Vrugte-“mince”-pasteitjies

Dit maak 15 tot 20 pasteitjies.

Bestanddele
150 ml vrugte-“mince”
1 groot eier, geklits
20 ml strooisuiker
1 rol skilferkorsdeeg, klaar uitgerol
50 ml versiersuiker

Metode:
Voorverhit die oond op 160°C . Klits die eier en strooisuiker saam en sit eenkant. Gebruik ‘n koekiedrukker met ‘n deursnee van 5 cm en druk deegsirkels uit. Plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat. Verf die deeg met die eiermengsel. Wees versigtig om nie die eier oor die ran te van die deegsirkels te laat loop nie, want anders sal die deeg nie pof nie. Druk met ‘n vurk ‘n paar gaatjies in die middel van die deegsirkels om te keer dat die deeg in die middel pof. Plaas nou ‘n teelepel vrugte-“mince” in die middel van elke deegsirkel en bak vir 15 tot 20 min. totdat die deeg goudbruin en gaar is. Haal uit die oond en plaas op ‘n afkoelrak. Sif versiersuiker oor.

Advertisements

VRUGTEBROODJIE

 

 

500 g pitlose rosyne                                                                 
3 e botter
375 ml suiker                                                                              
22,5 ml gouestroop
10 ml koeksoda                                                                         
310 ml kookwater
2 eiers, geklits                                                                            
3 k koekmeel/volkoringmeel
5 ml bakpoeier                                                                           
2,5 ml sout
125 ml gekapte okkerneute  en/of gekapte versuikerde skil
Verhit oond tot 180ºC.  Smeer 2 pannetjies en voer uit met papier.  Plaas rosyne, botter, suiker en stroop in mengbak.  Strooi koeksoda oor en giet kookwater bo-oor.  Roer tot botter gesmelt is en laat afkoel.  Roer geklitste eiers by.  Sif droë bestanddele saam en vou in.  Voeg neute/skil by en meng goed.  Skep mengsel in pannetjies en bak 1 uur lank.
‘N DEEL VAN ROSYNE KAN DEUR SULTANAS, KORENTE EN DADELS VERVANG WORD.

Vrugte Bobotie

Bestandddele
2 snye bruinbrood                                                                            
200ml melk
2 uie fyn gekap                                                                                  
25ml olie
25ml suurlemoensap                                                                       
8ml kerrie
5ml geuropwekker                                                                           
5ml borrie
2ml peper                                                                                            
500g maalvleis
30ml blatjang                                                                                     
2 eiers
125ml gekapte droë appelkose                                  
1 groen appel (gerasper)
75ml pitlose rosyne

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Week die brood in die melk. Braai die uie in die olie en voeg die suurlemoensap by. Roer die kerriepoeier, borrie geuropwekker en peper by. Druk die melk uit die brood en hou die melk eenkant. Voeg die brood by die uiemengsel. Voeg die vleis, blatjang, eier appelkose, gerasperde appel en rosyne by en kook 20 min. Roer af en toe. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Meng die orige eier en die melk wat uit die brood gedruk is en giet oor die vleismengsel. Bak 30 min.

Klein Vrugtekoekies

Bestanddele
375g botter
1 ½ koppie (375ml) water
1 ½ koppie (375ml) strooisuiker
1 ½ koppie (375ml) pitlose rosyntjies
1 ½ koppie (375ml) gebleikte sultanas
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ pakkie (50g) pekanneute, gekap (opsioneel)
2 eetlepels (30ml) sitrusskil, gekap
½ koppie (125ml) rooi glanskersies, gekap
3 eiers
3 koppies (750ml) koekmeel
½ teelepel (2,5ml) fyn kaneel
knypie fyn gemmer
1 eetlepel (15ml) bakpoeier
1 teelepel (5ml) vanielje

Metode
Meng botter, water en strooisuiker. Voeg rosyntjies, sultanas, dadels, skil en kersies by bottermengsel en kook oor lae hitte vir 20 minute op stoof. Verwyder van hitte en laat eenkant afkoel. Stel oond op 140 ºC. Klits eiers en roer by vrugtemengsel. Sif meel, kaneel, gemmer en bakpoeier bymekaar en roer by vrugtemengsel. Skep beslag in gesmeerde muffinpanne en bak 25 minute of tot gaar. Lewer ongeveer 24 koekies.

Sjokoladevrugtekoek

Bestanddele
1 koppie (250ml) pitlose rosyntjies
1 koppie ((250ml) sultanas
1 pakkie (200g) rooi glanskersies, gehalveer
¾ koppie (187ml) dadels, gekap
¾ koppie (187ml) geroomde of gewone heuning
½ koppie (125ml) glanspynappel, gekap
1 ½ koppie (375ml) brandewyn
187g botter
1 koppie (250ml) sagte bruinsuiker
5 eiers
1 teelepel (5ml) vanielje
¾ koppie (187ml) kakao
1 teelepel (5ml) bakpoeier
1 ½ teelepel (7,5ml) kaneel
½ teelepel (2,5ml) sout
200g (2x 100g- pakkies) pekanneute, gekap
1 pakkie (100g) okkerneute, gekap
1 pakkie (100g) gepeulde amandels, gekap

Metode
Meng vrugte, heuning en brandewyn en laat staan vir 24 uur in lugdigte houer. Roer af en toe. Stel oond op 140 ºC. Klits eiers een vir een by. Klits vanielje by. Sif meel, kakao, bakpoeier, kaneel en sout saam. Roer neute en vrugtemengsel by deeg in. Voer ‘n ronde losboomkoekpan met ‘n 22cm deursnee met foelie uit. Skep deeg daarin en bak 60 minute of tot toetspen skoon uit kom. Laat koek in koekpan afkoel, keer uit en trek foelie rondom af. Draai in kleefplastiek toe en bêre in lugdigte houer tot benodig

Wenk
Nog brandewyn kan oor gesprinkel word indien verkies.

Rooibostee Vrugteboordjie

Bestanddele
2 k Sterk Warm Rooibostee
500 g Bruismeel
500 g Droë vrugte Koekmengsel
1 k Bruinsuiker
1 Eier
½ t Gemengde Speserye

Metode
Los bruinsuiker in tee op. Week vrugte oornag in rooibostee. Klits eier goed en meng met vrugtemengsel. Voeg ander bestanddele by en meng goed. verdeel mengsel in 2 pannetjies. Bak teen 180ºC vir 1 uur.

Wenk
Ek dink nie dat ‘n klein bietjie brandewyn wat oor die broodjies gesprinkel word skade sal aanrig nie.

Egiptiese Tema Spyskaart

Nicolette Bateman

Spyskaart
Hierdie spyskaart is genoeg vir 6 persone

Voorgeregte
Shorbet Ads (Lensie Sop) Aysh (Lang Franse Brode)

Hoofgereg
Bamia (Lam en Okra Bredie) Aysh Shami (Pita Brood)
Salata Balady (Gemengde Slaai) Laban Zabadi (Yogurt Slaaisous)

Nagereg
Fawakih (Vrugte) Ahwa (Koffie)
Shay Bil na’na (Mint tee)

Shorbet Ads (Lensie Sop)
Bestanddele Sop
3 k Gewaste en gesplete rooi lensies
2.5 l Groente Aftreksel (OXO Groente Blokkies)
3 Medium Uie grof gekap 1 Medium Tamatie grof gekap
1 Medium Wortel grof gekap

Bestanddele Byvoegsel
1 Klein ui fyngekap 3 e Olyf Olie
3 t Suurlemoensap 3 t Komynsaad
Sout en Peper na smaak

Metode
Plaas groente blokkies en water in ‘n pot en bring tot kookpunt. Plaas res van sop bestanddele in die water. Prut totdat die lensies sag is (ongeveer 30 minute).
Plaas sop in voedsel verwerker of klits met hand klitser tot puree. In ‘n aparte pan braai die ui in olyf olie tot sag. Meng ander bestanddele en voeg by die uie. Voeg die uie mengsel by die sop en prut vir 5 minute roer matig. Bedien die sop warm.
Gebruik Franse Brood om die oorblywende sop in die bakkie mee te eet.

Bamia (Lam en Okra Bredie)
Bestanddele
3 e Olyf Olie 2 Uie Gekap
2 t Fyn Knoffel 900 g Blokkies Lam vleis
700 g Vars Okra of 2 Blikkies Okra
3 Groot Ryp Tamaties in blokkies gesny
1 e Tamatie Puree 1 t Allspice
1 e Suurlemoensap
500 ml Water of Lam Aftreksel (OXO Blokkies)
Sout en Peper na smaak

Metode
Verhit die olie in ‘n groot kastrol. Plaas uie en knoffel in die pot en braai tot ligbruin.
Plaas lam in die pot en braai vir 10 to 15 minute. As jy vars Okra gebruik sny die punte af. Plaas Okra in die pot en kook vir 2 minute. Voeg Tamaties, tamatie puree, allspice, suurlemoen sap, sout en peper by die bredie. Roer en kook vir 5 minute met deksel op. Voeg water of aftreksel by roer en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat pot prut vir 40 to 45 minute of tot vleis sag is. Om te bedien plaas in opskep bak.
Plaas verhitte pita broodjies langs die bredie.

Wenk
Okra kan vars of in geblikte vorm by meeste van die plaaslike supermarkte gevind word.

Salata Balady
Bestanddele
1 Pakkie Slaaiblare 1 Pakkie Baba Tamaties
5 Uie (Spring Onions) 1 Komkommer
2 Groot Wortels

Metode
Breek blare in stukke. Was tamaties en hou heel. Sny die uie. Sny komkommer is dun skywe. Plaas al die bestanddele in ‘n slaai bak en meng liggies. Bedien saam met slaaisous.

Laban Zabadi (Yogurt Slaaisous)
Bestanddele
500 ml Yogurt 60 ml Olyf Olie
1 Hand fyn gesnyde Kruisement 1 Suurlemoen sap en skil
Sout en Peper na Smaak

Metode
Meng al die bestanddele in ‘n digte houer en skud goed. Plaas in ‘n yskas vir ‘n paar ure. Voor opdiening skud die slaaisous weer goed. Plaas in opdien bakkie met lepel.

Fawakih (Vrugte)
Metode
Bedien skywe Fawakih (Vrugte) met heuning. Drup heuning oor die vrugte.
Farawla (Aarbeie). Manga (Mango).
Mohz (Piesang). Burtu’aan (Lemoen).
of enige ander vrug in seisoen.

Aahwa (Turkse Koffie)
Metode
Aahwa is ‘n dik en sterk koffie. Aangesien dit nie by ons beskikbaar is nie bedien filter koffie. As alternatief kan kruisement tee ook bedien word. Meng gedroogde kruisement blare met teeblare. Berei dan voor soos met gewone tee.