ROOI SLAPHAKSKEENTJIES:

Anna Eksteen

Bestanddele

Bestanddele
1.5kg dwerguitjies
150g gebleikte sultanas
125g wit suiker
250ml wit asyn
200ml water
125ml tamatiepasta
50ml sonneblomolie
2 ml sout
knippie rissiepeper

Metode
Skil die uitjies. Voeg die res van die bestanddele by en kook dit, aan die begin met die deksel op, maar later daarsonder, oor matige hitte totdat die uitjies sag en die sous dik is. Bottel die uitjies warm en verseël dit dadelik.

Advertisements
 

Kaas – En – Uiebrood

500 G. Bruismeel.
1 Pakkie Dik Wit Uiesoppoeier.
5 Ml. ( 1 Tl.) Sout.
5 Ml. ( 1 Tl.) Bakpoeier.
150 G. Gerasperde Cheddarkaas.
1 Ekstra Groot Eier.
500 Ml. ( 2 Kop.) Karringmelk.
Voorverhit Oond Tot 180 Grade C En Smeer ‘N Broodpan Van 1,5 Liter Met
Botter Of Bespuit Met Kleefwerende Kossproei. Sif Die Meel, Uiesop Poeier,
Sout En Bakpoeier Saam. Voeg 100 G. Van Die Kaas By En Meng Goed.
Klits Die Karringmelk En Eier Goed Saam En Voeg By Die Droë
Bestanddele. Roer Goed. Skep In Voorbereide Pan En Versprei Eweredig.
Sprinkel Die Orige Kaas Oor En Bak 1 Uur Lank Tot Gaar Of Todat ‘N
Toetspen Skoon Uit Die Middel Van Die Broodjie Kom. Sit Voor Met Kaas En
Konfyt.

 

VLEISKOEKIES OP UIE

Ingestuur deur Sarie du Randt

Bestanddele
2 Groot uie in skywe gesny
2e Storkbake, gesmelt
½ t sout
Peper
1-2 e gekapte pietersielie
1 eier, geklits
5oog beesmaalvleis
1t sout en ½ t peper
1k vars broodkrummels
6 repies spekvleis

Metode
Voorverhit oond tot 180gr
Smeer ‘n vlak oondbak met ‘n deksel, rangskik die uie daarin en skep die gesmelte margarine daaroor.
Geur met sout en peper, bedek en bak 3o minute of tot sag, haal uit oond en verhoog hitte tot 200gr.
Voeg die pietersielie asook al die ander bestanddele behalwe die spekvleis, by die maalvleis.
Meng goed saam.
Vorm 6 plat koekies en vou ‘n repie spek om elkeen.
Plaas vleiskoekies op die laag gesmoorde uie en bak (sonder die deksel) 10 minute aan elke kant.
Bedruip 2x met pansappe.

 

MAKLIKE UIESLAAI:

Ingestuur deur Lynette

Bestanddele
500-750g skoongemaakte uitjies.
100ml kondensmelk
5ml mosterdpoeier.
100ml tamatiesous
100ml witasyn

Metode
Kook die uitjies in soutwater tot sag en dreineer. Laat koud word. Meng kondensmelk en mosterdpoeier. Klop tamatiesous en asyn by en meng goed. Plaas uitjies in ‘n slaaibak en gooi die sous bo-oor.
Lewer 4-6 porsies

 

Maklike uieslaai

Met vergunnung www.funkymunky.co.za

 
500-750g skoongemaakte uitjies
100ml kondensmelk
5ml mosterdpoeier
100ml tamatiesous
100ml witasyn
  •    Kook die uitjies in soutwater tot sag en dreineer. Laat koud word.
  •   Meng kondensmelk en mosterdpoeier. Klop tamatiesous en asyn by en meng goed.
  •   Plaas uitjies in ‘n slaai bak en gooi die sous bo-oor.
  • Lewer 4-6 porsies

 

 

KERRIE-UIE

Heerlike bykos by braaivleis
Maak ten minste 3 weke vooraf, bottel en plaas op rak – nie in yskas!

Bestanddele
1,5 kg uie, geskil en in ringe gesny
500 g fyn appelkooskonfyt                     
100 ml druiwe-asyn
7 ml matige kerriepoeier                       
7 ml sout
7 ml borrie                                                   
125 ml suiker

Metode
Vermeng alles deeglik en laat ongeveer 2 ure lank staan voordat dit gebottel word.  Laat minstens 3 weke lank by kamertemperatuur verouder voor dit gebruik word.