VISKOEKIE- EN BOONTJIEGEREG

Rika Theron

(4 – 6 porsies)

Bestanddele
8 bevrore viskoekies,
50 ml olie,
sout & peper,
4 repe spek, opgekap,
1 ui, opgekap,
2 knoffelhuisies, fyngemaak,
75 ml tamatiesous,
30 ml suiker,
5 ml aangemaakte mosterd,
3 ml droë basiliekruid,
1 klein blikkie gebakte boontjies,
125 ml suurroom.

Metode
Braai viskoekies albei kante goudbruin in olie. Geur met sout & peper en plaas in oondskottel. Braai spek, ui en knoffel in dieselfde olie tot spek bros is. Dreineer. Voeg tamatiesous, suiker, mosterd, basiliekruid en boontjies by spek en ui en geur met sout & peper. Skep boontjiesous oor viskoekies, plaas deksel op en bak 10 min. (140°C) Voeg suurroom by en plaas 10 min. terug in oond. Sit voor saam met kapokaartappels en groen slaai.

Advertisements

Viskoekies (2)

Liza Bosch

Bestanddele
2 k fyn gaar vis
Sout & Peper
2 medium gaar Aartappels, fyngemaak – 1 koppie
12,5 ml Pietersielie
2 e gesmelte Margarien
1 Eier, geklits
12,5 ml Melk

Metode
Strooi sout en peper oor die vis, voeg die aartappels, pietersielie, margarien en eier by. Vorm plat, ronde koekies, rol dit in fyn, droë broodkrummels, dan in geklitste eier verdun met 12,5 ml melk en weer in krummels. Braai alkante bruin in diep olie.