MAALVLEISVULSEL

Rika Theron
Lekker vulsel vir Jaffels of Vetkoeke

Bestanddele
500 g maalvleis,
15 ml olie,
2 uie, opgekap,
2 huisies knoffel, fyngemaak,
410 g blik ingemaakte tamaties, opgekap,
sout & peper,
15 ml tamatiepasta,
1 beesvleisblokkie,
3 ml orego
2 ml basiliekruid.

Metode
Braai maalvleis sonder olie gaar.  Geur.  Skep uit pan.  Voeg olie by pansappe en verhit.  Braai ui en knoffel liggies.  Voeg res van bestanddele by en roer tot mengsel dik is.  Skep vleis terug.  Proe en geur.  Prut tot mengsel amper droog is.  Laat koud word en gebruik.

Advertisements

Vetkoek

Sarie resep: Barbara Joubert

Jy benodig

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 15 ml botter
  • 250 ml melk
  • sowat 500 ml sonneblomolie

Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg melk by en meng goed. Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of dit gereed is. As die deeg mooi stadig bruin braai, is olie reg.Onthou om die temperatuur laer te draai wanneer die vetkoek begin verbruin. Dit braai sowat 10 minute om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met botter en gouestroop.

Vetkoek gemaak met pap

My eie vetkoek wat hele paar dae hou, maar kry gewoonlik nie veel kans!

Indien nie brood die oggend of as uitkamp. Baie lekker, en sag.

Bestanddele en Metode
Maak pot slap mieliepap.
Ongeveer 2 koppies slap pap reeds sout in, 1 eetlepel botter
2-3 koppies meel voeg by in bak.
3 teelepels bakpoeier roer by, met halwe teelepel sout.
Klop 2 eiers en roer alles goed deur.
Kan gerasperde kaas byvoeg as wil.

Skep lepels vol in warm olie en bak mooi goudbruin. Baie lekker. Deeg moet nie slap wees maar ook nie stok stywe deeg nie.

Resep: Lynette Muller

Vinnige Gluten Vrye vetkoekies (suiwel opsie ook)

Resep: Koekoes

Bestanddele
2K Gluten vrye Bruismeel
Knippie sout
2 Eiers, geklits
15ml Canola olie
**Ongeveer 2 koppies melk —
Vir n suiwel vrye opsie gebruik en Amandel melk (Almond milk)

Metode
Meng al die meel, sout, olie met 1 koppie melk.
Voeg nou die res van die melk bietjies bietjies by om seker te maak jou mengsel is nie te loperig nie.
Dit moet dun genoeg of met moeite van n eetlepel af te drup.
Bak in vlak olie, tot bruin aan die eenkant, draai om bak tot gaar.
Dreineer goed.

**Die vloeistof werk nie altyd presies uit met die gluten vrye gebak nie.
** As die mengsel te slap is gaan jy op eindig met vetkoek plaatkoekies

Wenke
Ek het gevind dat die verskillende handelsname se meel nie presies dieselfde reageer met presies dieselfde vloeistof nie.
En as jy al n paar keer gluten vrye gebak probeer het, sal jy weet dat dit baie goed wurg droog kan wees.
Ek moet sê ek weet nie hoeveel melk presies sal nodig wees indien jy vars melk gebruik nie.
Ek het 15 jaar vars melk in enige vorm gebruik. (hewig allergies)
Maar dit is nie naaste wat ek nog n behoorlike vetkoek gekom het vandat en net gluten vry bak.

Vetkoek, maklik en vinnig.

WENK OM VETKOEK TE BAK MET GEKOOPTE DEEG

Koop die deeg vroeg genoeg en los sommer in die sakkie om te rys. Ek los dit sommer so op die kombuis kas en sit vadoeke of klein kombersie bo-op. As die sakkie styf span van die deeg is dit reg om te gebruik.Gooi klein bietjie olie op die kas  uit en gooi die deeg uit die sakkie op die olie. Draai deeg om dat altwee kante vol olie is. Druk liggies platter. Ek sny dit dan (ons eet sommer vierkantige vetkoeke). 

Ek gebruik sommer die deeg se sakkie en skeur 2 kante oop dat hy plat is en sit dit oor die deeg dat dit nie uitdroog nie. Maak jou olie warm (medium hitte) as ‘n stukkie deeg begin borrels maak in die olie is dit reg. Genoeg olie dat die vetkoek dryf en nie op die bodem lê nie.

Draai af en toe om tot dit is soos jy dit wil hê. As ek met die agterkant van n lepel of vurk in vetkoek druk en die vurk of lepel kom skoon uit  behoort hy reg te wees. Braai eerder bietjie langer op laer hitte dat hy deurgaar word as wat hy buite te donker word voor hy binne gaar is.

 

Vinnige vetkoek

375 ml koekmeel

■ 10 ml bakpoeier

■ 15 ml suiker

■ 2 ml sout

■ 2 eiers

■ 180 ml melk

■ Olie, vir braai

Meng die meel, bakpoeier, suiker en sout in ’n bak. Klits die eiers en melk saam en voeg by die droë bestanddele. Klits tot ’n dik, gladde beslag vorm (voeg ’n paar druppels melk by as die beslag te dik is). Verhit olie in ’n pan (moenie te warm maak nie, anders brand die vetkoeke voor dit deurgebak is) en braai groot eetlepelsvol van die mengsel in die olie tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor. Eet met plaasbotter, appelkooskonfyt of stroop en gerasperde kaas. Lewer 6-8 vetkoeke.

Lanbou weekblad resep

Slap deeg vetkoek

SLAPDEEGVETKOEK
BESTANNDELE:
3 kop koekmeelblom
1 tl sout
6 tl suiker
10 ml kitsgis
2 kop lou warm  water
METODE:
Sif sout en koekmeelblom saam en strooi suiker en kitsgis oor en
meng liggies.
Voeg water by en meng tot gladde loperige deeg.
Bedek die mengsel met olie gesmeerde plastiek en laat ongeveer 1 uur op ‘n warm plek rys tot dubbel in volume.
Skep lepelsvol in warm olie en braai tot goudbruin.
Indien verkies kan ‘n blikkie room mielies met gebraaide spek of ‘n handvol gerasperde kaas by gerysde deeg bygevoeg word.

Ontbyt 7: Vetkoek en kerriemaalvleis

Met vergunning www.funkymunky.co.za

4 kg brooddeeg, of maak jou eie:
20 koppies meel
500g – 750g botter / margarien
20 eetlepels suiker
10 eiers
5 teelepels koeksoda
sout
suur- of varsmelk om mee te meng
Meng droë bestandele, behalwe koeksoda. Frommel botter daarin. Meng koeksoda met bietjie melk tot pasta. Klits eiers en voeg koeksoda mengsel daarby. Knie goed deur, rol uit en sny in vierkante of sirkels en bak in diep olie.
3kg maalvleis
3 gekapte uie
3 blikke 410g tamatie- en uiesmoor
3 blikke 410g gemengde groente
kruie, sout, peper
Kerrie na smaak

 

Braai ui, skep uit. Braai maalvleis tot gaar en voeg res van bestandele en gaar ui by. Bedien saam met vetkoek. Hou ook die stroop/konfyt en kaas byderhand vir die laaste vetkoek om die ete mee af te sluit.

BULTFONTEIN SE VETKOEK (met bakpoeier)

2 k koekmeel                                                                  
20 ml bakpoeier
2,5 ml sout
water om mee aan te maak
olie vir bak
 
Verhit olie stadig in swaarboomkastrol oor matige hitte tot warm.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Voeg water bietjies-bietjies by en meng tot slap deeg.  Skep lepelsvol van die beslag in die warm olie en bak die vetkoeke tot goudbruin.  Dreineer die vetkoeke op bruin- of handdoekpapier en vul dit met appelkooskonfyt of maalvleis.

Vetkoek in skottelbraai

Bestanddele
2 koppies koekmeel
40ml suiker
10ml bakpoeier
knippie sout
2 ml gemengde speserye
2ml kaneel
1ml gemaalde naeltjies
2 ekstra groot eiers (geklits)
250ml kookwater
30g rosyne of koerente
olie vir diepbraai

Metode
Sif droë bestanddele saam. Klits eiers en meng met kookwater. Meng droë bestanddele geleidelik tot gladde deeg. Roer rosyne by. Verhit olie in die CADAC skottelbraai en braai 3-4 lepelsvol beslag in warm olie tot pofferig en goudbruin. Braai weerskante. Verwyder van olie en dreineer op handdoekrol. Bedien warm. (lewer omtrent 15 vetkoekies).