Ingelegde Kerrievis

Lynette Muller
Hoe langer die vis in die kerriesous bly, hoe geuriger word dit. Dit kan op sy eie ’n ligte ete wees, of dit kan voorgesit word as ’n hoofmaal met brood, botter en konfyt.

Bestanddele
1 kg stokvisstukke
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) koekmeelblom
2 ekstragroot eiers, geklits
125 ml (½ k) kookolie
Kerriesous
3 groot uie, geskil en in skywe gesny
375 ml (1½ k) bruinasyn
60 ml (¼ k) water
45 ml (3 eetl) suiker
5 ml (1 t) borrie
10 ml (2 t) kerriepoeier
1 ml fyn paprika
4 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak

Metode
Plaas visstukke in ’n bak. Indien bevrore vis gebruik word, laat ongeveer 30 minute staan om effens te ontvries. Meng geurmiddels met meel. Rol vis in die gegeurde meel. Verhit ’n braaipan met olie. Dompel vis in die geklitste eier en plaas direk in die warm olie. Braai vis vir ongeveer 5 minute aan elke kant of tot goudbruin. Verwyder uit olie en dreineer.

Sous:
Kook al die bestanddele saam in ’n swaarboomkastrol vir ongeveer 10 minute. Plaas die helfte van vis op bodem van ’n diep opdienbak. Giet die helfte van uiemengsel oor. Herhaal met vis en sous en plaas in yskas oornag sodat geur kan deurtrek.

Bediening
Bedien die vis met hotcross buns, broodrolletjies of selfs kapokaartappels.

Variasies
Vervang die stokvis deur kabeljou of enige ander vis van jou keuse. Die filette kan in enige groottes of vorms gesny word.
Kruie van jou keuse kan ook bygevoeg word. Speserye soos koljander en komyn kan ook gebruik word.

Advertisements
 

MATROOSPASTEI 

Rika Theron 

(4 – 6 porsies)

Bestanddele
1 blik sardyne in tamatiesous,
500 ml witsous,
4 hardgekookte eiers, gekap,
50 g gesmelte botter,
225 g blik ingemaakte tamaties,
1 eier, geklop,
750 g aartappels, gekook en fyngedruk,
sout & peper.

Metode
Dreineer sardyne en hou sous eenkant.  Vlok sardyne en meng met eiers en witsous.  Voeg gekapte tamaties en tamatiesous by en skep in oondskottel.  Klop aartappels, botter en eier tesame en geur goed met sout en peper.  Skep bo-op vismengsel.  Bak ongeveer 20 – 30 minute (190°C) tot goudbruin,

 

Vis mousse

Spoel vorm met water en olie mengsel uit en sit in vrieskas.

2 x 200g blikkies tuna of 400gr pienk Salmon
2 hard gekookte eiers
1 med ui (fyngekap)

Kap of rasper bogenoemde bestandele en voeg by

250ml mayonnaise
250ml room

log 10gr gelatien op in 150ml kookwater met 1 hoenderaftreksel blokkie.

Meng alles voeg laaste die gelatien by.
Voeg geurmiddels soos vars gemaalde peper en sout volgens smaak by.

Giet in vorm en plaas in yskas om te stol.

 

Visvinger gereg met kapok aartappels

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

Visvinger gereg met kapok aartappels
Maak kapokaartappels
1 blik heelpit mielies
1 blik sweetcorn,
Visvingers
Kaas

.
PAK LAE.
1) Kaopkaartappels
2) pak ‘n laag visvinger
3) Meng heelpit en sweetcorn en bedek visvingers
4) Sit in oond vi so 20min (visvingers moet net gaar word)
5) Haal uit,gooi kaas bo op ek sit terug vir so 10min.

 

Vislasagne

 

Bestanddele
375g spinasienoedels                                                                    
15ml kookolie
30ml margarien                                                                                
1 groot ui gekap
5ml knoffelvlokkies                                                                        
1 blik tamatiesop
125ml water                                                                                      
10ml suiker
5ml sout                                                                                              
1ml peper
2 blikkies tuna                                                                  
500ml basiese witsous
250ml gerasperde kaas
Metode
Kook die spinasienoedels gaar volgens die aanwysings. Dreineer, en meng met kookolie.
Smelt die margarien in ‘n kastrol en braai die ui liggies. Voeg knoffelvlokkies tamatiesop, water, suiker, sout en peper by. Verhit die mengsel tot kookpunt. Roer af en toe. Prut vir 10 min. Maak witsous. Roer 175ml gerasperde kaas by. Skep helfte van die spinasienoedels in oondskottel. Skep vismengsel asook die helfte van die kaassous bo-op. Herhaal in lae. Strooi res van kaas bo-oor. Bak vir 30 min.
 

Gerrie se vis pasta

RSG

Bestanddele
Knoffel en uie
Brandrissie (opsioneel)
1½ eetlepel tamatiepasta
Sampioene, opgesny
Vars aspersies (of uit blikkie)
1 pakkie stokvis filette
1 blikkie Italiaanse tamaties
Pasta
Gewone tuisgemaakte witsous
1 eetlepel brandewyn
Pietersielie
Vis speserye
300g Cheddarkaas
200g Mozzarellakaas

Metode
Braai knoffel en uie saam en voeg brandrissie by. Voeg tamatiepasta by en roer so bietjie. Voeg sampioene en vars aspersies by. Kook stokvis filette vir so 15 minute in water of melk. Voeg tamaties en brandewyn by uiemengsel. Kook pasta met sout en olyfolie. Voeg gaar pasta, uiemengsel en witsous in oondvaste bak en voeg pietersielie en vis speserye by. Gooi kaas bo-oor en bak in oond teen 120 grade Celsius vir 10 tot 15 minute. Geniet met Italiaanse brood.

 

Aartappels en Vis gebak

Liza Bosch

Bestanddele
6 Aartappels
62,5 ml Margarien
25 ml Olie
450 g Stokvis mootjies
Sout & Peper
1 blik Sardyne in tamatiesous (420 g)
2 Tamaties, ontvel en in skywe gesny
150 g Sampioene
Pietersielie

Metode
Sny die aartappels in dobbelsteentjie-blokkies en kook in soutwater tot net gaar, maar nog ferm. Dreineer. Smelt die margarien en voeg die olie by. Gooi oor die gedreineerde aartappels. Maak die stokvis mootjies skoon, geur met sout en peper en maak gaar. Verwyder die vel en grate, vlok effens en plaas in gesmeerde oondvaste bak. Voeg die sardyne en tamatiesous by en meng goed. Rangskik die tamatie skyfies en sampioene bo-op vis en geur met sout en peper, asook ‘n bietjie pietersielie. Skep die aartappel-blokkies bo-op en plaas in voorverhitte oond van 180 °C. Bak vir 40 – 50 minute lank of totdat die aartappel kors goudbruin en bros is. Genoeg vir sowat 8 persone.