VEGETARIESE EIERVRUGPOTJIE

Anna Eksteen

Bestanddele
500ml botter of suikerbone, oornag geweek
5 medium aartappels
1 klein botterskorsie
2 groot eiervrugte
4 witwortels
5 groot geelwortels
125ml olyfolie
2uie, gekap
5ml sout
varsgemaalde swartpeper
10ml droë tiemie
10ml droë roosmaryn
4 heel knoffelhuisies
250ml groente aftreksel of appelkoossap
5ml rissiesous

Metode
Kook die boontjies omtrent ‘n uur lank tot dit net sag is, dreineer en hou eenkant. Was die aartappels, botterskorsie, eiervrugte, witwortels en geelwortels: dit is nie nodig om enige van hierdie groentes te skil nie. Sny dit in happiegroottes. Verhit die gietysterpot oor die kole, gooi die olyfolie daarin en soteer die uie tot deurskynend .Pak die groente in lae bo-op die uie. Sorg dat die groente wat die langste neem om gaar te word onder in die pot is. Wissel elke laag af met ‘n laag van die boontjiemengsel en strooi ‘n bietjie sout, peper, tiemie en roosmaryn oor. Druk die knoffelhuisies tussen-in. Giet verhitte aftreksel of appelkoossap oor die laaste laag. Giet die rissiesous in die middel van die groente deur ‘n opening in die middel daarvan te maak met ‘n lang mes of lepel. Bedek die pot met ‘n stuk foelie, verseël dit goed om die rand en sit die deksel op. Prut 1½-2 uur oor baie lae hitte. Lewer 6 porsies.

Wenk
Hierdie resep hoef nie net in ‘n potjie gemaak word nie maar kan ook in ‘n gewone pot op die stoof gemaak word.

Advertisements

Canneloni met groente

Woumarie
Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

Bestanddele
1 kg gemengde winter-groente
3 ryp tamaties, grofgekap
olyfolie
3 knoffelhuisies, geskil en gekap
3 selderystokkies, gekap
5 ml droë basilie
2 ml droë tiemie
50 ml botter
1-2 rooi-uie, middeldeur en dan dun opgesny
1 boks cannelloni-buisies
80 ml gerasperde cheddar
30 ml parmesaan
roket vir garnering

KAASSOUS
110 ml (100 g) botter
125 ml koekmeel
1 liter melk
100-200 ml gekrummelde bloukaas

METODE
Skil en sny die groente in klein blokkies of stukkies op – ons het pampoen, wortels, witwortels, patat, blomkool en eiervrug, gesout en
afgespoel, gebruik, maar jy kan enige groente van die seisoen gebruik. sit die groentestukkies saam met die tamaties in ’n oondpan.
Gooi lekker baie olyfolie oor. Voeg dan die knoffel, seldery en kruie by en meng goed deur. Bedek met foelie en rooster vir 20 minute in die verhitte oond. Haal die foelie af, roer deur en rooster sonder die foelie vir nog 20 minute of tot die groente karamelliseer en effens geskroei raak.Terwyl die groente in die oond is, kan jy die botter in ’n kastrol verhit. Voeg die rooi-ui by en soteer tot sag.

KAASSOUS
Verhit die botter in ’n kastrol. Voeg die meel by en roer vir ’n minuut tot glad. Haal van die plaat af. Voeg die melk bietjies-bietjies op ’n slag by en roer die heeltyd. Sit terug op die plaat en roer tot verdik. Roer die bloukaas by. Haal van die plaat af en geur na smaak.

Sit alles Bymekaar
Haal die groente uit die oond sodra dit sag is. Voeg omtrent 100-150 ml van die bereide kaassous by. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Skep die groentemengsel in die cannelloni-buisies en pak dit in ’n gesmeerde oondbak sodat hulle netjies langs mekaar lê.
Smeer die gekaramelliseerde uie oor die buisies. Gooi die res van die sous bo-oor om dit oraloor te bedek. Strooi die cheddar en parmesaan oor. Bak in die verhitte oond vir 40 minute of tot die cannelloni sag is. Garneer met roket en sit voor.

VEGETARIES LASAGNE

Woumarie

Bestanddele
lasagne-velle
500g geroomde spinasie
1 botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
250g ricotta
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
sout, opsioneel

METODE
Kook lasganevelle tot gaar en hou eenkant. Braai uie en knoffel, voeg botterskorsie by, sit deksel op en laat dit gaar stoom. Maak botterskorsie en ui fyn (jy moet dit kan “smeer”) Pak die helfte van die spinasie onder in ‘n oondvaste glasbak, dan ‘n laag ricotta, dan die helfte van die botterskorsie en dan ‘n laag pasta. Herhaal die proses. Strooi die Cheddar heel bo-op. Bak teen 180 grade vir 20 minute.

Groentebredie

Emma de Klerk

Bestanddele en Metode
Braai 1 gekapte ui in bietjie olie tot deurskynend. Voeg by 3 gekneusde knoffelhuisies, 5ml elk gemaalde gemmer, borrie en gemaalde kaneel en bietjie gedroogde peri-peri.

Voeg by 1 x 400 g blik elk tamaties en kekerertjies (gedreineer), 125ml sultanas en 250ml water.

Bring tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 20 minute. Voeg by 400g blokkies botterskorsie, 4 groot murgpampoentjies (in skyfies gesny) en 2 wortels (in skyfies gesny); kook ’n verdere 20 minute tot groente sag is. Geur met sout en peper en bedien met koeskoes.

Koeskoes: Plaas 250ml koeskoes in ’n groot bak en bedek met 250ml kookwater; laat staan vir 5 minute tot water geabsorbeer is. Maak koeskoes met ’n vurk los en roer 25ml sagte botter en 60ml vars gekapte pietersielie by. Geur na smaak.

Parmesan Crisps

Bestanddele
1/2 koppie Parmesan kaas
1/4 teelepel freshly ground black pepper
Voorverhit oond 200 grade

Metode
Lyn ‘n groot bakplaat met perkamentpapier. Skep lepels vol kaas by,  2 cm uitmekaar op voorbereide bakplaat. Sprei elke CRISP na ‘n 2 duim deursnee. Sprinkel CRISP met pepper. Bak vir 6 tot 8 minute by 200 ° of tot CRISP en goud. Koel heeltemal af op bakplaat. Verwyder uit bakplaat met ‘n dun spatel.