Vinnige bruintjies – brownies

220 g suiker

150 g bruismeel

3 eiers

50 g okkerneute, gekap

35 g kakao knippie sout

170 g sagte botter (nie gesmelt)

 

Gooi al die bestanddele in ‘n bak, meng goed met ‘n houtlepel

Giet in gesmeerde bakplaat en bak 22 minute in voorverhitte oond by 190º.

Moenie droog bak nie, dit moet nog so effens klam wees in die middel.

Sny in blokkies wanneer koud.

Kan net so geëet word, of bedien met styfgeklopte room.

Advertisements