Tropiese Piesangbrood

Rohanja

Bestanddele
250ml rosyne
425g pynappelstukkies, sonder sap
45ml lemoensap
125g botter
125ml bruinsuiker
1 eier, geklits
500ml fyngedrukte piesangs
500ml bruismeel
2ml sout
5ml gemengde speserye

Metodee
Voorverhit die oond tot 180C. Meng die rosyne, pynappel en lemoensap in afsonderlike bak. Klits die botter en suiker saam tot liggeel en donserig. Voeg dan die eier en fyn gemaakte piesang by. Sif die meel, sout en gemengde speserye. Voeg die piesang mengsel by en meng dan die geweekte rosyne en pynappel by. Plaas in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak vir 1uur 15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel.

Advertisements

TROPIESE AARTAPPELS

Bestanddele
500g ekstra klein aartappels
30ml gesmelte botter
1 klein blik pynappelstukke
30ml bruin suiker

Metode
Stel die oond op 200C. Kook die aartappels liggies in gesoute water. Verwyder die skille en plaas aartappels in ‘n vlak vuurvaste oondskottel. Dreineer die pynappelstukke, en hou die stroop. Plaas die pynappelstukke saam met die aartappels in die oondskottel. Meng die pynappelstroop, gesmelte botter en bruin suiker in ‘n klein kastrol en kook dit vir 2-3 minute. Gooi die mengsel oor die aartappel en pynappelstukke. Bak in vooraf verhitte oond vir 15 minute of verbruin dit onder die rooster.

TROPIESE AARTAPPELS

Met Vergunning Anna Eksteen

Bestanddele 
500g ekstra klein aartappels
30ml gesmelte botter
1 klein blik pynappelstukke
30ml bruin suiker

Metode
Stel die oond op 200C. Kook die aartappels liggies in gesoute water. Verwyder die skille en plaas aartappels in ‘n vlak vuurvaste oondskottel.. Dreineer die pynappel stukke – hou die stroop en plaas die pynappelstukke saam met die aartappels in die oondskottel. Meng die pynappelóôroop, gesmelte botter en bruin suiker in ‘n klein kastrol en kook dit vir 2-3 minute. Gooi die mengsel oor die aartappel en pynappel stukke. Bak in vooraf verhitte oond vir 15 minute of verbruin dit onder die rooster.

Tropiese aartappelslaai

 

Bestanddele
5 groot, ongeskilde aartappels, in water met ‘n knippie sout gekook
100ml fyn pynappel                                                                       
75ml mayonnaise
15ml kondensmelk
Metode
Laat die aartappels afkoel. Trek die skille af en sny in klein blokkies – plaas in ‘n slaaibak. Meng die res van die bestanddele en skep oor die aartappelblokkies – meng liggies.