is een hoender voldoende.
Die rou tertjies kan gevries word en word dan gebak direk uit die vrieskas uit.
Maak die water/sous van die hoender dik met 1 pakkie soppoeier en maizena.
Meng met fyn hoender.
Vul blaardeeg sirkels met hoender en vou toe.

Bak 200C tot gaar.

Blaardeeg resep http://www.liplekker.co.za/2017/02/die-wen-melktert-met-die-heerlikste-skilferkors-deeg.html/

Advertisements

KONFYTTERTJIES

Bestanddele
190 ml. ( 3/4 kop.) suiker.
125 ml. ( 1/2 kop.) margarien.
2 eiers.
500 ml. ( 2 kop.) meelblom.
10 ml. ( 2 tl.) bakpoeier.
vanielje.

Metode
Stel die oond op 180 Grade C. Room die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by en klits goed todat mengsel liggeel en skuimerig is. Voeg die meelblom, bakpoeier en ‘n paar druppels vanielje by. Rol deeg in klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat -ongeveer 5 cm.uit mekaar. Maak ‘n klein holte in die middel van die deeg en drup ‘n klein bietjie konfyt daarin. Bak in ‘n matige oond tot ligbruin.

SPEKVLEISKOEKIES

1 k koekmeel
2 groot eiers
7 ml bakpoeier                                           
180 ml melk
1 ml sout                                                       
1 k grofgerasperde Cheddarkaas
250 g spekvleis, gesnipper                    
250 ml (230 g) margarien      
Bespuit kolwyntjiepannetjies met kleefwerende kossproei. (Klein holtetjies).
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf smeer daarin totdat die mengsel fyn krummels is.  Klits eier en melk saam en maak die meelmengsel daarmee aan.  Voeg die kaas en spekvleis by en meng goed.
Skep ‘n ronde teelepel mengsel in elke kolwyntjiepanholte. Bak dit sowat 20 minute tot gaar, by 190ºC.

 

SPEKVLEIS TERTJIES

NB:  Doppies kan vooraf gemaak word en in ‘n lugdigte houer bewaar word.
1 k koekmeel                                               
1 ml sout
115 g botter                                                  
125g (125 ml) roomkaas
 
Vulsel:
100 g spekvleis, gekap                             
1 eiergeel
2 eiers                                                             
1 ml sout
1 ml swartpeper                                         
10 ml suurlemoensap
5 ml suurlemoenskil gerasper  
75 ml suurroom*                
15 ml pietersielie, gekap
*Berei suurroom self deur 15 – 30 ml asyn of suurlemoensap by vars room te voeg.
 
Metode: 
Kors:
Sif meel en sout saam. Sny botter met mes by droë bestanddele in.  Voeg roomkaas by en meng tot stywe deeg.  Draai deeg in kleefplastiek toe en plaas 30 min lank in yskas.  Rol die deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak en voer kolwyntjiepanne daarmee uit.  Prik kort van tertjies en bak 10 – 12 min by 200ºC.  Laat afkoel.
Vulsel:
Braai spekvleis tot bros en bruin.  Voeg res van bestanddele by en meng goed.  Skep van die vulsel in elke doppie.  Bak  tertjies ongeveer 25 min by 160ºC.

 

MAKLIKE HANDTERTJIES

500 g bruismeel                                                               
2 ml sout
250 g botter, by kamertemperatuur                       
250 ml room
200 ml fyn appelkooskonfyt                                       
30 ml koekmeelblom
1 eier                                                                                    
25 ml melk
Sif bruismeel en sout saam.  Vryf die botter in, voeg die room by en maak aan tot deeg.
Vermeng die appelkooskonfyt en koekmeel goed.  Klits die eier en melk saam.  Rol bietjies-bietjies van die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.  Druk sirkels, 80 mm in deursnee, met koekiedrukker af.  Maak die rand van elke sirkel klam met bietjie water.  Skep ‘n klontjie van die konfytmengsel in die middel van elke deegsirkel.  Vou die deeg toe in ‘n halfmaantjie en verseel die rand.  Plaas deeghalfmaantjies op ‘n gesmeerde bakplaat en bestryk dit met die eiermengsel.  Bak dit 10 min op middelste oondrak by 200ºC.  Laat die tertjies effens afkoel op die bakplaat voordat dit op ‘n afkoelrak geplaas word om heeltemal af te koel.

Soutvleis Tertjies

Baie dankie Retha

Die resep lewer 12 tertjies en die soutbeesvleis kan deur tuna vervang word. ‘n Mens kan ook gesmoorde uiesnippers by die vulsel voeg.

Vulsel:
3 eiers
30 ml mayonnaise
1 ml mosterdpoeier
1 blik ( 300 g) soutbeesvleis

BESLAG:
125 ml melk
75 ml sonneblomolie
1 eier
125 g ( 3/4 koppie + 3 eetl)
10 ml bakpoeier
1 ml sout

Verhit die oond tot 200 grade C en smeer 12 holtes van groot muffinpan. Kook twee van die eiers tot hard, dop af en rasper dit grof. Klits die oorblywende eier saam met die mayo en mosterd. Maak soutbeesvleis fyn en roer die gerasperde eiers en mayo mengsel by. Sit die vulsel opsy en maak die beslag aan. Klits die melk, olie en eier saam. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die meelmengsel by die melkmengsel en klop dit tot goed gemeng. Skep die beslag eweredig in die gesmeerde muffinpanne. Skep dessertlepel vol vulsel in die middel van elke porsie beslag. Bak die tertjies sowat 20 minute lank tot goudbruin. Laat die tertjies effens in die pan afkoel. Haal dit versigtig uit met slaplemmes en sit dit warm voor.