Hoe om suurlemoen smeer te maak – Die Resep (lemon curd)

Hoe om suurlemoen smeer te  *  Resep

Suurlemoen smeer is nie moeilik om van nuuts af te maak nie!
Die beloning is ‘n smeer wat glad, romerig, soet en effens suur is.
suurlemoen smeer is lekker in koekies of pasteie, smeer op skons of sommer of van die lepel af tel.

Voorbereidingstyd: 5 minute.   Kook tyd: 20 minute.   Opbrengs: ongeveer 2 1/4 koppies

4 groot eiers
1 koppie suiker
3/4 koppie suurlemoensap, van ongeveer 4 groot suurlemoene
Fyn gerasperde skil van vier suurlemoene
1/2 koppie ongesoute botter, in blokkies gesny
knippie sout

 

Raak georganiseerd –  As jy eers die om suurlemoen smeer te maak is daar nie tyd vir nog iets soek nie.

1/2 koppie ongesoute botter, in blokkies gesny
knippie sout

Maak seker dat al jou bestanddele en toerusting gereed en gereed is sodat jy elkeen vinnig kan gryp soos jy dit nodig het.
Sit ‘n fyn sif oor ‘n medium grootte bak en sit dit langs jou stoof.
Hou ‘n klitser (whisk) en ‘n rubber spatel reg om te gaan.

Klits die eiers en suiker in ‘n medium grootte pan.
Stel die medium hitte. Meng totdat dit volkome gekombineer en glad is.

Voeg die suurlemoen sap en skil en ‘n knippie sout by.
Sodra dit lyk goed gemeng is, voeg die botter ‘n stuk of twee op ‘n slag terwyl klits voortdurend.
Laat elke stuk gedeeltelik smelt voordat meer bygevoeg word.
As jy klits, maak seker dat jy in die hoeke van jou pot kom.

Gaan voort om die suurlemoen smeer te kook totdat dit verdik. Roer of klits af en toe om gedurigdeur te meng.
Totdat dit soos dik vla lyk.
Ongeveer 10 minute.
Verwyder van hitte. (Die suurlemoen smeer sal te verdik soos dit afkoel.)

Giet die suurlemoen smeer deur die fyn sif om die skil en enige gekookte eier stukkies te verwyder.
Gebruik ‘n spatel om die smeer deur te druk, roer dan nog twee minute om dit vinniger af te koel.

Afkoel en berging: Giet dit in n bottel met n lugdigte deksel, maar laat dit oop koud word, ongeveer 15 min.
Wanneer dit kamertemperatuur bereik het, draai die proppe styf op.

Suurlemoen smeer sal vir tot ‘n maand in jou yskas vars bly, volgens die Nasionale Sentrum vir Huisvoedselbewaring.
Jy kan dit ook vir 1 jaar in die vrieskas berg.
Om te ontdooi, plaas in jou yskas van die vrieskas na die yskas 24 uur voordat jy dit nodig het.
Vir resep idees:  http://www.liplekker.co.za/2018/03/suurlemoen-bloubessie-blueberry-skons.html/

Bron:  www.simplyrecipes.com

 

Advertisements
 

Jaffels vele vulsels om van te kies.

 

Wie van ons kan onthou as ons in die middae van die skool af gekom het, het moeksie altyd ietsie reg vir middag ete, en Vrydae was dit Jaffels, met die jare het ek met vulsels rondgespeel en ek deel dit graag met julle.

6 Tamaties

2 Uie

Sout

Aromat

Pepper

250 ml Wit kaas gerasper

Kap en sny die uie en tamatie fyn, braai dit oor lae hitte, voeg die sout, aromat, pepper by. Smeer die binne kant van twee snytjies brood, sit die uie en tamatie op, sit die kaas op, maak broodjie toe, en knyp dit in Jaffel pan, draai gereeld om.

Tamatie en Uie salsa werk heerlik, met of sonder kaas.

Fyn biltong heerlik. Smeer die broodjies Smeerkaas, sit dan fyn biltong op,

Bestanddele vir maalvleis vulsel
• sonneblomolie vir panbraai
• 1 middelslag-ui, fyngekap
• 1 eetlepel kerriepoeier
• 1 eetlepel borrie
• 1 eetlepel gemengde kruie
• 1 eetlepel paprika
• sout en peper na smaak
• 1 klein blikkie (65 g) tamatiepasta \ tamatie en uie smoor werk net so goed
• 2 wortels, gerasper
• 500 g maalvleis
• 1 blikkie (425 g) gemengde kerrie groente
• 500 ml gerasperde cheddarkaas
• botter vir smeer

 

1 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui oor lae hitte indien verkies kan jy bietjie bruin suiker byvoeg
2 Voeg al die speserye, geurmiddels, tamatiepasta en wortels by en braai dit vir sowat 5 minute.
3 Breek nou die maalvleis in klein stukkies in die pan sodat dit eweredig kan verbruin. Braai dit vir so 15 minute.
4 Roer die groente by en verhit. Sit die vulsel eenkant sodat dit effens kan afkoel. Roer die kaas deur.
5 Smeer die snye aan een kant met botter. Sit een van die snye brood met die margarien kant na onder in die jaffelpan.
6 Skep nou 3 eetlepels van die vleisvulsel op die brood. Sit ’n tweede sny brood bo-op met die botterkant boontoe, en knyp dit in die jaffelpan vas.
7 Rooster dit vir sowat 5 minute direk op matige kole (indien jy dit op kole wil maak of stoof plaat) of tot die broodjie bruin en die kaas gesmelt is. Draai dit baie gereeld om.

Ontbyt Jaffels

Diced bacon

1 Uie fyn gekap

6 Eiers

Melk

Sout

Aromat

Ham

Kaas

Braai die bacon en ui in bietjie olyfolie. Laat afkoel.  Roerbraai die eiers, voeg sout, aromat en melk by (scramble eggs). Laat afkoel. Smeer die broodjies, sit op elke snytjie ‘n sny ham, dan die bacon en uie, sit skyfie of gerasperde kaas op, nou kom die scramble eiers op, indien verkies nog ‘n sny ham en nog ‘n sny kaas.

Vele vulsels kan gebruik word, ek maak dit ook gereeld met scramble eggs en mayonnaise gemeng met bietjie pietersielie.

ONTHOU OM DIE BUITE KANTE VAN DIE SNYTJIES OOK TE SMEER MET SAGTE BOTTER, ANDERS BRAND DIT VAS! Ek het al gesien dat Bruin Brood glad nie werk as mens jaffels maak nie, dit breek uit mekaar, daardie toets het ek met lof gedruip. Sal dit glad nie aanbeveel om bruin brood te gebruik nie.

Hash browns wat in toaster gaar gemaak is, is ook heerlik saam met kaas natuurlik ☺

 

PORTABELLA-SAMPIOENE

 

Dis sampioene van Denny ~ kyk in die winkels vir die sampioene,
hulle word genoem Portabella sampioene,
so groot soos ‘n man se hand en dit kan gebraai word op die
Braai-rooster of in die oond ~ dit bly ferm as dit gaar gemaak word

Die sampioene het ‘n groot ruimte aan die onderkant waarin ‘n vulsel geskep kan word ~
gebruik van die volgende vulsels

  • Gegeurde botter en vars broodkrummels
  • Gekrummelde fetakaas en gekapte neute
  • Kruie en bokmelkkaas
  • Knoffel-en-roomkaasmengsel

Resep met vergunning van Anna Eksteen

 

MELKTERTJIEVULSEL

1,5 l melk
25 ml margarien
10 ml vanielje
75 ml mielieblom/vlapoeier
2 ml sout
5 ml suiker
6 eiers, geskei
kaneelsuiker
Verhit melk en margarien tot kookpunt.  Vermeng die vanieljegeursel, mielieblom/vlapoeier, sout, suiker en eiergele met ‘n bietjie van die melk tot glad.

 

Klits die eierwitte baie styf.  Roer die eiermengsel by die kokende melk en roer dit oor lae hitte tot dik en gaar.  Haal dit van die plaat af en vou die eierwitmengsel daarby in.  Laat dit afkoel.  Vul die tertdoppies met ‘n spuitsak en strooi kaneel oor.
 

FLAN‑VULSEL 2 (ROOM‑PIESANG):

1 pakkie vanielje kitspoeding
2 t maizena
2 k melk                                                                      
3 piesangs
1 e suurlemoensap                                                
geklopte room

 

1 flan                                                                           
Meng poeding met maizena en bietjie melk tot gladde deeg.  Bring orige melk tot kookpunt en gooi dit in die poeding‑mengsel.  Kook weer en laat afkoel.  Meng piesangs met suurlemoensap.  Plaas piesangs in flan en poedingmengsel bo‑oor.  Versier met geklopte room.
 

FLAN‑VULSEL 3 (AARBEI)

1 flan
50 ml warm water

250 g roomkaas
500 g aarbeie, gewas
37,5 ml strooisuiker
100 ml room, geklits
165 ml room
25 ml gelatien
Klits kaas en suiker saam en voeg 165 ml room by.  Los gelatien in warm water op en voeg by.  Was en sny aarbeie.  Hou paar vir versiering.  Meng res in mengsel in.  Skep in tertdop en plaas in yskas vir 2 ure.  Versier met geklopte room en heel aarbeie.
 

VINNIGE PASTEIDEEG

 

(Uit Kermiskos)
1 k koekmeel
2 t bakpoeier
knippie sout
125 ml melk
125 ml sonneblomolie
1 eier

 

Smeer pasteibak.  Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Klits melk, olie en eier saam.  Voeg die meelmengsel by die vloeistof en meng tot sagte deeg.
Smeer die deeg in pasteibak, skep vulsel in en skep res van deeg oor vulsel.  Smeer glad en bak by 180ºC.
 

VLAKOEKIES MET GOUESTROOP EN SUURLEMOENVULSEL

3 k meelblom
1 k vlapoeier

4 t bakpoeier
knippie sout
250 g margarien
1 k gouestroop
melk
Sif meel, vlapoeier, bakpoeier en sout saam.  Meng botter en stroop deur dit effens te verwarm.  Voeg droë bestanddele by om die beurt met genoeg melk om ‘n stywe deeg te vorm.  Indien nodig, maak dit effens slapper aan met bietjie melk om deur die koekiespuit te kan druk.  Plaas op bakplaat en bak tot ligbruin by 200ºC.  Plaas twee-twee opmekaar met die volgende vulsel:
Suurlemoenvulsel:
2 k versiersuiker
4 ml wynsteensuur
1 t suurlemoengeursel
30 ml (2e) botter
Meng alles baie goed saam.
 

KOFFIEKOEKIES

 

150 ml suiker                                               
190 gr botter
halwe koppie gouestroop                     
3 ml vanielje
halwe t koffie‑ekstrak                            
8 ml koeksoda
10 ml warm koffie                                     
1    eier
4 koppies koekmeel                                
3 ml sout
Rol suiker baie fyn en meng met sagte botter tot room.  Voeg stroop, vanielje en ekstrak by.  Maak koeksoda aan met baie warm koffie en voeg by mengsel.  Klits eier en voeg by mengsel, meng deeglik.  Sif meel en sout saam en voeg by, meng en laat oornag staan sodat suiker heeltemal oplos en vloeistof deeglik kan absorbeer.
Druk deeg deur vleismeule met koekievorm vooraan en sny in lengtes van 5 cm.  Bak in matige oond tot gaar.
Vulsel:
125 g botter                                                 
125 ml suiker
60 ml melk                                                   
5 ml koffie‑ekstrak
3 ml vanielje essens
Kook alle bestanddele vinnig saam vir 15 min.  Verwyder van stoof en begin klits totdat mengsel styf genoeg is om te gebruik.
 

Pynappelvulsel vir koeke

Bestanddele
250ml fyn pynappel
15ml mielieblom
190ml suiker
5ml margarien
1 eier geskei
Knippie sout
5ml pynappelgeursel
1 sakkie Orley Whip

Metode
Roer die pynappel, mielieblom, suiker, margarien, eiergeel en sout saam tot goed gemeng Kook nou totdat die mengsel verdik. Voeg die pynappelgeursel by en laat afkoel. Klop die Orley Whip en die eierwit styf en vou die pynappelmengsel hierby in.