HEERLIKE KOOLSLAAI

Rina

Bestanddele
750 ml fyngekapte, rou kopkool                                    
1 appel, geskil en grof gerasper
1 groot wortel, geskil en grof gerasper                         
5 ml gedroogde basieliekruid
125 ml gekapte okkerneute                                          
125 ml korente
125 ml vars lemoensap                                                
30 ml dik room
5 ml strooisuiker (opsioneel)                                        
sout en swartpeper na smaak

Metode
Meng al die bestanddele liggies saam, behalwe die sap en room.  Giet sap oor en roer dan die room deur en geur soos nodig.  Skep in ‘n aantreklike slaaibak of individuele bakkies en garneer.

Advertisements

SKILLIE VARK ROERBRAAI

 

BENODIG;

1 X KILO VARKNEK IN GOULASH REPE GESNY

100gr VARKSPEK IN BLOKKIES GESNY

3 X WORTELS JULLIENNE GESNY

2 X KOPPIES KOOL GROFGESNY

40ml SOYASOUS

25ml BRUIN ASYN

SOUT EN PEPER NA SMAAK

1 X TAMATIE GESKIL EN FYN GEKERF

2 X UIE OPGEKERF

250ml APPELSAP

40ml MIELIEBLOM

1 X TEELEPEL GEMAALDE GEMMER

1 X ROOI SOET RISSIE PITTE VERWYDER EN FYN GEKERF

BIETJIE KOOKOLIE/OLYFOLIE

METODE;

  • BRAAI DIE VARKSPEK IN DIE OLIE
  • VOEG NOU DIE UIE EN SOETRISSIE BY EN BRAAI SAAM TOT UIE SAG IS
  • VOEG DIE VLEIS BY DIE UIE EN BRAAI TOT BRUIN
  • ROER NOU DIE TAMATIE BY DIE VLEIS
  • MENG NOU DIE GEMMER, SOYA EN ASYN SAAM EN GOOI BY VLEISMENGSEL
  • GEUR MET SOUT EN PEPER
  • LAAT DEURKOOK EN GOOI NOU DIE WORTELS EN KOOL BY EN ROER DEUR
  • MENG DIE APPELSAP MET DIE MIELIEBLOM
  • GOOI BY DIE VLEISMENGSEL EN ROER DEUR.
  • LAAT STADIG PRUT TOT KOOL GAAR IS MAAR NOG KRAKERIG
  • VERWYDER VAN HITTE EN LAAT 30 MINUTE RUS
  • PLAAS TERUG OP WARM PLAAT TOT BEGIN KOOK ROER DEUR
  • BEDIEN SAAM MET BASMATIESE RYS EN GROENSLAAI

Ingestuur deur Peet Mulder

Lekkerste Pasta Slaai

Bestanddele
Sous
1 blik kondensmelk
1 koppie mayonnaise
½ koppie witasyn
½ koppie sonneblomolie
3 plat teelepels matige mosterdpoeier

Slaai
500 g pasta (of aartappels, of piesangs)
2 koppies wortels, grofgerasper
1 ui, fyngekap
1 soetrissie, fyngekap
Metode

Meng al die bestanddele en gooi die sous oor die slaai.

Coleslaw with apple and yoghurt

Recipe from Louise Bronkhorst

A coleslaw should be a crunchy, fresh salad. By serving the sauce on the side the veggies and apple stay crispy.

Ingredients
4 cups (4 x 250 ml)
cabbage, finely shredded or grated
2 carrots, grated
1 apple, peeled and grated juice of 1 orange
1 tsp (5 ml) ground cumin
½ cup (125 ml) mayonnaise,
preferably reduced fat ¾ cup (180 ml) plain low-fat yoghurt
½ tsp (2,5 ml) cumin seeds (optional)
black pepper to taste

Method
1. Mix the veggies and apple with the orange juice.
2. Mix the rest of the ingredients together to form the sauce.
3. Serve the coleslaw with the yoghurt sauce on the side. This is a delicious salad with pork or chicken.

WORTEL MUFFINS VAN CELIA

6 eiers                                                                               
2 k bruin suiker
1 k olie                                                                              
2 t vanilla
1½ k koekmeel                                                               
1½ k volgraanmeel
1 k semels                                                                       
2 t bakpoeier
1 t koeksoda                                                                  
½ t sout
2 t kaneel                                                                        
2 k gekapte neute
4 k fyngerasperde wortels
Klits eiers en suiker baie goed saam.  Voeg olie en geursel by, klits goed.
Voeg droë bestanddele by, klits deurentyd.  Voeg wortels en neute by. Klits
goed deur.  Plaas in 36 groot kolwyntjieholtes en bak 20 min by 180°C.

Rou groenteslaai

 Bestanddele

250ml geelwortels, in repies gesny                                         
250ml knopiesampioene, in skyfies
250ml blomkool, in klein stukkies gesny                                
250ml tamaties, in blokkies gesny
250ml murgpampoentjies, in ringe gesny                             
125ml groen soetrissie, in dun repies
Bestanddele Sous
45ml kookolie                                                                   
30ml suurlemoensap
100ml water                                                                                       
 3ml grof gemaalde swartpeper
3ml gemengde kruie
Metode
Meng al die slaaibestanddele en plaas in die yskas. Plaas al die sousbestanddele in ‘n bottel met ‘n prop en skud baie goed. Gooi die sous oor die slaai.

7 Laag slaai (Nicky)

Bestanddele
1 Kropslaai Gebreek
Fyn gerasperde rou uie na smaak
Spek gebraai en in blokkies gesny (Addisioneel)
Omtrent 6 hardgekookte eiers, gesny
Gerasperde wortels
500 g Gevriesde Petite Pois Ertjies
Miracle Whip (Verkieslik) of enige Mayonnaise na smaak
Gerasperde Kaas

Metode
Pak al die bestanddele in dieselfde volgorde in ‘n bak, moet dit nie meng nie. Skep die Miracle Whip oor sodat dit die slaai bedek soos ‘n room. Strooi gerasperde kaas oor.
Slaai moet verkieslik in die oggend gemaak word vir die aand, maar as dit al die vorige dag gemaak word dan is die slaai op sy lekkerste.

Wenk
Hierdie wenk kom van Yvonne af en dit is hoe sy die slaai maak. Sy pak die slaaiblare in die bak, dan gooi sy die uie oor en gooi vir versiering ook pietersielie oor. Dan volg die wortels, ertjies, Miracle Whip en die kaas. Die weergawe van die slaai moet ook die vorige dag gemaak word.

Gebakte Lemoen Wortels

Bestanddele
750 g Baba Wortels
3 e Bruin Suiker
3 e Margarien
3 e Lemoensap

Metode
Voorverhit oond tot 180º C. Kook die wortels tot sag. Smelt margarien in pan.
Roer suiker en lemoensap in. Plaas die wortels in ‘n oondvaste bak. Gooi suiker mengsel oor die wortels. Plaas bak in oond. Roer gereeld. Hou in oond tot wortels gekristalliseer is.