DUITSE SJOKOLADE & KERSIEPANNEKOEKIES

Rika Theron

Bestanddele en metode
Sif 200 ml meel, 35 ml kakao en 5 ml kitskoffiepoeier saam.
Maak holte in middel en voeg 1 eier by.
Voeg helfte van melk (125 ml) by en meng goed.
Voeg nou res van melk (125 ml) by en klop 5 minute.
Verhit bietjie botter om bodem mee te smeer, in pan en bak pannekoekies aan albei kante mooi bruin. (Maak ongeveer 6 pannekoekies.)
Dreineer 840 g blik pere en 460 g rooi of swart kersies.
Meng sappe om 250 ml te maak.
Meng bietjie van sap met 20 ml mielieblom en roer dan by res van sap.
Verhit tot kookpunt en roer aanhoudend.
Kap pere op.
Voeg pere en kersies by vrugtesap en kook vir 2 minute.
Verdeel mengsel tussen pannekoekies en dien warm op.

Advertisements
 

KOEJAWEL-EN-KLAPPER-KRUMMELPOEDING

Anna Eksteen

Bestanddele
8 koejawels, geskil en in kwarte gesny
140ml strooisuiker
5ml vanieljegeursel
60ml strooisuiker
125ml koekmeel
110ml koue botter
250ml klapper
100g amandelvlokkies

Metode
Verhit oond tot 180C. Meng koejawels, 140ml strooisuiker en geursel in ’n mengbak. Skep in ’n gesmeerde oondbak van 30cm. Meng 60ml strooisuiker en meel in ’n mengbak. Vryf botter daarby in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg klapper en amandels by en meng. Skep mengsel bo-op die koejawels en bak vir sowat 40 minute tot bros en goudbruin. Sit voor saam met room. Lewer 6 porsies.

 

VRUGTE-KERRIEBREDIE

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
500 g rookwors of polonie,
8 klein uitjies,
37,5 ml olie,
10 ml kerrie,
5 ml paprika,
2 piesangs,
2 appels,
5 tamaties,
125 ml water,
125 ml room,
5 ml vleissouspoeier,
12,5 ml gemengde speserye.

Metode
Sny wors in blokkies en skil uitjies. Braai in olie en voeg kerrie en paprika by. Skil piesangs en appels en sny in stukke. Voeg saam met tamatiekwarte by wors. Maak ‘n pasta met water en souspoeier, voeg by en prut tot gaar. Voeg room en speserye by en prut ‘n paar minute. Bedien met rys.

 

PATAT- EN VRUGTESKOTTEL

Rika Theron

(6 – 8 porsies)

Bestanddele
25 ml botter,
6 piesangs in ringe gesny,
500 g patats, geskil en in ringe gesny,
sout,
3 appels, geskil en in skyfies gesny,
paprika,
suurlemoenpeper,
amandels vir garnering.

Metode
Smeer ‘n vuurvaste bak met botter en pak patats, piesangs en appel in lae daarin. Geur. Plaas ‘n paar klontjies botter bo-op en sprinkel amandels bo-oor. Bak 20 – 30 minute (160°C) tot patats sag is. Sit voor as bykos by wildsvleis.

 

Vrugte tert

Kors:
1 koppie + 2 e koekmeel
4 e suiker
6 e botter
2 eiergele
‘n bietjie water

 Vulsel:
2 eiers
2 eiergele
2 e mielieblom (Maizena)
1/2 k warm melk
1/4 k rum
1/2-1 k room

Bessie-versiering: 
110 g aarbeie of brame
110 g frambose of ontpitte klein kersies
4 stukke gemmer: gekristalliseer of ingemaak — in skyfles gesny
By gebrek aan vars vrugte kan ingemaakte vrugte gebruik word.

Voorverhit die oond tot 2000C.

Meng die 1k meel en suiker in ‘n bak.
Vryf die botter in totdat dit soos broodkrummels voel.
Voeg die twee eiergele in net genoeg water om die mengsel te bind (omtrent 1-2 teelepels vol).
Draai die deeg in plastiek toe.
Gooi meel (2 eetlepels) uit op die werk oppervlakte.
Rol die deeg uit vir een of twee valsbodem pannetjies (of groter panne indien verkies).
Rond die kante af en verkoel vir 30 minute.
Voer die kors met foelie of perkamentpapier uit en vul dit met droë boontjies.
Bak dit vir 10-15-minute blind totdat die deeg effens bruin aan die kante is.
Haal dit uit die oond en verwyder die perkamentpapier en bak boontjies.

Klits die 2 eiers en 2 eiergele en suiker in ‘n bak.
Klits die Maizena in ‘n ander bak saam met die melk en rum totdat dit romerig is.
Klits dan die room in en klits alles daarna saam met die eiermengsel.
Bring die mengsel versigtig op die stoof tot kookpunt.
Draai die hitte af en kook en roer totdat die mengsel dik is.
Laat dit afkoel.

Skep dit met ‘n lepel in die tertkorse.
Versier dit met die vrugte en gemmer skyfies.
Groot kersies, met stingels (opsioneel) om in die middel van die vrugte versiering te gebruik

Resep: Skottel en Spens Resepte boek

 

 

 

Vinnige poeding

Bestandele

1 pakkie jellie
1 blik kondensmelk
1 bakkie maaskaas
125ml kook water
Enige blik vrugte

Metode

Los jellie op in die kookwater
Meng al die bestandele saam en plaas in glas bak.  Laat stol in yskas.

Wenk: Room wat suur geword het sal weer soet smaak as n bietjie koeksoda en n
bietjie suiker daarby gevoeg word.

Source: http://boerekosmetlorraine.blogspot.co.za/

 

Vrugte Muffins

Ingestuur deur Rika Theron

500 ml koekmeel,
3 ml sout,
15 ml bakpoeier,
3 ml mosterdpoeier,
50 ml botter,
1 eier, geklits,
250 ml melk,
125 ml appels, geskil en gerasper,
70 ml okkerneute, gekap.

Sif meel, sout, bakpoeier en mosterd saam.
Vryf botter in droe bestanddele.
Meng melk met geklitste eier en voeg by bottermengsel.
Vou appel, neute en kaas by en meng goed.
Skep in gesmeerde muffinpanne en bak 20 tot 25 minute (200*C).
Sit warm voor saam met botter en gerasperde kaas.

 

Macaroni en Vrugteslaai

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele Macaroni
250 G Macaroni
15 ml Olie
1 Klein pynappel geskil en in blokkies gesny of 1 x 410g pynappelstukke
3 Piesangs geskil en in skyfies gesny. Besprinkel met suurlemoensap
1 x 410g Perskeskywe gedreineer
1 x 410g Jong ertjies gedreineer
‘ Paar kruisementblare vir garnering

Bestanddele Sous:
125 ml Bier
125 ml Cross & Blackwell Mayonaise

Metode:
Kook die macaroni in soutwater vir 12 minute.
Dreineer en spoel af onder koue lopende water.
Meng pasta liggies deur met die olie en plaas in slaaibak.
Voeg die pynappel, piesang, perskes,en ertjies by en meng deur.
Gooi die bier en mayonnaise in ‘n fles en skud tot goed gemeng.
Gooi oor die slaai.
Garneer met kruisementblare en plaas in yskas.
Lewer 8 porsies

Variasies:
Vervang perskes met lietjies.
Vervang bier met pynappelstroop of natuurlike jogurt

 

KOUE KERSFEESPOEDING:

Net vergunning van Anna Eksteen

Bestanddele
1½ koppies fyn gerolde Marie beskuitjies
8 malvalekkers
¼ koppie suiker
½ koppie gekapte neute
125ml gemengde skil
¼ teelepel fyn neut
250ml room
¼ koppie lemoensap
mespunt kaneel
125ml dadels
gerasperde skil van 1 suurlemoen

Bestanddele
Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in. Plaas die nagereg in die yskas om styf te word.

 

Retha’s fast Christmas cake

Dankie vir jou resep Okkie
Ingredients
500 g self raising flour
325 g clover condensed milk
3 large eggs
3 ml salt
250 ml water
250 ml mixed dried fruit cake mix ( fruit & veg do have specials on their cake mix)
5 ml spice

Method
Preheat oven to 160 grade c.
Mix all ingredients together well.
Spoon mixture into well greased loaf tin and bake for 1 hour and 20 minutes until well risen and golden brown.