Wortelkoek

Magda

Bestanddele
1 koppie suiker.
3/5 koppie gekapte neut.
1/3 teel. koeksoda.
1/2 teel. sout.
1 koppie olie.
3 eiers.
1 1/3 koppie meelblom.
1/2 teel. bakpoeier.
2 teel. kaneel.
2 koppie gerasperde wortels.

Metode
Klits suiker en olie saam. Voeg eiers een vir een by. Meng goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Voeg nou gerasperde wortels by en meng. Voeg neute by. Bak vir 3/4 – 1 uur in ‘n ronde gesmeerde pan.

Advertisements

WORTELKOEK:

Anna Eksteen

Bestanddele
500 ml bruismeel
2 groot piesangs
10ml bakpoeier
200ml sagte bruinsuiker
knippie sout
250ml grof gerasperde wortels
125ml pekanneute
2 groot eiers
150ml sonneblomolie
5ml kaneel
1ml neutmuskaat

Metode
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Kap neute, skil en verpulp piesangs. Roer pekanneute, piesangmoes, bruinsuiker en gerasperde geelwortel by meelmengsel. Maak ‘n holte in die middel en giet eiers en sonneblomolie daarin. Klop alles saam tot gemeng. Skep beslag in pan. Bak 45 minute tot ‘n uur tot gaar by 180ºC.

Versiersel
Klits 250 ml botter baie goed. Vou in met ‘n lepel 1 en ‘n driekwart bakkies (230-250 g elk) Simonsberg roomkaas, meng goed deur, maar moenie klits nie. Sif by 375 ml versiersuiker en 2 ml vanilla essense en meng goed saam. Versier wortelkoek en sprinkel met okkerneute.

Suikervrye wortelkoek

Bestanddele
375 ml (1½ k) bruismeel, gesif
10 ml (2 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) koeksoda
180 ml (⅔ k) xylitol
80 g pampoensaad, grof gekap
2 eiers
125 ml (½ k) kanola-olie
3 wortels, gerasper
60 g sultanas

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 18 cm ronde bakpan en voer dit met bakpapier uit. Meng die meel, kaneel, koeksoda, xylitol en pampoensaad in ’n groot mengbak. Klits die eiers en olie saam in ’n aparte bak of beker. Giet in die meelmengsel en roer tot gemeng. Roer die wortels en sultanas in. Skep in die gevoerde pan en maak die oppervlak glad. Bak 50 minute of tot die bokant veerkragtig voel wanneer jy daaraan raak en ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel van die koek ingedruk word. Laat koel 10 minute af op ’n draadrak en keer dan uit en laat heeltemal afkoel.

BARRYDALE SE WORTELKOEK

Alta Joubert

Bestanddele Koek

4 eiers
500 ml suiker
250 ml olie
625 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kaneel
Knippie sout
750 ml gerasperde wortels

Metode Koek

1.  Voorverhit oond op 180ºC.
2. Klits die eiers, suiker en olie saam.
3. Sif die droe bestanddele en meng met eiermengsel.
4. Gooi die wortels by en meng.
5. Bak vir 40 minute tot gaar.

BestanddeleVersiersel:

90 g margarien
70 ml versiersuiker
200 ml maaskaas
2 ml vanieljegeursel

Metode Versiersel

1.  Klits margarien en versiersuiker saam.
2. Voeg ander bestanddele by en meng goed.
3. Gooi oor die koek en strooi neute oor.

Wortelkoek

Bestanddele
250ml suiker
4 eiers
375ml olie
500ml koekmeelblom
3,5ml sout
10ml kaneel
10ml koeksoda
750ml grof gerasperde wortels
200ml klapper
250ml gekapte neute
250ml sultanas

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n groot ringkoekpan. Room die suiker, eiers en olie baie goed in ‘n groterige mengbak. Sif bo-oor die mengsel die meel, sout, kaneel, en koeksoda. Voeg ook die wortels, klapper, neute en sultanas by en meng goed. Giet die deeg in die pan. Bak vir 55 min.

Versiersel
125g gladde maaskaas 75g margarien
300g versiersuiker 5ml vanielje

Metode
Klits alles goed saam en smeer oor die koek. Meer of minder versiersuiker kan byvoeg word om die versiersel of loperig te maak of ‘n fermer tekstuur te gee.