HOLLYWOOD-OOS

Lynette Muller

Bestanddele
30ml Southern Comfort                                                 
60ml whisky
‘n bietjie suurlemoensap                                                
125ml verkoelde gemmerlim
skyfie suurlemoen vir garnering

etode
Roer die Southern Comfort, whiskey en suurlemoensap in ‘n lang glas. Maak glas vol met gemmerlim. Garneer met skyfie suurlemoen oor die rand van die glas.

Advertisements

Beesfilet, appel en whisky pasta

www.ontbytsake.co.za

Genoeg vir 6 persone

Bestanddele
1 kg beesfilet
500 g vars pasta
1 rooi ui, fyngekap
15 ml botter
5 ml engelse mosterd
1 granny smith appel
1cm gemmer, fyngekap
5ml knoffel, fyngekap
50 ml gemengde kruie
250 Dewfresh room
15 ml meelblom
15 ml goeie gehalte whisky
sout en peper

Metode:
Braai die rooi ui, gemmer, mosterd en knoffel in die botter vir 5 minute. Voeg 2 ml sout en peper by. Gooi die whisky in en steek dit aan die brand. Laat die alkohol uitbrand. Sny die beesfilet in klein stukkies en gooi die meelblom oor. Sit dit nou ook in die pan en braai tot medium gaar. Voeg die room by en prut op ‘n matige hitte tot die sous verdik. Proe en maak seker daar is genoeg sout en peper in die sous. Kook die pasta in soutwater vir omtrent 2-6 minute – vars pasta sal dryf as dit gaar is. Dreineer. Sny die appel in klein blokkies en gooi in die sous. Gooi die sous nou oor die vars pasta en meng liggies. Bedien met vars kruie.