Perske en parmaham voorgereg

Bestandele
(Gebruik hoeveelhede volgens smaak)
Soet ryp kaalgatperske, gewas en in skywe gesny
Parmaham of enige goeie papierdun gesnyde ham bv pancetta
Vars roketblare
Fetakaas, gekrummel
Olyfolie
Balsamiekasyn

Metode
Draai die parmahamskywe afsonderlik
om elke perskeskyfie. Verhit intussen
olyfolie in ‘n pan en braai die ham – en
– perskerolletjies tot bros. Bedien dit onmiddellik op vars roketblare en bedruip met olyfolie en balsamiekasyn.

Krummel Fetakaas oor en siedaar –
makliker en smaakliker kan dit wragtag
nie.

Advertisements

Tuna en Sjerrie voorgereg

Liza Bosch

Bestanddele
2 Blikkies Tuna gedreineer
250 ml Mayonnaise
2 Appels
15 ml Gekapte Pietersielie
125 g Maaskaas
125 ml Tamatiesous
1 Ui
30ml Sjerrie

Metode
Maak vis fyn met vurk. Rasper appels en ui. Meng vis, appels, ui en maaskaas. Meng mayonnaise, tamatiesous en sjerrie. Roer sous by vis mengsel en skep in kelkies. Garneer met Pietersielie.

Kaaserige Brood Doopsous

Teresa Meyer

Bestanddele
1 Groterige Brood
450 g Gerasperde Kaas
200 ml Suur Room
4 Gekapte Sampioene
½ Fyn Gekapte Ui
½ Pakkie gekapte gaar bacon of 4 snye gekapte ham
Pietersielie en of ander kruie

Metode
Voorverhit oond tot 180 °C. Hol brood uit. Breek die uitgeholde brood in byt grote stukke. Meng res van die bestanddele. Skep dit in brood dop. Maak brood liggies toe met foelie rondom lw. nie bo-oor nie. Bak vir ongeveer 40 minute tot mooi goudbruin bo. Plaas brood stukke rondom brood vir laaste 10 minute. Bak in ‘n matige oond tot mooi bruin.

Wenk
Heerlik as voorgereg by ‘n braai. Kan ook opgedien word as ligte middag ete saam met ‘n slaai.