Maalvleistoebroodjie

Bestanddele
15 ml (1 e) olie
10 g botter
1 ui, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gemaal
2 groen brandrissies, gekap
500 g beesmaalvleis
80 ml (¼ k) water
250 ml (1 k) tamatiesous
’n paar druppels tabascosous
30 ml (2 e) worcestersous
15 ml (1 e) Dijonmosterd
15 ml (1 e) asyn
15 ml (1 e) bruinsuiker
sout en peper
8 snye brood
kaas

Metode
Verhit die olie en botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui en rooi soetrissie by en braai 5 min. of tot sag. Voeg die knoffel en brandrissies by en braai nog ’n minuut terwyl jy gereeld roer. Voeg dan die maalvleis by en kook sowat 10 min. Roer die water, tamatie-, tabasco- en worcestersous, mosterd, asyn, bruinsuiker en geurmiddels in. Bring tot prutpunt. Rooster die brood en smelt die kaas daaroor. Bedek 4 snye met maalvleismengsel en bedek met die oorblywende snye.

Advertisements
 

3 Bestanddele Vrugtekoek

Rika Theron

Bestanddele
1 kg vrugtekoekmengsel
2 koppies lemoensap (Jy kan 1 koppie lemoensap vervang met brandewyn)
2 koppies bruismeel

METODE
Voeg die vloeistof by die vrugtekoekmengsel. Verhit dit vir 5 minute in ‘n mikrogolf op hoog. Laat staan vir 2 ure. Meng met dit met die bruismeel. Voer ‘n koekpan uit met bakpapier of botter. Bak vir 2 ure teen 130 grade.

 

TOAD IN A HOLE

Woumarie
Bron: Sarie Kos

Betsanddele
2 eiers
125 g meel
300 ml melk
15 ml korrelmosterd
8 varkworsies
8 snye pancetta of repies spek
45 ml sonneblomolie
sowat 6 takkies vars roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper

METODE
Klits die eiers, meel en mosterd goed in ’n mengbak om klonte te voorkom. Geur met sout en swartpeper. Laat rus vir 15 minute.
Haal intussen die velle van die worsies af en draai elke worsie toe met pancetta of repies spek. Gooi diesonneblomolie in ’n oondbak van sowat 28 x 21 cm. Dit kan ook ’n kleiner bak wees. Rangskik die worsies in die bak en gooi die melk-beslag oor.
Bak in ’n baie warm oond (220 °C) vir sowat 25-30 minute.

 

VINNIGE KLITSPOEDING

Lynette Muller

Dit is binne minute gereed om bedien te word.

Bestanndele
1 x 410 g blik yskoue ideal melk
1 pakkie kitspoeding – vanielje of piesang geur
50 ml aarbeikonfyt

METODE:
Klits die ingedampte melk tot styf. Klits die kitspoeding by tot gemeng en laat ‘n paar minute staan. Klits die konfyt by.
Gooi die mengsel in ‘n mooi poedingbak en plaas in die yskas om te stol.

 

Kits Bros koekies – 3 Bestandele eet-sum-more koekies. Gluten vrye opsie ook.


Bestanddele
225g botter of margerien – baie sag
1 en 1/2K (of 350ml) koekmeel
1/2K (of 125ml) versiersuiker
1/2 Vanilla (Opsioneel)

Metode
Stel oond op 160 Grade C. Voer n bakplaat met bak papier uit. Klits die 3 bestandele goed saam. Drup teelepels vol op die bak bakplaat en bak tot dit net begin verbruin om die kante of puntjies. Laat koekies afkoel op die bakplaat.

Wenk
My margerien was in die vrieskas en ek het dit op 30% krag sag gemaak in die mikrogolf. Dit moet papsag wees maar verkieslik nie gesmelt nie. Ek gebruik Marvello of Stork bake. Maar die behoort besonder lekker te wees met botter.

Gluten vrye resep:
Ek het die koekmeel met Gluten Vrye bruismeel (Self raising flour) vervang. Volgende keer sal en ek net 1 1/4K (of dan 325ml) gluten vrye meel gebruik. Die mengsel was effens droëer en dit proe of dit nie 100% deurgebak het in die middel nie.

Gewoon of gluten vry

Wenk
Ek verkies die gluten vrye bruismeel bo die gewone gluten vrye koekmeel. Die koekmeel is geneig om n nasmaak te gee. En die feit dat dit bruismeel is (uit rys) maak in min resepte n werklike groot verskil.

 

Vinnige Tuna Gereg

Ingestuur deur Joey Hannekom

Bestanddele:
1 – 2 blikkies tuna
1 bakkie mushrooms (250g)
1-2 koppies witsous
1 groot pak simba chips (enige een)

Metode:
Maak witsous.

Crush chips.

Sny mushrooms op.

Flok tuna uit blikkies. Meng alles saam. Hou bietjie chips eenkant. Gooi als in oondbak en gooi dan laaste chips bo oor. Bak 30min teen 180grade. Bedien bo op brood of net so.

 

 

Maklikste sago poeding in die mikrogolf

Ek maak die resep gereeld.

Maar kan ongelukkig nie onthou waar ek hom gekry het nie.

Ek vermoed dit was in “leer kook met jou mikrogolf)

2 kop melk
½ kop sago (hoef nie vooraf te week nie)
3 eetl botter
2 eiers geskei
⅓ kop suiker
2 ml vanielje geursel
knypie sout
appelkooskonfyt
kaneel
Giet die melk, sago en botter in bak en 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel.

Mikrogolf 2 minute op 100%.
Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in.
Skep die mengsel in ‘n glas bak van jou keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor.

 

MAKLIKE UIESLAAI:

Ingestuur deur Lynette

Bestanddele
500-750g skoongemaakte uitjies.
100ml kondensmelk
5ml mosterdpoeier.
100ml tamatiesous
100ml witasyn

Metode
Kook die uitjies in soutwater tot sag en dreineer. Laat koud word. Meng kondensmelk en mosterdpoeier. Klop tamatiesous en asyn by en meng goed. Plaas uitjies in ‘n slaaibak en gooi die sous bo-oor.
Lewer 4-6 porsies

 

Aandete Gereg

Bestanddele
3 e Margarien
1 Groot Ui
1 k Gaar Rys
2½ k Koue Hoendervleis
1 Pakkie Hoendersop
2 k Kookwater

Metode
Braai ui in die margarien tot ligbruin. Voeg die rys by en roer liggies met vurk. Voeg nou die hoender by en meng liggies. Meng sop met die water en gooi oor die rys mengsel. Laat prut vir 40 minute, roer af en toe, en bedien warm.