Turkish Delights

Rohanja

Bestanddele
500 ml. Water
5 ml. kremetart
80 ml. Gelatine
10 ml. lemon essence
25 ml. Gouestroop
10 ml. vanilla essence
rooi kleursel
25 ml. meel
25 ml. Versier suiker
50 ml. wit suiker

Metode
Verhit die water, suiker gelatien, stroop en kremetart tot kook punt. Kook 5 min. en roer vinnig. Oppas vir oorkook. Haal van stoof en roer by lemon en vanilla essence. Gooi helfte in pan en kleur res rooi en gooi dan in ander pan. Laat stol en sny. Rol in versier suiker en meel.

Advertisements
 

Turkish Delight

Kook en Geniet – 1976

Bestanddele
2 k Suiker
2 e Mielieblom
1¼ k Water
1 e Gelatien
2 e Suurlemoensap
Versiersuiker

Metode
Week gelatien in ¼ k koue water. Meng suiker en mielieblom en voeg 1 k water by. Roer oor stadige hitte tot suiker opgelos is. Laat 5 minute lank kook. Voeg suurlemoensap by. Verwyder van hitte en voeg gelatien by. Roer mengsel tot gelatien opgelos is. Gooi in bak wat gesmeer is met botter. Laat afkoel en sny in stukke. Rol elke stuk in versiersuiker

Wenk
Net voor die mengsel in die bak gegooi word kan kleursel, ‘n druppeltjie ligte rooi, bygevoeg word.