FAMILIEGUNSTELING

Rika Theron

Bestanddele
1 pakkie spekvleis, fyngesnipper,
klein blikkie tamatiepuree,
1 blikkie Weense worsies in wieletjies gesny,
1/2 k water,
klein blikkie Idealmelk,
1 medium ui, fyngekap,
1 huisie knoffel, fyngekap,
1/2 t kerriepoeier,
1/4 t paprika,
1/2 t braaivleisspeserye,
Fondorsout,
peper,
1/2 – 1 k gerasperde kaas,
1/2 pakkie gaar macaroni.

Metode
Braai uie en knoffel in ‘n bietjie olie, voeg spekvleis en Weense worsies daarby en braai tot bruin. Voeg daarby die tamatiepuree, water, Idealmelk en kruie na smaak. Soteer oor medium hitte vir ongeveer 5 minute. Roer die vleismengsel liggies in die gaar pasta. Skep in diep oondbak. Strooi kaas egalig bo-oor. Bak in warm oond (230°C). Bedien met ertjies en tamatieslaai.

Advertisements

WEENSE WORSIES & PIESANGGEREG

Rika Theron
(6 porsies)

Bestanddele
6 medium piesangs,
6 pynappelskywe,
1 blikkie weense worsies,
1/5 k suurlemoensap,
6 spekrepe,
1/5 k gerasperde kaas.

Metode
Skil piesangs en doop in suurlemoensap. Sny piesangs in lengte middeldeur en plaas weense worsies tussen 2 helftes. Strooi kaas tussen piesang en worsie. Draai piesang en worsie toe in ‘n spekreep waarvan randjie afgesny is en steek vas met stokkie. Sny ‘n ronde stuk uit middel van pynappelskyf en druk piesang en worsie hierdeur. Plaas 5 tot 7 minute onder boonste element van oond. Bedien sissend warm.

AARTAPPEL – EN – WORSIEGEREG 

Rika Theron 

(4 porsies)

Bestanddele
2 groot of 4 medium aartappels, gaar en fyngemaak,
2 uie in ringe gesny,
2 tamaties, in skywe gesny,
15 ml koekmeel,
25 ml margarien,
325 g blik Weense worsies,
handvol vars broodkrummels,
sout, peper en suiker na smaak.

Metode
Smeer ‘n tertbord en voer uit met fynaartappel.  Braai uie, tamaties, meel en margarien tesame.  Geur.  Sny worsies in ringe en vul tert.  Skep tamatiemengsel oor.  Strooi krummels oor en geur wee.  Bak 10 min. (200°C).