WORS-EN-KAASETE

Rika Theron

(6 porsies)

Bestanddele
680 gram varkworsies
3 k gaar rys
2 groot uie in ringe gesny
1 t sout
1 groenrissie in repies gesny
1/4 t rooipeper
1 blikkie room van tamatiesop
3/5 k gerasperde kaas.

Metode
Braai worsies tot gaar en mooi bruin.  Dreineer.  Gooi die vet uit die pan en skep die rys daarin.  Rangskik die worsies speekvormig op die rys.  Meng en voeg die res van die bestanddele behalwe die kaas oor.  Plaas deksel op en laat vir 15 tot 20 minute prut.  Besprinkel met kaas.  Bedien dadelik.

Advertisements

Lekkerste Bruinsous

Ingetsuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
½ kVleissous na jy wors in pan gebraai het
350 ml Kookwater
350 ml Beesstert aftreksel (1 Blokkie)
1 Eetlepel Maizena
1 E Gemengde kruie
2 Eetlepels KNORR 2 in 1 Beesstertpoeier
2 Eetlepels Bisto
5 ml Peper

Metode:
Verhit die vleissous in ‘n pan.
Voeg 350 ml  Kookwater by.
Voeg die vleisekstrak by.
Maak die Maizena, Gemengde kruie, Beesstertpoeier, Bisto en peper in ½ koppie water aan en voeg by die kokende sous in die pan.
Roer aanhoudend met draadklitser dat dit nie klonte maak nie.
Prut 5 minute en bedien op kapokaartappels of pap saam met gebraaide word.
Die sous is lekker dikkerig maar moenie te lank kook nie dan verdun dit.
As die sous te dun is, meng nog een eetlepel Bisto by en prut deur.

Pap en wors op n ander manier

600g boerewors
250ml mieliemeel
625ml water
sout en peper na smaak
200ml gerasperde Cheddarkaas
410g tamatie-en-uiesmoor
25ml rissie-en-knoffelsous
Metode:
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar. Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik.
Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op.
Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor.
Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.

Wors gereg

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

 

(Foto Kreatiewe Kos Idees)
500g of meer Wors
1koppie rys
1 pakkie bruin uie soppoeier
3 koppies Water
1 koppie kaas
Vat oondvaste bak en gooi rys onder in
Sny wors stukkies en pak b-op
Meng soppoeier met water en gooi bo-oor.
Bak teen 160 C vir ‘n uur en 15min
Strooi kaas bo-oor en bak nog 15 min
Eenskottel gereg, so maklik en min skottelgoed

Worsgereg

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

Bestanddele
250g boerewors per persoon (+/- 15cm )
Sowat halwe koppie (+/-90g) rys per persoon (rou)
1 Pakkie soppoeier per 5 tot 6 persone.

Metode:
Maak die soppoeier aan met water soos op die soppoeierpakkie aanbeveel.
Sny die wors in skyfies. (Dit kan ook versknipper of in lengtes gesny word.)
Pak die wors dele bo-op die rys uit.
Gooi sop bo-oor.
Bedek met foelie of deksel
Bak in ‘n warm oond (so 180 grade) vir ongeveer 20/30 min of tot rys gaar is

Pap En Wors

www.rsg.co.za
Ek het die resep raakgeloop op RSG se webblad.

Bestanddele
Stywe pap
3 koppies water
2 teelepels sout
1 koppie mieliemeel
1 – 2 eetlepels botter
½ koppie vars mieliepitte

Vulsel
± 3 varkworsies, of hoenderwors, of boerewors, die lengte van die broodpannetjie
Metode
Stywe pap
Verhit die water en sout in ‘n medium kastrol tot kookpunt.
Voeg die mieliemeel daarby en roer tot gaar, ongeveer 12 – 15 minute.
Roer die botter en mieliepitte by.

“Pap en wors”
Voorverhit die oond tot 180°C.
Voer ‘n 18 cm x 5 cm broodpannetjie met kleefplastiek uit.
Verwyder die derms om die wors.
Skep ongeveer die helfte van die pap in die broodpannetjie.
Pak twee stukke wors in die lengte van die broodpannetjie en plaas ‘n derde stuk wors daarop.
Skep die res van die mieliepap in die broodpannetjie om die wors te bedek.
Maak die oppervlak netjies en glad en bak vir 25 – 30 minute.
***Hier sal ek eers die pannetjie vir so halfuur in die yskas sit. Dan sal ek die pannetjie omkeer, die kleefplastiek afhaal en die oppervlak glad maak met so bietjie water. EK sal weer die pap in die pannetjie sit, wat ek goed bespuit het met en dan bak teen 180 grade.***
Verwyder uit die oond en sodra dit effens afgekoel het, keer die ‘pap en wors’ uit en sny in skywe.
Bedien met tamatiesmoor.

WORS KOS

Ingestuur deur Niekie Rossouw

ANNEMARIE MILES HEERLIK IN WINTER

BENODIGDHERE:
(ENIGE) WORS GESNY IN KLEIN STUKKIES
1 KOPPIE CHUTNEY
1 KOPPIE TAMATIESOUS
GEMENGDE GROENTE
AARTAPPELS IN KLEIN STUKKIES GESNY
BISTO SOUS

METODE:
BRAAI EERS DIE WORS IN POT GAAR – BIETJIE WATER.
GOOI AARTAPPELS IN.
DAN TAMATIESOUS EN CHUTNEY. – KOOK DIT DEUR.
GOOI NOU GEMENGDE GROENTE BO OP.
VOEG BIETJIE WATER BY AS NODIG
MAAK STADIG GAAR OP STOOF/GAS STOOF
AS GAAR, MENG BISTO SOUS EN GOOI IN. LAAT DIT NOG SO N RUKKIE KOOK.
BEDIEN MET RYS

Worsslaai

SLAAISOUS
15 ml Dijon-mosterd
30 ml olyfolie
45 ml witwynasyn
45 ml koue beesvleisaftreksel
5 ml suiker
2 ml sout
1 ml vars gemaalde swartpeper

SLAAI
250 ml Knockwurst, klaar gaar
1 middelslag-ui, in dun ringe gesny
2 groot of 4 klein dille-agurkies, dun gesny
40 ml kappertjiesaad
gekapte, vars pietersielie
2 hardgekookte eiers, in dun skywe gesny
gemengde slaaiblare

SLAAISOUS
Klits die mosterd, olyfolie, asyn, aftreksel, suiker, sout en peper in ’n mengbak tot goed gemeng.

SLAAI
Sny die wors in repies van 4 cm lank. Voeg die ui, agurkies, kappertjiesaad en slaaisous by die wors en meng liggies. Laat minstens 2 uur in die yskas staan sodat die geure kan vermeng. Roer die pietersielie en eierskyfies in, skep die slaai op slaaiblare en geniet saam met rogbrood.

Boereworsburgers met uiemarmelade

Deur Arina du Plessis

Om burgervleiskoekies met worsvleis te maak, bespaar jou baie tyd en moeite.

Die vleis is perfek gegeur en sal ook nie breek as jy dit in die pan of op die rooster omdraai nie. Die bekende koljandergeure van boerewors, word goed aangevul met die romerige avokadosmeer en soetsuur uiemarmelade.

Ek gebruik ’n eierring (’n metaalsirkel waarin jy ’n eier breek as jy dit in die pan braai) om die vleiskoekies te vorm, sodat almal ewe groot en ewe dik is.

Vleiskoekies
750 g dik boerewors
Olie, vir braai

Uiemarmelade
3 groot uie, in ringe gesny
30 ml botter
30 ml olyfolie
60 ml bruinsuiker
45 ml bruinasyn
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Avokadoroom
2 groot avokado’s, gesnipper
Sap van 1 klein suurlemoen
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 15 g (halwe houer) gladde, ongegeurde maaskaas

Om saam te stel
6 broodrolletjies
Groot handvol slaaiblare

Druk die vleis uit die worsderms en verdeel dit in 6 gelyke dele. Vorm ’n ronde, platterige vleiskoekie van elke deel worsvleis. Bedek en verkoel tot nodig.

Vir die uiemarmelade: Braai die uie in die botter en olyfolie tot gaar en goudbruin. Voeg die bruinsuiker by en braai tot gekaramelliseerd. Voeg die asyn by en verhit tot kookpunt. Prut tot die uiemarmelade verdik en taaierig is. Geur met sout en peper en hou eenkant warm.

Vir die avokadoroom: Druk die avokado’s saam met die suurlemoensap, sout en peper goed fyn. Voeg die maaskaas by en druk verder fyn tot dit ’n gladde, romerige smeer vorm. Verkoel tot benodig. Braai die vleiskoekies in ’n klein bietjie olie in ’n swaarboompan oor matige hitte, tot gaar.

Sny die broodrolletjies oop en smeer mildelik met die avokadoroom. Sit ’n paar slaaiblare bo-op en sit ’n warm vleiskoekie bo-op. Skep ’n lepel uiemarmelade bo-op en sit dadelik voor. Lewer 6 porsies.

WORS MET APPELRINGE:

Anna Eksteen

Bestanddele
4 stukke wors
1 ui, fyn gekap
65ml botter
2 middelslag appels, geskil en in ringe gesny
suiker

Metode
Braai wors in die helfte van die botter tot gaar en goudbruin. Braai appelringe in ‘n ander pan in res van botter tot net gaar en strooi ‘n bietjie suiker daaroor indien jy hulle eers wil karamelliseer.
Rangskik wors, ui en warm appelringe op ‘n warm opdienbord en sit voor saam met vars volkoring of rogbrood.