AGT-LEPEL-POEDING

Anna Eksteen

Bestanddele
8 gelykvol eetlepels margarien
8 gelykvol eetlepels appelkooskonfyt
8 hoogvol eetlepels koekmeelblom
8 gelykvol eetlepels suiker
10ml koeksoda
500ml melk

Metode
Smelt margarien en konfyt oor lae hitte in ‘n kastrol. Meng koekmeel en suiker. Los koeksoda in melk op en meng met droe bestanddele. Voeg gesmelte margarien en konfyt by. Roer om goed te meng. Die mengsel is loperig. Gooi in ‘n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond van 180C tot bruin. Die poeding is ook baie geskik vir bevriesing.

Advertisements

HANEPOOTPOEDING

Anna Eksteen

Lekker soet, sit dus vla of room hierby voor.

Bestanddele
250ml koekmeel                                                           
knippie sout
45ml sagte botter                                                         
200ml strooisuiker
1 eier                                                                           
15ml gladde appelkooskonfyt
250ml melk                                                                  
5ml koeksoda
5ml asyn

STROOP
200ml botter                                                                 
180ml suiker
45ml gouestroop                                                          
125ml kookwater
knippie sout                                                                 
250 ml hanepoot
5 ml vanieljegeursel

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondbak met botter. Sif die meel en sout saam. Verroom die botter en strooisuiker goed saam en klits die eier en appelkooskonfyt hierby in. Meng die melk, koeksoda en asyn en roer by die bottermengsel saam met die droë bestanddele. Skep in die voorbereide bak. Skep die beslag in die gesmeerde bak en bak vir sowat 30 minute of tot die poeding goudbruin en deurgaar is.

MAAK INTUSSEN DIE STROOP:
Verhit al die bestanddele, behalwe die geursel, tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir ongeveer 5-7 minute. Verwyder van die hitte en roer die geursel by. Giet die kokende stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom. Sit warm voor. Genoeg vir 6 mense.

Amarula-Broodpoeding

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Wegsleep

Bestanddele:
2 Eetlepels botter
½ Koppie Amarula
¾ Koppie room
1 Koppie melk
½ Koppie suiker
3 Eiers
6 Dag oue croissants of mosbolletjies, in stukkies gesny
50 g Sjokolade, gekap

Metode:
1. Smeer ’n 40 cm x 15 cm- oondvaste bak of pot, of 4 blikbekers met botter.
2. Meng die Amarula, room, melksuiker en eiers goed saam in ’n bak, gooi die broodstukkies daarby en laat dit vir 10 minute goed week.
3. Skep die helfte van die mengsel in die gesmeerde bak of verdeel dit tussen die bekers, sprinkel die sjokolade oor en skep dan die res van die mengsel bo-op.
4. Bak dit op ’n driehoek oor matige kole met ’n paar kole op die deksel vir 45 minute totdat die poeding goudbruin en uitgepof is. In die oond moet jou temperatuur 180 °C wees. Die blikbekers kan in ’n groot plat pot gepak word, of oop in die oond – dit sal sowat 20 minute neem.

5-Minute-sjokoladepoeding

Genoeg vir 2 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 3 minute

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

POEDING
60 ml (4 e) koekmeel
60 ml (4 e) suiker
30 ml (2 e) kakao
knippie sout
1 eier, geklits
45 ml (3 e) melk
45 ml (3 e) olie
45 ml (3 e) sjokoladesplinters
1 ml (¼ t) vanieljegeursel

OPDIENING
Roomys
Kakao om bo-oor te sprinkel

  1. POEDING Neem 2 teekoppies met ’n inhoudsmaat van 250 ml. Skep die helfte van al die droë bestanddele in elkeen van die koppies en meng goed met ’n lepel. Voeg die helfte van die eier by elk en meng goed.
  2. Voeg die helfte van die melk en olie by elk en meng goed.
  3. Voeg die sjokoladesplinters en vanieljegeursel by en meng goed.
  4. Plaas die twee koppies saam in die mikrogolfoond en mikrogolf 3 minute teen 100 persent krag.
  5. OPDIENING Maak liggies om die kante los en keer op 2 bordjies om. Plaas ’n skeppie roomys bo-op elkeen en sif ’n
  6. bietjie kakao oor.

Resep en foto met vergunning van Huisgenoot.com

 

TELEFOONPOEDING

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
125 ml margarien,
sout,
250 ml melk,
1 eier,
3 ml koeksoda,
37,5 ml appelkooskonfyt,
250 ml suiker,
375 ml meelblom,
5 ml gemmer,
5 ml bakpoeier.

STROOP:
750 ml water,
250 ml suiker,
sout.

Metode
Klop margarien en suiker en room goed. Klits eier by. Roer konfyt by. Meng droe bestanddele, behalwe koeksoda en sif by suikermengsel. Meng goed. Maak deeg met melk aan waarin koeksoda opgelos is. Kook water, suiker en sout vir stroop saam. Giet in vuurvaste bak. Skep deeg daarin. Bak 30 – 45 min (180*C) tot gaar. Dien op met vla of room.

GRONDBONE POEDING

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
3 eiers, geskei
250ml strooisuiker
25ml grondboontjiebotter
250ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
knippie sout
1 liter melk
5ml vanieljegeursel
100ml ongesoute grondboontjies, fyn gekap

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n 1.5 liter bak met margarien. Klits die eiergele tot lig. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits tot lig en romerig. Voeg die grondboontjiebotter by en klits. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit afwisselend met die melk by die suikermengsel. Voeg ook die vanieljegeursel en grondboontjies by. Meng goed. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Giet dit in die voorbereide tertbord. Plaas in ‘n bak en maak dit halfvol met kookwater. Bak 45-55 minute lank of tot goudbruin van bo en totdat die eiervlamengsel gestol is. Bedien warm met vla.

WARM DADELPOEDING

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
1½ Koppie koekeelblom
3 el botter
2 tl koeksoda
1 kop opgekapte dadels
½ tl pypkaneel
3 el fyn appelkooskonfyt
2 eier
knypie sout
1 kop volroom melk

METODE:
Sif saam koekmeel pypkaneel, knypie sout
Vryf botter in koekmeel in
Gooi die gekapte dadels en konfyt by
Meng melk en koeksoda ,gooi eiers in melkmengsel, roer deur en voeg die melkmengsel dan by die meelmengsel en roer goed deur.

VIR DIE SOUSIE
3 kop water
1½ kop witsuiker
½ tl fyn gemmer
METODE:
In ‘n lekker groot pot, kook saam water en suiker en gemmer, roer aanhoudend vir 5 minute anaf kookpunt
Skep deegmengsel in kokende stroop en en plaas deksel op, draai onmiddelik die hitte op laagste stelling moontlik
Stoom vir 40 min
MOENIE DIE DEKSEL OPLIG NIE.
Skep op saam lekker dik warm heerlike vla of roomys. .

DADEL-EN-TOFFIE-POEDING

6 porsies

POEDING
250 g (1 pakkie) dadels, grof gekap
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) kookwater
90 ml (6 e) sagte botter
187 ml (¾ k) bruinsuiker
5 ml (1 t) vanielje
2 eiers
375 ml (1½ k) bruismeel
knypie fyn kaneel
knypie sout
50 g (½ pakkie) pekanneute, grof gekap

TOFFIESOUS
250 ml (1 k) bruinsuiker
125 g (¼ blok) botter
375 ml (1½ k) room
AFRONDING
250 ml (1 k) room, styf geklits
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Poeding: Plaas dadels en koeksoda in mengbak. Gooi kookwater oor en hou eenkant.
2. Room botter, bruinsuiker en vanielje tot liggeel. Voeg eiers by en klits deeglik.
3. Sif meel, kaneel en sout. Roer saam met dadelmengsel by bottermengsel.
4. Skep in individuele bakkies of in een groot bak van ongeveer 20 cm x 30 cm groot.
5. Bak vir 35 min. of tot toetspen skoon uit middel kom. Bak kleiner poedings vir 25 min. of tot gaar in middel.
6. Sous: Plaas bestanddele vir sous in kastrol en verhit tot kookpunt. Draai hitte laer en laat prut vir 5 min.
7. Gooi sous oor poeding sodra dit uit oond kom.
8. Afronding: Sit dadelik saam met room

Skrikkelkjaar Poeding

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
3 Eetl botter
1/2 Koppie suiker
1 Koppie meelblom (koekmeel)
2 t Bakpoeier
2 Eiers, geel en wit apart
2 E Strooisuiker
1 ¼ k Koppie melk
3 E Appelkoos of aarbei konfyt
1/4 t Sout

Metode:
Meng die botter, suiker, meelblom, sout, bakpoeier, die geel van eiers en ‘n 1/4 koppie melk
Sit die mengsel in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel en bak dit 30 min lank of tot gaar by 180 grade C.
Haal dit uit, gooi die 1 kop koue melk bo-op , smeer die konfyt daarop en smeer die styfgeklopte wit van die eiers wat jy styfgeklop het met die strooisuiker bo oor.
Bak weer in die oond tot die skuim bo-op goudbruin is.

KARAMEL – TAPIOKA ROOM:

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
500ml bruinsuiker
500ml melk
300ml geweekte tapioka
25ml botter
410g ingemaakte pere, gedreineer en verpulp
50ml suurlemoensap
3 ekstra groot eiers, geskei
5ml vanielje geursel
knippie sout

Metode
Gooi botter en bruinsuiker in kastrol en verhit totdat die mengsel verdonker. Voeg die melk stadig by terwyl gedurig geroer word totdat suikerkaramel opgelos is. Voeg die sout en geweekte tapioka by en kook tot dit gaar en deursigtig is. Klits die eiergele tot lig en voeg van die warm mengsel stadig by die eiergele en meng goed. Voeg dit dan alles by die orige tapiokamengsel. Roer en kook sowat 3 minute lank. Voeg die vrugtemoes, vanieljegeursel en suurlemoensap by en laat heeltemal afkoel. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in en skep in glasbak. Bedien bedien met room.