VARKVLEIS SOSATIES

Anna Eksteen

Bestanddele
4 varkschnitzels of varkboud in blokkies gesny             
250g droë appelkose
440g pynappelstukkies
2 lemoene se sap
30ml vrugte blatjang
15ml heel korrelmosterd
10ml heuning                                                                
15ml vars of 10ml droë roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Ryg die varkblokkies afwisselend met die droë appelkose en pynappelstukkies op die sosatiestokkies. Meng die res van die bestanddele, buiten die sout en peper. Giet in ‘n bak en marineer die sosaties daarin. Geur die sosaties met sout en peper net voor dit gebraai word. Braai oor matige kole tot net gaar en bedruip gereeld met orige marinade. ( Hoe langer die sosaties marineer – hoe lekkerder is dit.)

Advertisements
 

KEBABS MET PEPPADEWS

Anna Eksteen

Bestanddele
350g varkvleisblokkies(uit boud gesny), 25mm dik         
1 medium soetrissie, ontpit, in 25mm blokkies gesny
200g ingemaakte peppadews in stroop (sowat 18)          
6 piekeluie, geskil en gehalveer

BEDRUIPSOUS
80ml stroop van ingemaakte peppadews                        
10ml heuning
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak                  
15ml ligte bruinsuiker

Metode
Ryg die varkvleis om die beurt met soetrissie, uie en peppadews op die penne. Meng al die bestanddele vir die bedruipsous. Braai kebabs 15-20 minute oor matige kole, keer gereeld om en bedruip met sous tot gaar.